Ondersoek ná lugmagvliegtuig neerstort

(Foto: Facebook)

Die weermag sê hy ondersoek die voorval waar ’n lugmagvliegtuig Woensdag tydens ’n oefening by die Lohatla-weermagbasis in die Noord-Kaap neergestort het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die weermag sê die Casa-212-vliegtuig, van 44 Eskader by die Waterklooflugmagbasis in Pretoria, was besig om te land toe dit neergestort het. Die lugmag was besig met ʼn vaardigheidsoefening en valskermsoldate het pas uit die vliegtuig gespring.

Volgens brig.genl. Andries Mokoena Mahapa was nooddienste spoedig op die toneel om bystand te bied. Almal aan boord was ongedeerd.

“ʼn Ondersoekraad sal vergader om die oorsaak van die voorval en skade aan die vliegtuig te bepaal,” het Mahapa gesê.

Die jongste voorval kom ná drie ernstige insidente die weermag die afgelope jaar getref het.

Ses mense is in Oktober dood nadat ʼn brand in die Noord-Kaap na die Lohatla-weermagbasis versprei het. Drie soldate het tweedegraadse brandwonde opgedoen terwyl verskeie ander mense ligte beserings opgedoen het.

Op 20 September is vier lede van 8 SA Infanteriebataljon (8SAI) in ’n ongeluk naby Postmasburg dood. Dié tragedie het boonop op dieselfde dag plaasgevind wat drie lede van die vloot naby Kommetjie in die Wes-Kaap dood is toe ’n brander hulle van ’n duikboot afgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Skyspy007 ·

“Ask no questions, hear no lies”….Onbevoegdheid en on-bekwaamheid..

Manie ·

Na aanleiding van verlede week se rubriek oor die Lugmag se benarde posisie, is dit duidelik dat gebrekkige onderhoud en min vliegure ‘n rol kon speel in die vliegongeluk.

Jakes ·

Laat die BLO die ongeluk ondersoek. Nalatigheid en n gebrek aan onderhoud, lae brandstof inname kan van die redes wees.

Renier ·

Brig genl nogal, ons sandf het gans te veel hoe range sonder bevoegdheid

LekkerOuJan ·

Ek sien die linker propellor is ‘ge-feather’. (Kyk na hoek van propellor) Dit kan dui op ‘n engine wat onklaar geraak het in die lug?

kragaap ·

Gee hul spiese en assegaaie enige iets anders is te gesofistikeerd.

Johann ·

Goeie idee…MAAR imagine die geldvat en korrupsie met só ‘n tenda?

Di ·

Daar gaan nog baie sulke ongelukke gebeur as mense nie behoorlik opgelei is, toerusting instandhouding behooorlik gedoen word en verseker dat personeel bevoeg is om hulle werk te doen

Toergids ·

Toe die SAAF nog die SALM was het die pilots ook die “kites” ge-prang, die publiek het dan blomme, biltong en buskuit 1 Mil toe gestuur

Johann ·

So die “army” is verandwoordelik vir meer sterftes as enige ander gebeurlikheid self?

Tante Toekie ·

Die vliegtuig was waarskynlik ‘n museumstuk, of moes uit die argiewe gekrap word. Want sover ek weet, was hulle in 1995 al uitfaseer. Ek kan verkeerd wees, dalk was daar nog iewers van hulle in gebruik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.