Ondersoek na M1-brugineenstorting gou hervat

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die departement van arbeid het Vrydagoggend gesê die ondersoek na die M1-brugineenstorting sal binnekort hervat word.

Twee mense is dood en 19 ander beseer toe die brug in Oktober ineengestort het. Die ondersoek na die voorval is sedertdien al verskeie kere uitgestel.

Mokgadi Pela, woordvoerder van die departement van arbeid, het gesê die ondersoek sal Donderdag voortgaan. “Dit sal begin met insette deur die konstruksiemaatskappy Murray & Roberts.”

Hy het gesê die ondersoek sal tot 15 Julie duur. Die ondersoek word deur die departement gedoen ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid om beweerde nalatigheid te ondersoek.

Volgens Pela sal ingenieurs van Murray & Roberts en verteenwoordigers van die Stad Johannesburg, die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap, Royal HaskoningDHV, Formscaff, die Ingenieursraad  van Suid-Afrika en die vakbond NUM na verwagting tydens die ondersoek getuig.

Die ondersoek sal by die departement van arbeid se kantore in die Pretoriase middestad gebou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan maak n Plan ·

En ons dog die ondersoek is al amper klaar – aag man vergeet ek nou weer ek bly in SA en hier wat dinge b a i e l a n g e r.

Cheryl ·

Jip Jan… waar anders…. dit gaan in 2020 nogsteeds nie afgehandel wees nie…
Hkm is enigsins van hulle bekommerd want hul het nie geliefdes daar verloor nie..

Karma ·

@Jan, jaaaa …. ou maat. In SA vaaat deeenge baaaaja laaaanger ….. Afrika tyd!!!

Klippie ·

Hul kyk seker of dit nie dalk Jan van Riebeeck se skuld is nie……of dalk die “ou” regering?

Annemarie ·

Jan van Riebeeck sê jy….. Was dit dalk nie weer ‘n apartheid brug nie

KP ·

Seker regstellende aksie ingenieurs nou soek hulle eers iemand anders om die skuld te gee.

JP Fourie ·

Sorry ouens, julle is almal bevooroordeeld en het nog nie eers begin om by die swart meesters te leer nie. a) Werk so lank jy geld uit die sisteem uit kan trek. b) As die geld op is, stop en vra nog meer geld aan. c) Sodra jy die tweede klomp geld kry, stel iemand aan om meer befondingsmoontlikhede na te vors. d) Wag tot hy dit kan regkry, en gaan hou dan lekker vakansie. e) Koop vir jou ‘n huis met van die fondse. f) Bou aan. g) Soek nog fondse. h) Koop die motors wat jy begeer. i) Stel ‘n junior aan om asseblief tog net begin om daai saak te ondersoek. j) Nog befondsing …………..

Wat-ek-lees ·

So was my seun in ‘n motorongeluk betrokke en het hy by ‘n ingenieursmaatskappy sy werk verloor. Ja, dit was gedurende sy proeftydperk maar ek kon uit die maatskappy nooit die ware feite kry.

cobusp ·

Kyk die gaan n gemelkery wees van n ander wereld…….die regering en departement arbeid en nog aanhangers staan tou om Murray en Robberts te suig vir groot geld dus hoekom die saak so draai die tou word net al hoe langer………..dan vra ek net wat het geword van die sement lorry wat kom sement aflaai het die waar die sement draai agterop die trok want die drywer het blykbaar agter uit in die bring in vas gery wat die brug onstabiel en beskadig het en toe geval het……..die sement lorry is blykbaar van n gemagtige black empowerment mpy maar dit lyk my dit word alles nou toe gesmeer……

VJG ·

CobusP. Dis hoeka een van hierdie cement lorries wat ‘n maand terug nie gestop het by ‘n verkeerslig nie. Probleem is hierdie groot maatskappye besit nie hulle eie lorries nie maar stel kontrakteurs aan (natuurlik net BBBBBEEEEEEEE… SIT MAAR SOVEEL Bs en Es by soos jy wil) wat hulle lorries gebruik maar wel die groot maatskaapye se naam daarop het. Dink jy enige van die twee partye wil betaal vir my afgeskryfde motor? Groot gemelkery met wat gebeur het met daardie brug en wie verantwoordlik is??? Glo my Vinger gewysery en “hy se, sy se” gaan eerder seevier. GLO MY…. NIEMAND gaan skuld erken vir hierdie een nie. Maak nie saak watter bewyse daar is nie!!! Ek en my 4 jarige was gelukkig om weg te stap met klein beserings. Eks jammer vir die wat ongelukkig hulle lewe moes verloor deur die tragiese brug ongeluk.

Sarie Joubert ·

Ek bly in India. .en glo my dit vat nog langer hier om iets gedoen te kry. Ek het op 27 Januarie 2015 aansoek gedoen vir ‘n ‘exit visa’ . Dit is eers nou goedgekeur. .en ek moet ‘n boete betaal vir die gesloer ook! Ek het net mooi 1jaar en 5 mnde gewag!

rr ·

Ek vermoed die bou materiaal is gesteel en vervang met iets anders. Niks in hierdie land kom skotvry van diefstal nie. Hul los nie eens toiletpapier uit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.