Ondersoek ná ma by kliniek se hek kraam

(Foto: pixabay)

Die Tshwane-gesondheidsdistrik stel ondersoek in nadat ʼn vrou Maandag by die hek van die Stanza Bopape-kliniek in Pretoria moes kraam.

“Die pasiënt beweer sy is aangesê om na die Mamelodi-hospitaal te gaan sonder dat sy eers ondersoek is,” lui ʼn verklaring van die Gautengse departement van gesondheid.

“Op pad daarheen, net buite die kliniek, het sy besef dat sy nie by die hospitaal gaan uitkom voordat die baba gebore word nie. Sy het ongelukkig by die hek gekraam terwyl sy na die kliniek probeer terugstap het.”

Mothomone Pitsi, hoofdirekteur van die Tshwane-gesondheidsdistrik, het die pasiënt reeds ontmoet en die omstandighede rakende die voorval probeer bepaal.

Hy het gesê hy betreur die voorval.

“Dit is onaanvaarbaar dat die pasiënt nie ondersoek is nie en in haar toestand net weer weggestuur is. Selfs in omstandighede waar pasiënte as hoërisikogevalle geïdentifiseer word en sorg op die hoogste vlak benodig, word hulle nie net weggestuur nie,” het Pitso gesê.

Hy het die pasiënt, haar familie en die publiek om verskoning gevra en aangekondig dat ʼn ondersoek na die voorval gedoen gaan word.

“Die span gaan na verwagting binne ʼn maand terugvoer gee en voorstelle maak oor die pad vorentoe,” het die departement gesê.

Maandag se voorval is net die jongste van verskeie voorvalle waar pasiënte na bewering swak behandeling by staatshospitale of -klinieke ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig oor Martha Marais, ʼn 76-jarige oumagrootjie, wat ʼn nag lank met haar hande agter haar rug onder ʼn stoel in ʼn hospitaalgang van die Mamelodi-hospitaal vasgemaak is.

Verlede maand het Tasneem Motara, LUR van infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, ʼn taakspan van haar departement en die provinsiale departement van gesondheid na die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria gestuur ná verskeie klagtes oor probleme by die onkologiesaal.

Die Tembisa-hospitaal in Gauteng moes onlangs ook vure doodslaan nadat dit aan die lig gekom het dat ernstige siek pasiënte toegelaat word, al is sale reeds oorvol. Woedende sosialemediagebruikers het uitgevaar nadat foto’s van oorbevolking by die hospitaal aan die lig gekom het. Die foto’s wys onder meer ʼn oorvol kraamsaal waar personeel in ʼn stadium na 192 pasiënte moes omsien in die saal wat geskik is vir slegs 51 pasiënte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

GESKOK ·

Dit is absoluut pateties!!! Hoop die betrokke, let wel “onbevoegde” personeel, word sommer summier afgedank! Soveel mense is afhanklik van gesondheidsorg van staatsinstellings, en dit is wat hulle kry?? Nee wat, die prioriteite van ons liewe president en sy kabinetslede moet verskuif na dit wat regtig saakmaak!!

CK ·

Dit gebeur in al die Staatshospitale. Die ander gevalle word net eenvoudig onder die mat ingeveë. Ek weet van ‘n voorval waar die mamma se water gebreuk het en sy is weg gewys deur die dokter wat vir haar gesê het sy het infeksie en haar baba is later doodgebore. En raai wat – die leêr het net eenvoudig verdwyn.

McG ·

Op Morning Live het hulle beweer die kliniek het die vrou weggewys omdat “sy te oud was om te kraam”. Ek WENS hulle wil nie mense in posisies sit waar besluite van ENIGE aard geneem moet word , veral.in die gesondheidsektor, waar mense staatmaak op ‘no but I thought’ nie. Dis die grootste gesondheidsgevaar wat ons het op die stadium – vergeet van die gewone verkoue….

Isak ·

Ag net weer lee beloftes. Niks gaan gebeur nie. Net mooi niks. Rampie en malema nes zumpie vol beloftes en ondersoeke. Ek dagvaar die staat dame vanaf susters, dokters tot die hoogste gesag. Moenie dit daar los nie.

humor ·

As die droom van onse regering waar word dat die totale gesondheisdiens onder sy mag ingehark moet word dan le daar moeilike tye voor.

Maljan ·

Kla die vrou aan. Hulle wil nie vervoerkostes betaal nie en wag tot no99 en jaag dan kliniek toe om oproep en transportkoste hospitaal toe te ontduik. As hulle vroeër kliniek of hospitaal toe gaan moet hulle bus of taxi hospitaal toe betaal. As hulle self ambulans bel, kos dit mos geld. Hoekom self betaal as die Soustrein loop???? Kla haar aan.

Frm ·

Hulle het daarvoor gestem. Ek sien nie dat die ma kla nie. Die bevolking aanvaar enigiets wat deur die anc opgedis word. N volle maand om dit te ondersoek. Dis n baie ingewikkelde ondersoek.

Dirk ·

My vrou het in 1993 gekraam by die Ou Moedersbond wat deel was van Die HF Verwoerd hospitaal,ons het die beste behandeling daar ontvang en my dogter was nog vir n maand in die hospitaal met bloeding op die brein.Sy is uit daai hospitaal heeltemal gesond.Vandag weet jy nie of jy lewend uit daai plek uit gaan kom nie,dis n gemors,vuil plek..

nannie ·

Kopanong hospital in Vereeniging – agv nalatigheid is my kleinkind dood gebore.
Johan Heyns Kliniek in Vanderbijlpark – susters so ongeskik met pasiente dat pasiente begin huil.
Sebokeng Zone 14 Kliniek – pasiente word van 2 uur in die middag weggewys. Indien ouma met kleinkind opdaag daar word ouma terug gestuur dat die ma die volgende oggend die kind moet terug bring. Dan word die ma nog uitgetrap omdat sy nie self die kind bring nie, maar die ma werk.
Staatshospitale en klinieke is uiters pateties.

lizzi ·

Verskonings, verskoning, verskoning dis Afrika deal with it, dit is wat die massas wil he!

Zettie ·

Maar dit gaan dan so by al die staatsklinieke in die land en al vir etlike jare al……..hoekom moet daar nou eers aandag gegee word? Ons is mos nou al gewoond daaraan. Wat gaan verander? Dis lekker in Suid-Afrika…….

Doors ·

Dis gebeur elke dag by die militere hospitale ook, het mense wat met siek kind daar op daag wat aanmekaar opgooi, hulle sit die heel dag, word van plek na plek gestuur en diagnose verkeerd moet weer gaan so hou dir aan, weet wat gaan van die arme mense word nie alles word net slegter, en niks kom daar van nie, daar word maar n paar genoem

J ·

Dis wat gebeur as jy nie skool hoef te “slaag” nie, geen M-telling meer kort nie. Welkom in SA, dié gaan meer en meer en meer gebeur.

Foxi ·

Hierdie soort gevalle word by die dag ernstiger. Slegtigheid en onmenslikheid is tot op die been toe vervrot. Dit sal nie stop nie. Hierdie is ernstig en dit is n bekommernis vir ons land se mense. Dit maak nie saak wie of wat jy is nie, elke mens het die reg op goeie mediese behandeling. As die regering net hul nonsens wil laat vaar en elke ras wie ookal net dat almal saam kan werk. Wittes word uitgesluit in als, maar ons het mekaar nodig. Wens hulle wil dit net besef voor dit te laat is.

Claudia ·

Strandloper, nie almal is bevoreg om n medies te kan bekostig nie. Ek moet ook ongelukkig van die staat se diens afhanklik wees.

Susan vl ·

Stel asb opgeleide en omgee personeel aan.. so maklik soos dit.
Regstellende regering is net so aandadig aan moord wanneer onopgeleide personeel iemand se dood veroorsaak. Sies man. Julle inhaligheid gaan nog by julle spook.

Isak ·

Ag net weer lee beloftes. Niks gaan gebeur nie. Net mooi niks. Rampie en malema nes zumpie vol beloftes en ondersoeke. Ek dagvaar die staat dame vanaf susters, dokters tot die hoogste gesag. Moenie dit daar los nie.

Rina ·

. Weet jy hoeveel blanke mense moet gebruik maak van staatshospitale. Waar kom jy nou uit by stemmery.
My simpatie is by elke pasient wat deur swak diens geraak word.
Ek kan nou nie sien wat ek gesê wat verkeerd is nie. Mense kan goed sê en dit is ok.
Ek het party goed uit gewis.

Karolis ·

Mothomone Pitsi het nie ‘n idee wat aangaan nie.
Doen gereelde rondtes en maak planne om te verbeter.

Sandra ·

Ons hospitale en klinieke was wêreldklas voor 1994. Daarna het dit so versleg dat niemand daar wil lê tensy hulle moét nie. Maar julle moet darm ook verstaan dat verpleegsters nie masjiene is nie. 192 Mense word in ‘n saal vir 51 ingeprop! En glo my, ek dink nie die getal verpleegsters is aangepas vir hierdie horde mense nie. Ek praat nie onmenslike optrede en onbevoegdheid goed nie, maar regtig, daar is hopeloos te min mense om die werk goéd te kan doen. Dan wil die regering nog nog één mediese stelsel vir amal ook inbring. Dit sal ‘n disaster wees!!!

Bianca ·

My vriendin was weg gewys by Steve Biko toe sy swanger was sy was na Tshwane waar hullr haar terug gestuur het Steve Biko toe. Na haar ondersoek het doc gese sy is fine als reg sien haar oor 3 weke. Sy het n week later gegaan want iets was nie reg toe se hulle sys net oorsensitief en is weg gewys syt bly terug gaan baba is later deur keiser dood gebore. Hulle het die steke so sleg gedoen dit dit was n nagmerrie. Die doctors wou glad nie haar sien na die operasie en het bly haar vermy. Ons was stukkend.

wilma ·

dink die regeerders om omverskoning te vra gaan sake regstel. hou op apologise en doen iets grote griet

E ·

Dit sal darm maar wonderlik wees as BEE wegval en al die dokters, verpleegsters, polissie, brandweer ens. op meriette aangestel word en ook die hoogste salarisse verdien. Dan eers sal die werkgedoen word. Maar in RSA verdien die koruptes die meeste en die wat eintlik ń verskil moet maak peanuts. Waar is die motivering heen?

Docpietza ·

E jou stelling het soveel meriete. Dankie.
Maar ons regering is ongelukkig deel van n moles van oningeligte individue. Dit gaan so in res van AFRIKA ook. Dis baie sad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.