Ondersoek ná mallemeule by Cresta omval

Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,

Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,

Die bestuur van Cresta-winkelsentrum in Randburg het Saterdag gesê ʼn ondersoek word van stapel gestuur ná ʼn mallemeule by die sentrum omgeval het.

“Die voorval het omstreeks 10:30 by Route 66 van die vermaakafdeling plaasgevind. Die mallemeule het in die middel van ʼn rit gebreek en met vier passasiers aan boord omgeval,” het Virginia Bester, algemene bestuurder van die sentrum, gesê.

“Die bestuur van die sentrum het binne minute reageer om onmiddellik bystand te lewer aan die vier kinders op die mallemeule en die families en klante wat in daardie stadium in die omgewing was,” het sy gesê. “Ons kan vol vertroue berig dat al vier kinders dadelik na die mediese afdeling gehaas is vir professionele ondersoek ná die voorval. Nie een van hulle het enige beserings opgedoen nie.”

Bester het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak te bepaal. “Ons het reeds kontak gemaak met die eienaar van Route 66, waar die voorval plaasgevind het en sal terugvoer gee sodra die ondersoek en veiligheidsassessering afgehandel is. Die veiligheid van ons klante is ʼn hoë prioriteit en van die grootste belang. Die gebied is onbepaald gesluit, hangende die ondersoek.”

Volgens haar het hulle ook met die kinders se ouers gesels en sal met hulle in kontak bly soos die ondersoek vorder.

Maroela Media het vroeër berig die fotograaf Jacks Kruger was met sy sesjarige dogter ook by die sentrum. Hulle was op pad na die mallemeule toe die voorval plaasgevind het. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sertifikaat ·

Met hysbakke op myne en geboue word daar inspeksies/ondersoeke op ‘n gereelde basis gedoen. So ook met ander masjinerie waar daar ‘n gevaar bestaan dat ongelukke kan plaasvind. Ek glo dat hierdie mallemeule nie vrygeskeld is van sulke vereistes.

Renier Lubbe ·

Is daar ooit nog ‘n onafhanklike reguleerder wat dié goed inspekteer? Indien wel wanneer laas was dit gedoen?

Was dit ook maar ‘n geval van dit draai nog so dit werk. Ons doen onderhoud as dit breek.

Waarheid ·

Slegte gewoontes, lakse houding en ontbreking van en onkundigheid van risiko bestuur…99.09% kere eindig gewoonlik in, beweerde verskoonde ongeluk…voorkombare ongeluk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.