Ondersoek ná man in aanhoudingselle sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Daveyton aan die Oos-Rand het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen nadat ʼn man in aanhouding dood is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 36-jarige Mosambiekse burger is Maandagoggend dood aangetref in die Daveyton-polisiestasie se aanhoudingselle. “Sy liggaam is gevind toe polisiebeamptes na die sel is en die oorsaak van sy dood is in dié stadium onbekend.”

Volgens Dlamini is die man Sondag in Etwatwa in hegtenis geneem op aanklag dat hy onder die invloed van alkohol was in die openbaar. Hy is na die Daveyton-polisiestasie geneem. “Volgens mede-gevangenes het hy glo sy kop teen die muur gestamp voordat hy gaan slaap het.”

Dlamini het gesê paramedici is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. “Geen vuilspel word vermoed nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Dink jy dis die brandewyn of dalk het die polisie gedink hulle spaar ‘n paar rand as hulle hom nie hoef terug te stuur Mosambiek nie – dalk die polisie se variasie van xenofobie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.