Ondersoek ná man sterf toe hy afgetrek word

Argieffoto

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waar ʼn motoris in die teenwoordigheid van beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) dood is.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê beamptes het Saterdagaand die bestuurder van ʼn Audi A5 agternagesit nadat hy ʼn verkeerslig verontagsaam het by die William Nicol-afrit op Sandton-weg.

“Die bestuurder van die Audi het teen ʼn sypaadjie vasgery en die voertuig het in ʼn park beland. Die bestuurder was aggressief en het hom teen inhegtenisneming verset aangesien hy onder die invloed van alkohol was.”

Volgens Minnaar het beamptes op die toneel bystand ontbied en is die motoris toe onder bedwang gebring en geboei.

“Hy is agter in ʼn JMPD-voertuig gelaai. Hy het toe glo aan beamptes gesê hy sukkel om asem te haal. Hy is uit die voertuig gehaal waarna beamptes ʼn ambulans ontbied het.”

Paramedici het die motoris behandel en hy is later op die toneel dood verklaar. Minnaar het bevestig dat Opod die voorval ondersoek.

eNCA berig intussen die oorledene is die 25-jarige Tshegofatso Selahle. Sy familie het aan eNCA gesê hy is deur JMPD-beamptes aangerand en met pepersproei gespuit. Die familie eis geregtigheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Waldo ·

Dankie. Asemhaling probleme…ribbes gebreuk of hom gewurg voor die tyd

emily ·

Was die familie dan op die toneel, Dat hulle nou geregtigheid soek.
Doen eerder n nadoodse ondersoek. Ja baie van die Beamptes is rof, maar ondersoek eers die storie, daar sal nou baie liegstories uitkom om vir mekaar te dek.

Veda ·

Hoe weet die familie dat hy aangerand en met “pepper spray” gespuit is? Die oorledene kon tog nie dit aan die familie vertel het nie. Hier is een en een beslus nie twee nie. Ek stem saam met Emily, doen die nodige nadoodse ondersoek om vas te stel wat die oorsaak was.

Michael P ·

Ek weet hoe daai metro polisie optree Soos bende lede arrogant ombeskof aggresief. hulle is mos die “law” J. jy is seker ook reg.

PetroD ·

Nee wat, hierdie klink soos ‘n “bribe-gone-wrong”! My seun is twee naweke terug ook deur sogenaamde Metro Polisie afgetrek en geintimideer en gedreig met arrestasie.

Arno Scheepers ·

Sou hy gesterf het as hy hom nie teen arrestasie verset het nie?
Hy was onder die invloed van drank, Hy het n verkeerslig verontagsaam, hy was aggressief.
Saak gesluit….GEREGTIGHEID HET KLAAR GESKIED.

Skoolgeld ·

Ja Arno Scheepers, tel maar die eerste klip op! Hoop jy is nie ñ regter nie?

wonder ·

Het hul sy bloed getoets? As jy n diabeet is en jou suikervlakke is nie reg, kan jy soos n dronk mens optree. En dan is jy ook vreeslik aggresief en dink nie reguit nie. Se maar net want ek is n diabeet en weet van sulke gevalle.

Hartseer ·

Ek het saam met hom gewerk vir ‘n tyd. Hy was ‘n baie goeie en intelligente mens gewees. Hy het ‘n verkeerde besluit gemaak om oor die rooi lig te ry, maar niemand verdien om so behandel te word en selfs te sterf nie. Mag die waarheid uitkom.

Sêmaarnet1 ·

Wonder, dis presies wat ek ook gedink het. Hoe seker is hul en waar is die bewys dat hy onder die invloed was? Het hul sy bloed getrek?
Wat as hy diabetes was?
Daar is altyd 2 kante van enige saak, en ja ek sou antwoorde geeis het as dit my familie was

Skoolgeld ·

Dis tragies, ek keer glad nie dronkbestuur goed nie maar hierdie is ongelukkig wat die arogante beamptes doen. Dit was presies wat gebeur het met ñ kennis van my toe daar bevind is hy is dalk onder die invloed. Jy sal eenvoudig aan die korste end trêk al is jy beseer soos in hierdie geval. Dis jammer 9m te sê maar ook ñ ras teen ras ding. “Bottom line” is….. bly uit die moeilikheid uit en as jy nie bereid is om in ñ SA tronk te sit nie doen die regte ding!

Sandra ·

Hartseer, ek stem. Mense oordeelvoordat hulle al die feit het. Ons veralgemeen omdat dit die norm in SA is en dit is Baie hartseer

Koos ·

Dit is goed so, dronk motor bestuurders vernietig onskuldige mense se lewens. Hy hoort in eerste instansie nie op die pad nie.

Linda ·

n Mens gaan nie net somner so dood nie, ek glo hy was aangerand en dalk geskop !!! Hierdie JMPD beamptes is baie hard handig met die publiek.

Tiger ·

Linda u het duidelik nog nie gesien HOE MAKLIK ‘n mens kan doodgaan nie!Maar laat hulle ‘n nadoodse ondersoek afhandel en dan sal mens kan se wat is wat.Hy was die skuldige omdat hy 3 oortredings begaan het :1 .rooilig oorgery by ‘n robot,2.onder die invloed van alkohol bestuur (moet bewys word) en 3.Agressiewe houding teen oor wets toepassers.

Klopjag ·

Hy was onder die invloed, het probeer wegkom, hy was aggressief en het hom verset teen inhegtenisname! As hy bevele gehoorsaam het, het hy nou nog geleef. Dalk kon hy een van jou familielede se dood veroorsaak het op die pad, so moenie nou oor hom huil nie.

Michael P ·

Ek weet hoe daai metro polisie optree Soos bende lede arrogant ombeskof aggresief. hulle is mos die “law” J. jy is seker ook reg.

Johan ·

Ek verklaring van dronkenskap, wegjaag en verset teen arrestasie klink vir my asof dit in alle waarskynlikheid só kon gebeur het. Dronk mense hoort nie op die pad nie. PUNT!

Nel ·

Hy is heelwaarskynlik met geweld agterin die JMPD voertuig gegooi en kon enige besering agv daarvan opgedoen het.

CallieL ·

Almal glo die beamptes wat beweer die man het oor n rooi lig gery, hy was dronk en het hom verset. Die selfde manne wat die ou se dood dalk veroorsaak het. So glo ons nou moontlike moordenaars of hoe koos en klopjag. Sit bewyse op tafel voor julle oordeel

Swannie ·

Ek het al klaar n idee watter ras die polisiebeamptes is. Dus weet ek ook daar sal nou talle liegstories wees. OPOD is ook “useless”en daarvan het ek ook ondervinding.

Volgens my eie opinie is `n uniform deesdae slegs om uitkenning van die ware misdadigers te vergemaklik.

Speedguard ·

Inderdaad Swannie…Inderdaad het my kinders al geruime tyd gewaarsku!

Swannie ·

O Wee, dit is nie so maklik nie. Ek het my saak teen die SAPS gewen en die bedrag van R103 000.00 is aan my toegeken. Die Staatsadvokaat het egter appèl aangeteken en ek moes die saak los, aangesien `n prokureur my daarop gewys het dat die staat die saak so baie keer sal uitstel dat ek op die ou end bankrot sal wees.

liefie ·

Hy is een en die Polisie was hoeveel? Die man is vermoor. RIV liewe man en sterkte vir sy familie.

koos1 ·

En as hy een van jou familielede se dood veroorsaak het, sou jy steeds simpatie met hom gehad het???
Ek vra maar net dat jy verder moet dink.

pieta ·

Wat soek die dronkgat op die pad. – verontagsaam verkeersreels, jaag weg en verset hom. Blinde sambok.

Alida ·

Die naasbestaandes slyp al klaar hul tande vir vergoeding. Kan nie wag vir die nadoodse ondetsoek nie. Dit kon enigiets gewees het bv hartaanval.

Ek ·

Sies .. mense het ook deesdae geen respek vir die familie lede wat geen skuld het aan wat die persoon gedoen het nie .. kan net dink hoe hulle moet voel oor al die …nie een van julle weet wat daar gebeur het nie en het geen reg op sulke komentaar nie

Suzie ·

Ek weet ook van ‘n man wat niks verkeerd gedoen het op die pad nie. Hy is deur die verkeers polisie (metro) afgetrek, altwee beamptes het hulle vuurwapens op hom gerig en hy is vir 5 ure gemartel. Dronkbestuur moet bewys word voor julle hom skuldig vind. Die rooi lig kan ook wees dat hy te bang was om te stop in die aand en dit kon ‘n hotspot gewees het.
Julle Godjies oordeel baie vinnig en het nie eers die ware feite nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.