Ondersoek ná mans glo voor polisiebeamptes aangerand word

(Foto: SA Polisie)

Die bestuur van die polisie in die Wes-Kaap neem met kommer kennis van ʼn video wat op sosiale media versprei word oor twee naakte mans wat deur gemeenskapslede aangerand word, met ʼn SAPD-voertuig wat in die agtergrond gesien kan word.

“Die video wys ook ʼn lid van die SAPD wat langs die voertuig staan, wat later van die toneel wegry,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur.

“Sedert die video onder ons aandag gebring is, het die bestuur dadelik met ʼn interne ondersoek begin,” het Potelwa bygevoeg. Die volgende is tot dusver bevestig:

  • Die voorval het omstreeks 06:50 op 25 Februarie 2021 by die N2 Gateway in Delft plaasgevind;
  • een van die slagoffers van die aanranding het kort ná die voorval in die hospitaal aan sy beserings beswyk, die ander persoon het ernstige beserings opgedoen; en
  • ses mans staan tereg op aanklag van moord en poging tot moord ná die aanranding. Die saak dien tans in die hof en die verdagtes sal op 9 Mei 2021 weer in die hof verskyn.

Potelwa sê die interne ondersoek fokus spesifiek op die polisie se aanvanklike reaksie op die misdaadtoneel in ʼn poging om te bepaal of die beamptes behoorlik opgetree het sedert hulle by die misdaadtoneel opgedaag het. Die ondersoek sal ook bepaal of die polisiebeamptes op die toneel ondersteuning versoek het en wat daarna gebeur het.

Die ondersoek sal ook bepaal wat nog op die toneel gebeur het maar wat nie op die video gesien kan word nie.

“Die ondersoek word hanteer deur die kantoor van die provinsiale polisiekommissaris onder leiding van genl.maj. Vincent Beaton,” het sy bygevoeg.

Genl.maj. Thembesile Patekile, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het alle vorme van boendoegeregtigheid veroordeel. Hy maan gemeenskappe om met die polisie saam te werk wanneer misdade gepleeg word en nie die reg in eie hande te neem nie. Hy onderneem om beslissend op te tree indien polisiebeamptes nie hul plig nagekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannes ·

En soos in alle ander gevalle wanneer dit by die SAPS se ongeregtighede kom, sal ook hiervan NIKS kom nie,
Daar is genoeg bewyse dat B Cele se eie privaat vervolgings mag bo die wet verhewe is.
Onskuldige mense word deur die SAPS verneder en vernietig terwyl CELE EN SY GESANTE VANUIT DIE HEL Suid Afrika se wette VERKRAG vir eie gewin.

Henk ·

Net soos derduisende ander gemeenskaps lede het die gemeenskap ook nou gereg in eie hande geneem om misdadigers uit te sorteer aangesien daar nie SAPS bystand is nie, hulle reageer slegs as dit vir hulle iets inhou.

Magda ·

Weereens SAPD lede, maar dan word daar van Rassisme gempraat, wie is die grootste RASSISTE IN SA, NIE WIT MAAR SWART.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.