Ondersoek na minderjariges se ‘seksvideo’

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie stel, saam met die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, ondersoek in na ʼn video waarin drie beweerde minderjariges hulself glo afgeneem het terwyl hulle seksdade uitvoer en die video op die internet geplaas het.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het in ʼn verklaring gesê die video kom neer op die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en kan psigososiale skade by die kinders veroorsaak.

“Dit is belangrik om te onthou dit is minderjariges en die wet laat ons toe om altyd in die beste belang van kinders op te tree,” lui die verklaring.

Volgens die departement sal maatskaplike werkers met die kinders en hul ouers kontak maak en bepaal watter vlak van hulp aan die kinders en hul gesinne verleen moet word. “Deel van ons ingryping sal wees om mense bewus te maak van die wetlike- en gesondheidsrisiko’s van kinders wat by seksuele aktiwiteite betrokke is, selfs al lyk asof dit met hul toestemming was.”

Die departement het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie die video aanlyn te kyk of te deel nie, omdat dit ʼn oortreding van wetgewing sal wees wat daarop gerig is om kinders te beskerm.

“Ons doen ook ʼn beroep op ouers om bewus te wees van hul kinders se aanlyn-aktiwiteite en die nodige stappe te doen om hulle in te lig en te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kiepie ·

As dit dan binne die departement se mag is hoekom tree hulle dan nie ook in die beste belang van die kind op in die geval van die video waarin die vrou die kind skud en “smoor” by die speelskooltjie nie? Hoekom moet hulle wag dat die ouers van die kind ‘n klag lê of opgespoor word?

Cherokee ·

En as die publiek versoek word om nie die video aanlyn te kyk of te deel nie, behoort ‘n aanlynskakel verskaf te word met die versoek om daardie skakel te vermy.

Kobus ·

Ha ha ha Cherokee! Wil jy die skakel hê on self te gaan kyk wat daar aangaan?

LB S ·

Dan sal baie mense juis daarna gaan kyk.

Maar nee, kinders het mos nou die Regering se toestemming om seks te hê as hulle 12 is!

Cherokee ·

Maar Kobus (onskuldige uitdrukking op my gesig), mens kan mos nie mense waarsku teen plekke sonder om te sê waar daardie plekke is nie:-)

Waarheid ·

Net jammer die meeste ouers kan self ook nié die media en die risiko mbt die kind,ernstig opneem en die TOEGANG daartoe STRENG beheer en VERANTWOORDELIKHEID te dra om SELF GEEN fotos van hul EIE MINDERJARIGE KINDERS op media te plaas nié. MOET STRAFBAAR WORD en ouers moet aangekla word met baie swaar gevolge.

Lola ·

Wat bedoel jy Waarheid? Wil jy he mense moet gestraf word omdat hulle ‘n foto van hulle minderjarige kind op hulle facebook sit waar hy vir die eerste keer skool toe gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.