Die polisie in Limpopo stel ondersoek in nadat die oorskot van ʼn moordslagoffer oënskynlik die afgelope week uit die staatslykshuis in Lebowakgomo gesteel is.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê Precious Mohale Magabane het in Desember 2018 reeds verdwyn. Die polisieondersoek het sedertdien tot die inhegtenisneming van twee verdagtes in verband met haar moord gelei. Sommige dele van haar oorskot is ook op verskillende plekke langs die Burgersfort-Mashishing (Lydenburg)- pad gevind.
“Die oorskot is vir forensiese toetse geneem en is glo teruggebring na die Lebowakgomo-staatslykshuis,’ het Mojeplo gesê.
Magabane se familie het die diefstal aangemeld nadat die begrafnisondernemer wat haar begrafnis sou behartig, glad nie die oorskot kon opspoor toe hy dit Woensdag gaan oplaai het nie.
Die familie het daarna ʼn klagte van diefstal aanhangig gemaak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Verkoop…enige iets us moontlik in die Staatsdiens
Seker vir muti. Good grief. Only in South Africa..
O, Liewe Aarde nou het ek wragtig alles gehoor….only in South-Africa…