Ondersoek na Moti-ontvoering duur voort

Die vier Moti-broers. (Foto: Verskaf)

Die polisie is steeds besig om die ontvoering van die vier Moti-broers in Oktober verlede jaar te ondersoek, ondanks die feit dat die gesin nie hulle samewerking wil gee nie.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie se ondersoek na hierdie ontvoeringsvoorval steeds voortduur.

Hy sê egter dat die polisie nog nie in hierdie stadium ʼn deurbraak in die ondersoek gemaak het nie.

“Ons volg tans ʼn aantal leidrade op, maar niemand is nog in verband met die broers se ontvoering in hegtenis geneem nie.”

Die Moti-broers, Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zian (6) was verlede jaar op pad na die Curro Heuwelkruin- private skool in Polokwane toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is.

Hulle is ná drie weke ongedeerd aan hul ouers terugbesorg toe hulle op ʼn pad in Vuwani, Limpopo, afgelaai is en by ʼn plaaslike inwoner se huis opgedaag het.

Sedert die kinders se veilige terugkoms sê Netshiunda dat die gesin weier om met die polisie saam te werk.

“Daar is nie enige samewerking van die familie af nie,” sê hy.

“Die pa van die kinders het die polisie verbied om die kinders of enige lid van die familie te ondervra.”

Volgens Netshiunda is die polisie se hande afgekap sonder die verklarings van die slagoffers en sonder die samewerking en ondersteuning van die gesin.

“Ons is steeds hoopvol dat die familie wel sal besluit om saam met die owerhede te werk sodat ons hierdie saak kan oplos,” sê hy.

Onbevestigde gerugte doen egter nou die rondte dat die Moti-gesin sedertdien na Dubai verhuis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

SSSlllaaaannnnggg in die gras.En geen persoon kan die polisie verbied om met ander te praat mits hulle die regte ouderdom is.

Herman

My mening – ondersoek die drywer van daai oggend.

Swerwer

Beslis is iets nie pluis nie.

D

Dit is mos verdag maar dan is die vraag hoekom word die ouers nie aangekla vir dwarsboming van die gereg nie dit is net nog n bewys dat SA se reg sisteem nje bestaan

Delia

Hoe Kan die ouers weier. Die kinders is minderjarig. Die polisie se hulp is gevra om die kinders te soek. Maar nou weer hulle samewerking. Maar iets klink Baie verdag. Dalk word ouers gedreig.