Ondersoek ná ‘nagmerrie’-ervaring op Robbeneiland  

(Foto: Robbeneiland-museum/Facebook)

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur ná ʼn voorval op Robbeneiland waartydens ʼn groep besoekers tydens ʼn busrit beseer is.

Robbeneiland-museum (RIM) het gesê hy het met kommer kennis geneem van die voorval waartydens besoekers beserings opgedoen het tydens ʼn standaardtoer op die eiland.

“Ons wil graag ons opregte verskoning aan die besoekers, wat deel was van ʼn georganiseerde groeptoer, bied. Veiligheid en voldoening aan standaarde in al ons bedrywighede is ons sleutelprioriteit en as enige van ons personeel of diensverskaffers hierdie doelwit ondermyn, sal dit aandag kry met die erns wat dit regverdig,” het Abigail Thulare, uitvoerende hoof van RIM, gesê.

IOL berig ʼn groep van 35 besoekers, insluitend talle ouer persone, is getraumatiseer gelaat ná die nagmerrie-ervaring. Die busbestuurder het glo die bus in beweging gebring voordat almal behoorlik op was en ook nie die deure toegemaak nie. Hy het glo roekeloos bestuur en dit het tot gevolg gehad dat mense rondgeval en beserings opgedoen het terwyl een van die bus se deure ook afgeruk is.

Volgens Thulare is ʼn ondersoek onmiddellik van stapel gestuur na die voorval om die verloop van gebeure en die omstandighede rondom die voorval te bepaal.

“Daar word onderhoude gevoer met personeel en verklarings geneem om te verseker dat ons ʼn omvattende prentjie kry van wat gebeur het, hoe om ʼn herhaling hiervan te voorkom en waar prosesse verbeter moet word,” het Thulare bygevoeg.

“Ons skakel tans direk met die geaffekteerde partye en sal hulle terugnooi na die eiland om te verseker dat hulle ʼn opwindende en onvergeetlike ervaring kry soos wat hulle verwag het, veral vir die seniors in die groep,” het Thulare gesê.

Daar sal ná die ondersoek meer inligting bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SomeOne ·

ek glo ons kan aanneem dat ‘n persoon van kleur die bestuurder van die bus was en dalk ook so ‘n sopie of twee reeds oor sy lippe gehad het
(wit is ook ‘n kleur)

MrMagic ·

Robbeneiland is die laaste plek wat ek sal wil besoek, het nog nooit iets goed opgelewer nie.

Wondermaarnet ·

Presies, dit maak die nasie net meer verdeeld. Daar is anyway nie veel te sien nie. Ek het daar gebly en na die dept van kuns en kultuur oorgeneem het, het alles verval.

Genis ·

Nee wat daai plek sal my nooit sien… Niemand wat daar was, was ooit iets noemswaardig nie…. Kyk na SA dan weet julle hoekom hulle daar was…

Marius ·

Sê net jammer en gee die mense se geld terug. Wie wil in elk geval robben eiland besoek ? Besoek eerder ‘n wynplaas waar jy gou gou in ‘n goeie luim sal wees :-)

Wakkerslaper ·

Ppffttt! Robbeneiland…? Is dit waar die ou regering die kommunistiese terroriste toegesluit het?

Wondermaarnet ·

LOL netso en die einste terroriste is in top posisies aangestel.

Wielspore ·

Optrede lyk soos iemand sin wat in ‘n wynvat geval het!

Lillian ·

So daar word net onverskoning gevra? Hoe belaglik. Dis nou ook nie ‘n plek wat ek sal besoek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.