Ondersoek na NRP-hoofsweep se kwalifikasies is “rassisties”

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies tydens hul inhuldiging in Mei vanjaar. Foto: GCIS

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies tydens hul inhuldiging in Mei vanjaar. Foto: GCIS

Die hoofsweep van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het bewyse van haar akademiese kwalifikasies, het die ANC gesê.

Die ANC het in ʼn verklaring gesê die DA se navrae oor dr. Hunadi Mateme se kwalifikasies is “verregaande, ontstellend en rassisties”. “Dit het onder ons aandag gekom dat DA-LP Cathlene Labuschagne aan dr. Mateme geskryf het en haar versoek het om bewyse te lewer dat sy die toepaslike akademiese kwalifikasies behaal het.”

Volgens die ANC het Mateme ʼn meestersgraad in farmakologie en toksikologie aan die Universiteit van Michigan State behaal. Sy het glo ook ʼn doktorsgraad in filosofie by dié universiteit begin waarna sy in 1985 na Suid-Afrika teruggekeer het en die graad teen 1992 by Medunsa voltooi het. Volgens die ANC sal die Universiteit van Michigan State om dié rede nie bewyse hê van Mateme se kwalifikasie nie.

Mateme het gesê sy het aan Labuschagne geskryf en haar van die nodige bewyse verskaf. Labuschagne het ontken dat sy ʼn ondersoek van stapel gestuur het na Mateme se kwalifikasies en het ook die bewerings van rassisme ontken. “Daar is niks rassisties hieraan nie. Indien jy van ʼn titel gebruik maak moet jy kan bewys dat jy wel die titel het.” Volgens Labuschagne het sy nog nie bewyse van Mateme se kwalifikasies ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Hulle kry hulle grade by n ontbyt onthaal ek het ook n graad my MA graad want ek is n Mamma hahaha

Dereck Le Roux ·

Daar is drie kategorie mense wat dien in die ANC (1) diegene sonder kwalifikasies (2) diegegene met vervalste kwalifikasies en (3) diegene wat hul kwalifikasies saam met Grace Mugabe gekry het aan die Universiteit van Zimbabwe, en dan lyk dit nog of die skoen haar pas ook.

George Barnard ·

Ag my Vader is die F. A N C so gepla oor die woord rasis .Ek wonder of die Dom D weet wat beteken dit .Volgens my is dit maar net n Westerse woord wat hulle gehoor het en aan geleer het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.