Ondersoek ná onnie leerder klap

[OPVOLG] Die leerder en onderwyseres is intussen hangende ʼn dissiplinêre proses geskors. Kyk die video van die voorval hier.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn voorval by die Sans Souci Girls High School in Kaapstad nadat ʼn onderwyseres ʼn leerder tydens klastyd deur haar gesig geklap het.

Dié voorval is op video vasgevang en word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, sê amptenare van die departement het die skool vanoggend besoek. Sy het die onderwyseres se optrede ten sterkste veroordeel en sê geen vorm van lyfstraf sal in skole geduld word nie.

Op die video kan gesien word hoe die onderwyseres die leerder ʼn oorveeg gee, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gepraat het. Die twee raak dan in ʼn skreeugeveg betrokke, waarna hulle handgemeen raak.

Schäfer sê omdat die skool se beheerliggaam die onderwyseres aangestel het, sal daar met dié liggaam vergader word om oor dissiplinêre stappe te besin.

“’n Ondersoek na die voorval is reeds onderweg. Die ondersoek sal bepaal of dissiplinêre stappe ook teen die leerling geneem gaan word,” sê sy.

Ander leerders in die klas waar die voorval gebeur het, is gevra om verklarings daaroor af te lê – veral oor die gebeure wat aanleiding tot die voorval gegee het. Schäfer sê daar is nóg videomateriaal wat glo gewis is uit die videoweergawe wat versprei word.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die video is reeds duisende kere op sosiale media gekyk en het hewige reaksie ontlok. Talle gebruikers het die onderwyseres se optrede skerp veroordeel, of dit as ʼn rasgedrewe voorval beskryf, terwyl baie ander vir haar in die bresse getree het.

Schäfer sê daar kan nié summier aangeneem word dat die voorval rasgedrewe was nie. Sy het die publiek gevra om die beheerliggaam kans te gee om die voorval te ondersoek voordat afleidings gemaak word. Leerlinge by die skool het vanoggend ʼn vreedsame betoging gehou om hul steun te wys aan die onderwyseres in die video. Húlle voer aan die voorval het niks met ras te doen gehad nie.

“Ons is bewus van die baie dissiplinêre uitdagings waarmee onderwysers in ons skole daagliks te doen kry. Nogtans kan die gebruik van geweld om leerlinge wat slegte gedrag toon of swak dissipline het, nie geduld word nie,” sê Schäfer.

Johan Kruger, operasionele direkteur by die onderwysersvakbond SAOU en self ʼn voormalige skoolhoof, stem saam dat onderwysers onder geweldige druk werk – dikwels sonder behoorlike steun van die onderwysdepartement.

Kruger sê die voorval kan glad nie goedgepraat word nie, maar waarsku ook dat faktore soos oorvol klaskamers, oormatige administrasie en ʼn gebrek aan leerling-onderwyser-ondersteuningsmateriaal onderwysers se taak besonder bemoeilik. Hy sê ook veral ouer leerlinge tree dikwels uittartend teenoor onderwysers op.

Kruger sê die onderwysdepartement boelie skole soms om nóg leerlinge in te neem lank nadat ʼn skool sy kapasiteit bereik het. Onderwysers weet dikwels ook nie wat hulle regte is, of watter wetgewing op hulle van toepassing is nie.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Hy sê SAOU is ook besig met ʼn projek om onderwysers te help om moeilike situasies meer politiek korrek te probeer hanteer. Hy waarsku egter dat sommige voorvalle heel dikwels uit verband geruk word voordat ʼn behoorlike ondersoek voltooi is.

“Baie ouers verwag ook van skole om hulle kinders dissipline te leer,” sê Kruger.

Schäfer sê skole se gedragskodes moet duidelik uitstippel wat aanvaarbare gedrag is. As ʼn leerling oortree, het die skool die reg om tugstappe te doen.

“Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sal skole ondersteun om te verseker dat die betrokke dissiplinêre prosesse gevolg word met betrekking tot enige vorm van geweld of anti-sosiale gedrag in ons skole. Ons het ʼn beleid van geen verdraagsaamheid teenoor leerlinge wat verskeie dissiplinêre kodes oortree deur hul mede-leerlinge of onderwysers aan te val of aan te rand,” sê sy.

Amptenare van die Menseregtekommissie en lede van die studenteorganisasie Cosas het ook vandag na die skool opgeruk en toegang tot die perseel geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

131 Kommentare

Pierre ·

En so blyk dit weereens dat slegs die gedeelte wat almal op hol jaag geplaas word. Goedsmoeds is die res uitgewis en kan jy verseker wees dat die kinders in die klas heel moontlik dieselfde sal se om die onderwyser te diskrediteer. Die hele ding rondom dissipline wat by skole heeltemal besig is om te kwyn maak dat onderwysers nie meer by hulle sinne kan bly nie. Jy word gekoggel tot breekpunt en as jy dan dit verloor is jy die een wat geskors gaan word en nie die kind wat jou uitgelok het nie.

Koos ·

Nou gaan almal weer mal want dis n ondetwyser wat die arme leering geklap het, wat het geword van die geval waar die swart seun die wit onderwyseres met water on die gesig gegooi het? Seker niks!

Charlene ·

Nee Pierre. As jy volledige berigte in die media gaan lees sal jy fotos sien en ook lees dat van die leerders plakkate gemaak het en sonder meer gesê het dat dit nie ‘n rasse-ding is nie, en dat dit ‘n besonder moeilike en moedswillige leerder is.

Santjie ·

Hoekom skors die beheerliggaam haar nie ook dan sommer dadelik nie? Hulle mos eers en vra dan later die vrae? Die leerling natuurlik ook.

Katerina ·

Ek het in n berig op n ander site gelees dat die onnie die meisie geklap het nadat die meisie haar gestamp het. Die kind is glo bekend as n moeilikheid maker. Maar nou ja dis Suid Afrika so dit sal n rasse herrie word.

Ben ·

Die kind het die onderwyser gestamp deur haar skoolbank in die onderwyser in te stamp. Daarna het sy geklap na die onderwyseres. Die kind was eerste agresief. Dit is nie die onderwyser se werk om die kind disipline te leer nie.

Marius ·

Die goeie ou dae het dit jou,jou werk laat doen of jy het ‘n klap gekry.Ha Ha

Lee ·

‘n Goeie pakslae of ‘n paar klappe het jou gou-gou weer terug op jou plek gesit. Die kinders van vandag het geen respek vir ander nie. Ek het party dae meer pak as kos gekry en vandag is daar niks fout met my nie. My kinders het groot geword met pakslae en hulle het maniere en respekteer ander mense. Ouers moet hulle kinders by die huis begin maniere leer. ‘n Onderwyser kan ook net soveel verdra van kinders.

wielie ·

mmmmmm miskien het die onbeskofte leerder daarna gesoek ……. mos geen respek meer vir ouer mense

Lee ·

Ek is so bly ek is nie ‘n onderwyser nie. Met vandag se kinders sou hulle my al lankal toegesluit het. Ouers gee nie ‘n vlenter om hoe hulle hulle kinders grootmaak nie en dis waar respek by die deur uit stap. Ek blameer ook die ouers dat ;n kind ‘n onderwyser so kwaad maak dat sulke goed gebeur. Partykeer dink ek hulle is net aspris.

Thinus Erasmus ·

Vat julle ongemanierde stout kinders en loop en betoog en brand daar by die korruptes asb.
Los die skole en herstel dissipliene!

fish ·

MM Wys net ‘n slag die video’s asb. Al die ander koerante wys die videos maar hoekom nie julle nie. Mense maak hulle eie afleiding’s met julle kommetaar van een joernalis en sal ‘n ander meening gee as hulle die video self sien.

Pieter lange ·

Ek kry die onderwysers baie jammer, hulle staan met n groot uitdaging voor hulle, my kind gee skool en sy is baie aande moedeloos oor die kinders se dissipline, sal ook graag by onderwys dept wil hoor wat is onderwysers se regte, of het net die kinders dit??

WIEBO ·

Miskien sal lyfstraf weer moet ingestel word om die skole beter te laat funksioneer. Ek het in 1984 matriek geskryf, en was maar te bly as daar n dag verby was wat ek nie n pak slae gekry het nie!!! Ons leerders van daardie tyd was eintlik te veel en onnodig geslaan, maar ons het niks daarvan oorgekom nie. As ek die onnies moes aankla vir aanranding daardie tyd, was die hele Witrivier se skole sonder onderwysers!!!

bollie ·

Sou nie in hierdie geval gehelp het nie, net seuns het mos pak gekry.

Sam ·

Jy praat bollie, Bollie.
Ek het in 1989 matriek geskryf en het as meisie ook pakslae gekry. Ek was prefek, klaskaptein, het akademies presteer en steeds deurgeloop. Ons is gevoeter oor naels wat 2 mm te lank is, uit beurt gesels, nie in reguit lyne staan nie, laat wees, slordige werk, spelfoute, grappies maak, as ons punte nie goed genoeg was of ons skoene nie geblink het nie. Die menere en juffrouens het geslaan. Sommiges op die hand, ander op die bas. Ek is nie spyt oor een loesing nie. Vandag weet ek wat orde en respek is.

bollie ·

Sam – nie in ons skool nie en ek het in 1982 matriek geskryf. Seuns is egter behoorlik gevoeter vir die kleinste dingetjie.

Sam ·

Dan kan ek jou amper oom Bollie noem!
Die dissipline het bygedra tot die vorming van sterker karakters, né?

Gaitsigubib ·

Bollie ek vermoed jy was in n skool in die Kaap of in Natal. Hier in die TVL het hulle jou gevoeter dat dit voel of jy in die kole gaan sit, van watter geslag jy ook al was. Slae het later geen uitwerking meer op my gehad nie want my agterstewe was so dik soos ‘n zebra vel.

Neeltjie Steenkamp ·

Daar stem ek saam, nêrens is daar meer desipilne. Kinders weet glad nie wat die woord respek beteken en het geen maniere nie. Ouers gee net nie meer om wat hul kinders doen, kinders ken nie meer van speel. Lê heeldag op fone of in kamers, oorheers grootmense se geselskap en dink hul is alwetend. Onderwysers is in die ander kan net so slapgat, kyk hoe trek hul skooltoe aan, geen voorbeeld nie.

Pierre ·

En so blyk dit weereens dat slegs die gedeelte wat almal op hol jaag geplaas word. Goedsmoeds is die res uitgewis en kan jy verseker wees dat die kinders in die klas heel moontlik dieselfde sal se om die onderwyser te diskrediteer. Die hele ding rondom dissipline wat by skole heeltemal besig is om te kwyn maak dat onderwysers nie meer by hulle sinne kan bly nie. Jy word gekoggel tot breekpunt en as jy dan dit verloor is jy die een wat geskors gaan word en nie die kind wat jou uitgelok het nie.

christa ·

vandag se kinders is glad nie so onskuldig nie. Eerstens is hulle mammies op agterbene as hulle arme bloedjies te na gekom word. Dan die hele wereld op hulle agterbene. In my dae het my kind net weer ‘n loesing gekry as hy kom kla oor pak by die skool. Hoekom het kinders cellfone in die klas, ek dog dis deesdae verbode in klaskamers. Gewoonlik word die dam onder die eend uit geruk oor alles. Daar is nie meer ‘n Weermag waar kinders manne gemaak kan word nie, dis hoekom hulle so slap grootmense vandag is

Michael Bouwer ·

Hmmm is dit net laaitjies wat manne word in die weermag of is dit dogters ook?

Ronel ·

As ek kyk, sien en hoor hoe baie kinders met volwassenes praat, sou ek ook seker so opgetree het soos die onderwyser. Ons het met pakslae grootgeword, en ek dink daar was meer respek en dissipline op skool in die jare ’80-’90

GM ·

Snaaks hoe daar altyd ‘n selfoon byderhand is as sulke insidente gebeur. Dis van te min pakslae kry, dat die grotermeerderheid van die jeug van vandag geen respek het vir hul medemens nie. Ek sou dit nie eers waag om teë te praat met ‘n onderwyser/es nie, wat nog te sê van aan een stamp.

Wonder net ·

Nou ruk die amptenare van die MRK en Cosas na die skool op.
Daardie onderwyseres het ook die reg om met respek behandel te word.
As daar riglyne is dat selfone nie toegelaat word nie moet leerlinge hulle daarby hou.

Joachim ·

Renaldo Gouws op youtube het dit nou net opgelaai, sy youtube kanaal is Renaldo Gouws

Kinders ·

NEE!!!! Dit is nie die onderwyseres nie. Vandag se kinders het geen maniere nie. Hul praat met groot mense soos hulle wil, en het geen respek nie. Kinders nodig om goed pak te kry (soos ons gekry het). Bring sommer die Army ook terug vir die seuns.

Roger ·

Nou gaan die ANC, EFF en DA hul weer bevuil. Hierdié kind gaan nog baie moeilikheid optel met haar houding….maar die “wyse” politici stel mos die voorbeeld.

mamma ·

Die kind het haar verseker uitgelok. Maar klap? Hoërskool meisies is definitief ook nie in die ou dae geslaan nie. Dis mos net seuns wat stout was en pak gekry het. Lekker seksisties as ek nou daaraan terugdink.

Retha Roux ·

In my skool het ons meisiekinders met die rottang drie lekker houe in ons hande gekry, al was ons al in die hoërskool. Kinders word vandag te sag grootgemaak, daarom ruk hul heeltemal hand uit. Geen respek en vloek selfs die onderwyseresse onder die klere in en dan lag die ander heerlik daaroor. Dit is darem net wonderlik dat daar met elke so voorval, die video reg is om geneem te word.

Nel ·

Dit wil voorkom asof die skolier maar n moeilikheid maker is en ek glo die onderwyseres het genoeg van haar arrogansie gehad. Maar aan die lyftaal van die onderwyseres kan mens agterkom sy het dit al lankal verloor agv dissipline wat nie behoorlik toegepas mag word nie (soos in die ou dae, n behoorlike pakslae op die agterent). Die oomblik wat jy nie meer beheer oor jou emosies het nie, moet jy besluit of jy nog daar hoort of nie. N mens kan gesag handhaaf sonder om handgemeen te raak en n klap en n die gesig is n absolute no-no. Die onderwyseres gaan ongelukkig meer met moeilikheid hê as die skolier.

mamma ·

Daai juffrou met haar bokstertjie hare lyk na ‘n tawwe tienie.

Dries du Toit ·

Ek verseker jou as dit my kind was sou ek hom een helse pak slae gegee het om die volgende redes. Eerstens skree jy nie op n onderwyser nie. Twedens omdat hy op sy selfoon was en n reel oortree het. Derdens omdat hy dit durf waag om aan n grootmens te stamp. Vierdens omdat hy die onderwyser so vreeslik provikeer dat sy haar humeur verloor het. Arme onderwyser. Sterkte aan haar.

Anni ·

Nee as di ou onskuldige bloedjies mos vdag pak Kry, hoor ouers ni di ware verhaal ni. So hul is di volgende dag by di hoof, of di Selfde dag

Obserweer ·

Stem 100% saam jou dries ek sou my kind goed gevoeter het vir sulke gedrag. Sys daar om te leer. Sterkte juf ek verstaan jou frustrasie. Kader Asmal se gemors waarmee ons nou sit.

bollie ·

Hierdie is nogal ‘n top akademiese meisieskool. Altyd ‘n klomp A’s.

jaco ·

met vandag se lae onderwysstandaarde, is n klomp A’s baie maklik. Vandag se klomp A’s, gemeet aan die onderwysstandaarde van voor 1994, is gelyk aan C’s en D’s van daardie jare.
Ek het n n kanaal op DSTV vir matriekhersiening gekyk. Wat daar aangebied is oor geskiedenis en geografie, my 2 sterk vakke op skool, was absolute poeding in vergelyking met die moeilike goed wat ek geleer het.

bollie ·

Top kandididate vir sover ek kan onthou, selfs in the 80’s toe ek nog skool gegaan het. Maar jy is reg oor hoe maklik dit nou is om A’s te kry invergeleke met daai tyd.

Rheinhard Groenewald ·

Om te begin.. my MOTTO is ons kry nie Probleem-kinders nie maar wel Probleem-ouers. Dissipline begin by die skoolgaande kind, se Ouerhuis en as dit daar reg toegepas word, sal dit die Onderwyser se Werkslas verlig want hulle word nie betaal om Kinders te dissiplineer nie maar geleerd te kry.
Ek haal my hoed vir vandag se Onderwys af want in die “Goeie Ou Dae” was ons respek geleer en as jy pak by die skool gekry het en jy kom kla by die huia dan het jou sterre nog meer gebrand.
Tyd die Ouers hul verantwoordelikhede terugneem en hulle eie kinders reg begin opvoed.. dit begin altyd EERSTE by myself as Ouer.

D B ·

Het die “video” gesien. Die onderwyseres het die kind beveel om haar klas te verlaat waarna die kind opstaan, haar tafel teen die onderwyseres se bene vas stamp, opstaan, die onderwyseres skouer, en dan klap die onderwyseres haar en gryp haar teen haar bors (aan haar hemp). Jammer, maar ek sou dieselfde gedoen het as iemand my stamp met ‘n tafel en my skouer. Vraag bly staan, waar’s die onderwyseres se regte, want geen mens, kind of nie, doen so iets aan ‘n ander sonder gevolge nie!

Dit wil voorkom of die hele saak gaan oor ‘n selfoon. Selfone moet soggens voor skool ingehandig word en kan dan na skool weer afgehaal word. Sou jy dit tydens skool moet gebruik, kan toestemming gevra word. So sal baie van hierdie en ander probleme verdwyn.

Laastens, as dit my kind was het ek my kop in ‘n gat gedruk van skaamte!

Brett ·

Ja, die tafel as ‘n wapen gebruik, geskouer….En moet nie van die elmboog vergeet nie.

Leerkrag ·

Jaaa, goeie vriende… Wanneer laas was julle tydens skoolure in ‘n klaskamer in SA? Dis nag. In sekere skole stikdonkernag. Onderwysers verdien medaljes en monumente vir volharding en deursettingsvermoë, vir selfbeheersing en professionaliteit. Want skoolhou is hulle brood en botter op die tafel. En hulle gee om vir kinders. Maar respek van leerlinge en ondersteuning van hoër gesag het blykbaar ophou bestaan. Daarom is dit wys om ‘n verslag in te handig na elke insident, en om duplikate soos goud te bewaar. Op die dag van onheil kan jy bewys dat die kind se respeklose gedrag ‘n lang pad kom. Hierdie juffrou se optrede was nie reg of professioneel nie, maar ek het simpatie met haar. Dié tipe gebrek aan respek kom verseker ‘n ver pad by hierdie betrokke leerling…en die onnie se hande is afgekap by haar elmboë. Dit terwyl sekere politieke partye gereed sit om soos aasvoëls op die uitmekaargeskeurde personeellid neer te sak. Sterkte juffrou.

Fanie ·

Die onerwyseres is eerste aangerand deur die leerling wat haar met die bank gestamp het om haar te beseer en toe word die onderwyseres nog gevloek ook reaksie lok reaksie uit wat nie altyd onder onmidelike beheer en denke gekeer kan word nie n mens besef eers wat jy gedoen het as dit te laat is die kind was uidaagend en agresief

Johan ·

Gesien!Pleister hierdie tannie vir haar!!Oliewapper wat jy tot in Gauteng kon hoor!!My seun,almal noem hom die gentle giant,het Na een jaar onderwys van rigting verander oor bogenoemde.Enige mens het n breekpunt.Die leerlinge klaar begin betoog ten GUNSTE van die onderwyser,leerling is n moeilikheids maker….

stom geslaan ·

DIT GAAN SO WANT ONDERWYSERS MAG NIE MEER DISIPLINEER NIE OOK NIE DIE OUERS NIE EN DIE ANDER PROBLEEM IS DIE KINDERS DINK HUL IS OP ALLES GEREGTIG EN KAN MAAK WAT HUL WIL, EK SE NIE DIE ONDERWYSER WAS REG OM HAAR TE SLAAN IN DIE GESIG NIE MAAR DIE KIND HET DIT UITGELOK EN HET EERSTE OPSTANDIG GERAAK TOE SY TAFEL STAMP. DAAR IS SO BAIE KERE WAT DIT MET DIE ONDERWYSER GEBEUR MAAR DAAR WORD NIE VIR HULLE OPGESTAAN NIE. DIS ALTYD SIESTOG ARME KIND. HOEKOM WORD DIE KIND NIE OOK AANGESPREEK NIE, EK SAL WEIER OM DIE KIND SKOOL TE GEE. OM N ONDERWYSER TE WEES VANDAG IS NIE MAKLIK NIE EN BAIE STRESVOL. EK WONDER OF SY SO OOK MET HAAR MA BY DIE HUIS MAAK. EK SKAAM MY DOOD AS MY KIND SO OPTREE TEEN OOR N VOLWASSENE, GEEN RESPEK WORD MEER GELEER NIE, EK DINK AS DIE KIND NET UIT DIE KLAS GEGAAN HET SOOS DIE JUFFROU GEVRA HET SOU DINGE DALK ANDERS UITGEDRAAI HET. PUNT IS KIND HET JUFFROU UITGELOK EN EK SE NIE SY HET REG OPGETREE NIE MAAR OOK NIE DIE KIND NIE, WAT MAG N ONDERWYSER IN VANDAG SE DAE DOEN TEENOOR SULKE ONGEHOORSAME,ONGESKIKTE KINDERS?

anton ·

Stom…….Vind asb. uit waar sit die ”CAPS-LOCK” knoppie op die rekenaar……en sit dit af!!!
Dankie baie.

ALLIE ·

Daai onnie het die leerder mooi op haar plek gesit!
Sy sal nie weer so met haar praat nie….ander kom daar weer n VUURWARM HARDE KLAP. Hehe.
Mooi so Juffrou!!!!!!

bosluis ·

Jy’s reg Allie, maar ongelukkig sal die rede vir die feit dat die leerling nie weer so met die onnie praat nie, wees oor die onnie heel moontlik haar werk gaan verloor.
Daai kind sal in haar verwronge opvatting dink sy het geseevier en heel moontlik lustig voortgaan met haar slegte maniere.

NIE ALTYD DIE OUERS ·

Ek stem nie saam dat dit altyd die ouers se skuld is nie. Daar is soveel kinders wat in goed opgevoede huise groot word maar wat hul dan swak gedra voor ander mense. Eerstens moet die kind respek wys vir die onderwyser. Daar is hopeloos te veel kinders wat te groot vir hul skoene is en daarvan hou om die onderwyser te dreig met hul ouers se posisie. Wat die onderwyser gedoen het is verkeerd maar ek glo sy het rede gehad. Nee, dit gee haar nie miskien die reg om die kind te klap maar soos ek lees het die kind geen respek getoon en die juffrou is ongelukkig daartoe gedryf. As ‘n kind dit aan ‘n onderwyser kan doen, glo ek nie hul het enige respek vir ouer mense of hul eie ouers nie.

Ongelukkig het onderwysers deesdae geen reg om enige iets aan die kinders te doen nie. Dit was nou net weer ‘n bewys. Praat hard en leer hul disipline dan word daar vir hul gewys wie eintlik die baas is.

Andre ·

Hierdie juffrou was opgesit, die kind het seker gemaak sy lyk onskuldig in die video. Maar as dit my kind was sou ek hulle seker ook verdedig het in alles.

Zumie ·

Ooooohhh kom ons bring die doodstraf terug ….help…
Aggenee wanneer gaan mense nou agterkom dat sulke goed nouliks aandag verdien in ‘n land waar liederlike plaasmoorde nie eers die nuus haal nie.

James ·

Wel miskien het sy ‘n “mediese toestand” want die race kaart gaan nie hier werk nie. Kinders is wetteloos en geen dissepline nie. Hulle weet hulle sal die saak wen. Nou gaan die leerder trauma beraading kry ouers gaan betoog. SA 2019.

Lh ·

Hmmm. . . Snaaks, almal het die klap gesien, maar het NIEMAND gesien hoe die Juffrou eerste gestamp word nie?

jaco ·

die man van die SAOU sê onderwysers weet dikwels ook nie wat hulle regte is nie. As die onderwyser wit is, soos in hierdie geval, is die antwoord maklik: die onderwyser het GEEN regte nie. voer jou werk net volgens jou pligstaat uit. Al is dit hoe moeilik, MOENIE konfronterend wees nie. Doen net wat van jou verwag word, want as jy eers uit die arbeidsmag is, is jy uit en kom jy BAIE moeilik weer in.
En voordat almal my nou kruisig: ek weet hoe dit voel om wit en werkloos te wees. Maande en selfs jare gaan verby en NIKS gebeur nie. werk bly net weg NET oor jou “verkeerde” velkleur.

Landi ·

Ek het simpatie en empatie (was self daar)maar soms dink mense hulle is verhewe bo sekere werk. Nee, ek gaan nie rakke pak by ‘n winkel nie (wat gaan die bure dink) of nee, ek kan nie aan ‘n anderskleurige of iemand jonger as ek rapporteer nie, nee wat, hoe sal dit nou lyk as ek iemand se vensters moet was ens. ens. ens.

In Europa het ek mans gesien wat in hotelle en op lughawens kamers en toilette skoonmaak. Geen siel knip eers ‘n oog daar nie. Suid Afrika is so opgeboggher, alles word hier bevraagteken en almal word oor alles aangeval, gedreig en geoordeel.

Lindtjies ·

Vandag moet jy hare op jou tande hê om ‘n onderwyser te wees. Daar is net glad nie meer disipline in skole nie. En die arme telgie het natuurlik niks verkeerd gedoen nie. Sy kort ‘n goeie loesing.

mamma ·

Die kind moet uit die skool geskors word en die onnie moet afgedank word. Dis ‘n werksituasie, as ek iemand op kantoor klap, word ek beslis afgedank.

E.K. die eerste ·

Het video 2 x op enuus gesine. Eerstens was onnie geprovokeer. Die onderwyser was gevloek EN EERSTE gestamp deur die leerling. Ek kry onnies bitter jammer. Ek kies nie kant ek noem n et wat ek duidelik gesien het.

Donderstorm ·

Van die leerders gaan uit hul pad om skoor te soek met onderwysers soos daai leerder wat water in die onderwyseres se gesug gegooi het hoe moet onderwysers desipliene so handhaaf en soos daai leerling wat die onderwyser leterlik uittard voor ander leerlinge en dit op selfone opneem hul moet mense wat onderwys gee vandag in suid afrika meer ondersteuning en bystand gee

Pop ·

Almal wat wil skool gee met maar vir elke liewe ding die skoolhoof gaan haal, anders is jy jou werk kwyt. Sy moes net uitgestap het en die hoof gaan roep het. Nou sit ons weer met n ras herrie

LÍEWE GENADE,TOG! ·

??ONopgevoede ouers, wat nié hul kind gedisiplineer het nie … ?
Ennn…NOG ñ goeie onderwyseres se loopbaan daarmee heen…

mamma ·

Die onnie se gedrag kan onder geen omstandighede goedgekeur word nie al was sy ook uitgelok. Kind behoort uit skool geskors te word en onnie afgedank te word.

Amelda Ferreira ·

Ek is self n onnie, en mense, dis nie meer maklik nie. Die leerders weet hulle kan met alles wegkom, en ja, ons onnies het GEEN regte nie. Ons het almal maagsere en drink maar die kalmeerpilletjie elke oggend. Dit is ook nie so maklik om weg te stap van so iets nie. Ons is oom maar mense wat net tot op n punt gepush kan word!!! Eintlik verdien ons medaljes dat ons dit nie elke dag verloor nie!

bollie ·

Enige werksituasie kan maar stres veroorsaak, beteken nie jy kan tot geweld oorgaan nie. Klap jy iemand op kantoor is dit definitief totsiens vir jou. Selfbeheersing.

JohanL ·

bollie, so as iemand jou by die werk rondstamp en skouer, wat gaan jy doen?

Gert Nel ·

Daar sal niks gese word van die uiterste provokasie wat die onderwyseres wat ook n mens is daartoe beweeg het.

E.K. die eerste ·

OOK op eNuus gesien dat terwyl hul kameramense afgeneem het ‘n groep SWART leerlinge met plakkate na die hek gekom en daar het duidelik in hoofletters gestaan this in not a racism thing – kan nie presiese ebwoording onthou maar dis duidelik dat hulle aan die onnei se kant is. Die beeldmateriaal is ook nog nie eenkeer weer gewys nie, mens wonder hoekom

Flintstone ·

Ontwrigting van afrikaanse skole is al wat op die agenda is.In Johannesburg is n griekse skool met bykans 200 onderwyseresse,geen probleem,in Bronkhorstspruit is n chinese skool,geen probleem,duitse skole,italiaanse skole,joodse skole,geen probleem,net by afrikaanse skole word die ontwrigting veroorsaak en word die skole geforseer om ander tale as hul moedertaal te besig,waarom bou hulle nie hul eie skole en besig hulle eie tale nie?

Jammer ·

Daardie onderwyseres het haar werk en inkomste verloor. Waarskynlik het sy ‘n gesin en kinders.

Ek kry onderwysers jammer dat hulle daagliks hulle eie menswaardigheid moet sluk en verneder word terwyl hulle steeds probeer om iets in die klas te laat gebeur wat tot ‘leer’ van vakinhoud kan lei. Die kind se gesindhed is: Jy is die onderwyser. Dis jou plig om my te laat slaag. Ek sal grappe maak en die klas gebruik as my ruimte om volwassenes te boelie.

Dit gebeur nie in alle skole nie. Maar beslis in die meerderheid skole.

Yvonne ·

Ek het ook die video gesien . Daardie arme Juffrou is so uitgelok deur die dogter . Sy het haar meer as eenkeer beveel om die klas te verlaat voor dit situasie handuit geruk het. Ek neem haar glad nie kwalik dat sy daardie kind geklap het nie. Daar is ‘n hengse gebrek of geen dissipline in skole nie. Indien die juffrou haar werk verloor sal dit ‘n baie hartseer dag wees.

Stella ·

Ek haal my hoed af vir die hoërskool onderwysers.hulle moet nog van die kinders maniere leer.skoolreëls in die skoolboek van selfone,wat nie gebruik word in klastyd nie.n Mens sal kwaad word vir kinders wat nie wil luister nie.sterkte vir die juffrou.Kinders wat nie skool reëls nakom nie,en ook nie huiswerk wil doen nie.moet maar by die huis bly.Ai,dit gaan rof in die skole.

Danie Swanepoel ·

Dit is die gevolge van spaar die roede, onnies mag nie meer straf nie en bloedjies is arrogant want hulle weet dit. Kan julle julle voorstel hoe die kinders eendag deur die werks lewe gedisiplineer gaan word?

Mariana ·

Het video gesien, kind het onderwysers vertoorn. Maar daar is soos gewoonlik meer agter die storie en weereens word net ‘n gedeelte gewys wat die onderwyser in slegte lig stel. Kinders tree vandag op soos ongevoede lummels en onderwysers kry swaar onder hulle en dit vat net een so kind on moeilikheid te veroorsaak. Ouers wat sê kinders so optree moet self ondersoek instel , daar is iewers ‘n probleem. Ek is bly dat ek nie onderwyser is nie, sou myself lankal te buite gegaan het met die kinders. Sy moes nie geklap het nie, maar kyk darem ook na haar Kant van die saak.

Amanda ·

Jul wat so teen die juffrou is, kom staan jul vir 1 dag voor in ñ klas met kinders wat geen respek het vir enigiemand nie, nie eers vir hulself, dan praat ons weer. Jy word so uitgelok dat jy jouself nie kan beheer en dis dan dat sulke goed gebeur. Dis omdat daar niks meer aan kinders gedoen mag word nie en dat kinders geen opvoeding meer kry nie, hul word mos in glas kasse gesit, hul doen mos niks verkeerd in ouers se oë. Miskien moet ouers bietjie na hulself begin kyk en begin besef waar die eintlike fout lê, nie by onderwysers nie maar by die huise.

Stella ·

Die waarheid is.Dat die volle video wys,dat sy die juffrou uitgedaag het,dat die juffrou kwaad geword het.Sy wou nie haar samewerking gee in haar klas nie.dis hoekom die juffrou kwaad geword het.Van die ouers leer hulle kinders nie maniere nie.Ai,ek haal my hoed af vir die hoërskool onderwysers.Dat dit nou al so gaan in die skole.Want daar is geen dissipline nie.

mamma ·

Ons word almal kwaad maar moet onsself beheer. Hoe gaan dit lyk as almal mekaar te lyf gaan as hulle kwaad word?

PC ·

Wat doen Wes Kaap onderwysdepartement en unies om onderwyser te help. Ek stem saam die klap is dalk bietjie erg maar wie bemagtig onderwysers teen sulke ongeskikte leerders. Weer is die selfoon die oorsaak van die probleem. Voor ons na ras en onderwysers vinger wys moet ons opstaan teen swak dissipline. Almal, ingesluit die Wes Kaap Onderwysdepartement, weet van die probleem maar daar is geen werklike hulp vir die onderwyser in die klas.

JohanL ·

Wil MM nie asb PC se kommentaar in ‘n hoofberig plaas en aan elke Onderwys Departement in die land stuur nie? Asseblief, asseblief. Dit is die kern van die probleem.

Stella ·

Ek stem saam met Flintstone en Amanda.My eie dogter het al vir my kom sê,hoe praat sekere kinders met die onderwysers in die klas.

pit ·

Gooi die onderwyseres uit die klaskamer uit.Gee vir die kind n groot persent,,,,shame

Jozi ·

Ek voel vir die onderwyseres.
Dis duidelik nie ‘n geval van onskuldige leerder wat uit die bloute geklap word nie.
Mense besef nie waaraan onderwysers op ‘n daaglikse basis blootgestel word nie.
Ons kan nie veralgemeen nie maar daar is leerders wat skool toe gaan om te leer, en dan is daar die ander klomp wat om ander redes gaan :
1. Boelie al wat ‘n onderwyser en/of mede leerder is;
2. Ontwrig die klasse so ver as wat hulle gaan;
3. Hou die selfoon reg vir wanneer die paw-paw die fêntjie slaan en plak die “rasse-etiket” daarop.
Ons almal weet dit gaan nie oor ras nie.
Hulle is op ‘n ongenaakbare missie om sekere onderwysers uit die skole te verwyder net soos wat die boere op hul plase uitgemoor word.
Alles deel van hul strategie.

RG ·

Wat n vrotspul. Die onderwyser is volgens my ook nie van die beste gehalte as mens luister na hoe sy die leerders aanspreek nie. Standaarde in SA tuimel darem nou lelik in die afgrond in.

Onnie-se-kind ·

Die kind se Ma was by die Polisiekantoor, kan duidelik sien watse soort mens die Ma is en hoekom die kind n probleem is!!

Papa G ·

Weet julle hoe dit voel om ELKE DAG vir persone van 18 jaar en ouer te sê: Sit op jou stoel, bêre jou selfoon, hou asseblief op met praat, haal asseblief jou boekie uit, doen asseblief die sommetjies. Daarna moet jy seker maak dat al 35 op hulle stoeltjies sit, hulle boekies uithaal en hulle sommetjies doen. Hulle wil nie leer nie, hulle wil snert praat. Hulle maak geluide as jy wegkyk, laat verstikkende winde en doen so min as moontlik. Intussen is hulle oud genoeg om self kinders te kan hê…

Popsa ·

Juis. Sommige hét ook kinders en hulle word boonop betaal om hulle te hê. Dis waarom hulle in die klas net nooit kán stilbly nie! Maar die onderwyser moet klasgee…skitter…verantwoordelik wees…hou by beplanning…berge nasien…sorg dat almal slaag…te alle tye respek en selfbeheersing betoon…al doen wié ook wát in die klas…oor en oor en oor en oor…. Ja, Suid-Afrika.

Emma ·

Kyk as my kind kom kla het het ek hom nog n loesing gegee. Hoe word die kinders deesdae opgevoed die ma kies altyd haar kind se kant ek sal julle nou wys manier. Die juffrou het my ondersteuning.

bollie ·

Na sy die kind geklap het, gaan sy voort om die kind te stamp. So, waar die klap as gevolg van onmiddellike provokasie gesien kan word, is haar verdere optrede ‘n probleem. Moeilikheid vir die juffie dink ek.

Gert ·

Wat soek fone in klas. Lekker set up. Skors daai kind en klap haar ouers. Geen respek of maniere

Danie ·

Hoekom het kinders nie maniere NIE antwoord is maklik want van die OUERS het te SLAPGAT geraak vandag kry mens mos maar gehoorsame ouers en nie kinders nie…..Begin alles by die opvoeding van kinders by die huis. En ja ekt in 2000 gematrikuleer en jy kon kies detensie of lyfstraf en dit was nie ń moeilike keuse gewees nie LYFSTRAF was my keuse…

Jeremia ·

Gebrek aan dissipline en respek is die afgelope jare die ondergang van die land.
Juis daarom het skoolhou onmoontlike taak geword.
Ouers weet klaarblyklik nie meer wat opvoed beteken nie en versuim liederlik om dit TUIS te doen.

PJC ·

Die beeldmateriaal wat op tv vertoon is toon duidelik dat die leerling die onderwyser leterlik bespring en haar stamp waarna die onderwyser haar ń lekker stewige oorveeg gee.

Penelope ·

Ek is so bly dat daar behoorlik ondersoek ingestel gaan word. Dis hoogty dat Dissipline teruggebring word skooltoe, want die onderwysers se hande is afgekap soos dit nou gaan. Ek sê nie gee lyfstraf nie, maar bring puntestelsel in en straf of skors die moeilikheid makers. Sommige ouers moet hul kinders beter opvoed en saamwerk met die onderwysers sodat hul goeie onderrig kan gee. Onthou net, julle wat die arme bloeitjies so beskerm en opmaak teen onderwysers, “you are creating a monster”. Wat gaan van jou kind word in die grootmenswereld? Ek dank die Here dat daar leerlinge is wat besef wat die opstokers in die land probeer doen. Dankie dat julle bereid is om saam te staan vir reg en verkeerd. Alles hoef nie die rassisme stempel te kry nie…. Kom ons roei die onkruid uit.

Gys ·

Kan n onderwyser wat by n privaat CVO skool is, dalk vir ons vertel hoe dit daar gaan? Ek is bereid om my linkerduim op n blok te sit dat die skole in Orania bitter min indien enige dissipline probleme ervaar.

Blits ·

Wat daar gebeur het is wat deesdae in baie huishoudings ook gebeur, ek praat uit ondervinding, van die dag dat hulle gese het dat kinder ook regte het is die ouers se hande ook vas gebind, die kinders van vandag gee nie meer om oor repek nie, hulle glo dat hulle die REG het om mense soos gemors te behandel omdat hulle nou regte het, daar is reguit vir my gese dat ass ek waag om my hand te lig om haar n pak te gee sal sy dadelik polisie toe gaan want ek as ouer het nie die reg om haar pak te gee nie, sy maak n mens se lewe hel, as ek ha wil staf soos om ha foon weg te vat dan probeer sy in die nag weg te loop, nou die nuutste is sy wil tot selfmoord pleeg, in ons jare het ek lekker pak gekry en gereeld, maar ek is nie dood nie my n baie beter mens gemaak, maar nou ja, dis hoekom kinders so laag daal want ons as ouers mag nie meer waag om hulle n pakslae te gee nie dan sit jy in die tronk.

Al ·

Onderwysers vaardighede aanleer om ongedissiplineerde kinders te hanteer? Belaglik!
My oplossing is dat die leerling ñ verbale waarskuwing kry, dan ñ geskrewe en finale waarskuwing – en dan geskors word.
Die kinders sal vinnig leer dan van die grootmenswêreld.
Dalk het die kind se ouers haar opgesteek om uittartend op te tree teen wit onnie.

Lyfstraf ·

Bring lyfstraf terug, dit het kinders maniere geleer, dit het jou geleer om jou onderwyser met die nodige respek te behandel, 6 van die bestes het nog nooit niemand dood gemaak nie, net ‘n beter persoon van jou gemaak. Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was, vandag se kinders weet nie wat goeie maniere is nie. Hulle het geen dissipline nie. Selfone hoort ook nie in ‘n klas kamer nie, wie het hierdie video clip gemaak, nog ‘n slim kind met geen maniere nie. VERWYDER SELFONE VANAF SKOOLGRONDE, los dit by die huis! Is dit so mode dat elke kind ‘n slim selfoon moet hê? Skool was nog skool toe ons skool gegaan het. Hoekom moes tye so verander het? Bring die goeie ou dae tog asseblief net terug, waar kinders nog kinders kan wees, en respek toon vir ouer persone.

Melanie ·

As die arme onnie gedink haar optrede ongesiens sou verbygaan, maak sy ‘n groot fout. Dankie vader ek is nie ‘n onnie in hierdie land nie. Hulle sou my lankal toegesluit het!

HESTER NEL ·

Ek kry die onderwyseres bitter jammer ek dink sy het opgetree uit moedeloosheid. My skoondogter is ‘n onderwyseres, en ja ek verstaan waarom die juffrou kop verloor het.
Is tyd dat lyfstraf terug gebring word in die Skole. Ek het in my skoolloopbaan ook pak gekry wanneer nodig, dit het my net geleer om respek te he vir die persoon voor in die klas en vir jouself en dan ook die medeleerlinge saam jou in die klas.

Sterkte vir die juffrou. Dink sy het ook berading nodig nie net die kind nie.

Johann ·

Die regte storie hier is dat die ongeskikte kind, die juffrou gevloek, uitgeskel het en die juffrou aangerand het, voordat die juffrou haar geklap het. Hier het natuurlike instinkte ingeskop en dit is hoekom die juffrou haar geklap het. Ongelukkig vir die juffrou, gaan die kind ‘n klap op die hand kry, BLFL gaan haar uitmaak as ‘n hero en die arme onderwyser sit sonder werk. Ek stel voor stuur die juffrou na die olimpiese spele, gee haar ‘n medalje en kla die kind se ouers aan vir die onreg wat hulle aan die juffrou gedoen het en hoe hulle, hul kind groot gemaak het. Onderwysers is slaan sake vir kinders wat nie gehoorsaam is nie en jy kan alles voor die department van onderwys en die regering plaas, nie aan enige politieke party nie, want all die politieke partye is net so skuldig soos daardie kind en haar ouers!!!

JohanL ·

Ek mag by die wek nie my selfoon in ‘n vergadering invat nie. Doen dieselfde by skole.

By elke klas moet die kind sy selfoon inhandig en hy kan na die klas sy foon terugkry. Hy het die foon nie nodig tydens klas nie – punt oor en uit. Hy kan tussen periodes en pouses maar speel en karring en verslaaf raak. Maar tydens ‘n les moet hy aandag gee aan die onderwyser.

emily ·

Dis net so snaaks dat die selfone so beskikbaar is om videos te neem, Hoort dit nie in hulle tasse nie.
Kind was natuurlik gedare om onnie te tart want maats wil video maak.
Regtig, Daar is geen respek vir onnies nie. Kinders kan doen wat hulle wil, dis hoekom helfte van hulle is, soos hulle is.
Bring terug die slae.

Derick ·

Onthou wat reg was is nou verkeerd, en wat verkeerd was is nou reg.
Dit is hoekom SA teen n tempo grond toe gaan.
Daar is geen dissipline in die land nie.

LK ·

Vandag se kinders maak en breek nes hul wil en die onderwysers moet net tevrede wees. My ma het my sommer deur my mond geklap as ek ongeskik was, en boeta ek het dit nooi weer gedoen nie. Kinders van vandag het geen respek nie, geen disipline nie en geen omgee vir ‘n ander nie. Ek is ‘n oldschool ma, en ek kry orals komplimente oor my seuns. Daardie pakslae was nodig ek het vandag respek vir my mede mens. Dankie ma vir die pakslae en ook vir die onnies sin. Ek is dankbaar dat ek nie ‘n onderwyser is nie. Ek haal my hoed vir julle af want party ouers kan nie self vir hul kinders respek leer nie dan word dit julle probleem. Ek sou lankal in die tronk gesit het as ek met vandag se kinders moes sukkel. Sterkte vir julle

Skroef ·

Wat die slim lur nou eintlik sê is dat onderwysers nie lyfstrag mag uitdeel nie, maar hulle mag dit ontvang?

ME ·

Ek lees hierdie en my hart word seer. Vir die eenvoudige rede dat mense nie respek het vir mekaar nie. Hoe kan dit wees dat daar op mekaar geskree word, en aan mekaar geklap word in ‘n klaskamer, ongeag wie dit begin of eindig. My binneste voel in opstand teenoor die weë van die wêreld. My hart is seer vir onderwysers wat sleg behandel word, en eintlik magteloos is. My hart is seer oor kinders wat of swaarkry by die huis en nie weet hoe om hulleself te handhaaf daar buite nie, of so bederf word dat hulle nie omgee vir ander nie. Mag daar genade oor ons almal wees…..

Elmer Swanepoel ·

Meneer, hy het my eerste teruggeslaan!
Ek het in 1953 in my matriekjaar ‘n pak slae by die skoolhoof gekry, saam met my vriend, die hoofseun (later ‘n Springbok kaptein).

Blommie ·

Dis belaglik man!
Geen respek meer in skole nie.
Daar is soveel kinders wat geen idee het wat respek beteken nie.
Maar ek wil vandag se, dankie vir die ouers wat nog opvoeding en respek ernstig vat.
En mens kan dit sommer sien hoe daai kind dit uitstraal.

My Jinne! ·

Behalwe dat kinders geen respek meer vir enige volwassene het nie, moet ons ook sosiale media blameer. Die video’s word gemaak en op Youtube gesit om te kyk hoe gou dit “viral” kan gaan. Nie een van daardie kinders dink vir een oomblik aan die gevolge van hulle optrede nie. Die uiteinde is dat alle klaskamers in alle skole een van die dae met sekerheids kameras toegerus sal moet word sodat elke oomblik van elke dag op band geneem kan word. Die maklikste manier natuurlik om van ‘n “ongewenste” onderwyser ontslae te raak is om so situasie te stage.

Heleen ·

Dis juis omdat die regering dit goed gedink het om lyf straf weg te neem in skole dat dit vandag gaan soos dit gaan. Bring lyfstraf terug soos dit was in die “ou” dae dan sal daar ‘n verandering wees.

OnderDpt ·

Dit maak glad nie saak wat gebeur het tot die oomlik van klap nie, jy as onderwyseres behoort van beter te weet (eks self n onnie, ek weet hoe moeilik dit is en kan word) maar jy kan nie dit doen nie, veral nie in vandag se tyd waar die fone alles afneem nie, jy het geen reg om n kind te klap nie, maak nie saak hoe stout, arrogant of watokal nie, jys die adult. Jammer om te se, jy was verkeerd, alhoewel ons almal agter jou staan.

Willie ·

N Kind sal my nie aanrand nie, jammer. As jy jou soos n grootmens wil optree, vat jou pak soos n grootmens… Dissipline begin tuis! Kinders met sulke gedrags patrone word gewoonlik tuis geboelie…

Hanlie ·

Ek verstaan nie lekker nie…..die onderonsie het gegaan oor ‘n selfoon – so ek neem aan dit was omdat sy (die kind) besig was op haar selfoon en moontlik nie aandag gegee het nie. Wat ek nie verstaan nie – as die kinders nie selfone in die klas mag he nie hoe het die ander kinders in die klas dan die video geneem?
Obviously word die reels nie deur enige kind gevolg wat betref die gebruik van selfoon in die klas nie.

Antoon ·

Dis hoekom ek jare terug besluit het om die onderwys vaarwel te roep. Probeer selfone in die skool verbied dan is die ouers op jou en dis menseregte en al die dinge – en ja, ek verstaan ook die belangrikheid van selfone in vandag se tyd. Daarom sê meeste skole se reëls dat leerders nie selfone in die klas of tydens skoolure mag gebruik nie MAAR ken jy kinders? En probeer die selfoon afneem – dan is jy persoonlik verantwoordelik as iets met daardie foon gebeur of jy kry weer die menseregte ding of wederregtelike neem van eiendom. Strafpunte of detensie – hul lag vir jou (en van die ouers lag saam). Deesdae is dit ook nie meer dissiplineer nie, dis nou korrektiewe gedragsprogramme… Ai

T ·

Glo my as ek hoor wat in die skole aangaan en hoe die kinders die onderwysers tart dan haal ek my hoed af vir hulle vir hulle geduld want regtig .. geen disipline nie .. hulle tart die onderwysers uit … geen geen respek nie net mooi niks

“Just like how your generation live today
No prayers
No compassion
No honor
No respect
No character
No shame
No modesty”

Johan ·

Nou ek wil weet wie het die video af geneem.Het die juffrou nie die selfoon gesien nie of hoe?

Skolla ·

Nee mense goeiste mens kan dit mos nou nie goedpraat dat n onderwyser n kind deur die gesig klap nie? Ek gee nie om wat die kind ookal gemaak het nie. Disipline beteken ook selfbeheersing en om jou emosies onder bedwang te bring.

Die voorbeeld wat die onnie stel is dat die oplossing is as jy met iemand verskil is om die persoon deur die gesig te klap.

Geweld is nooit n oplossing nie. Ongelukkig is dit by die Afrikaner ingevoeter dat geweld die oplossing vir alles is.

Jannie ·

Skolla dis jou storie, as ń kind aandag soek gee dit vir hom.
ń Goeie pakslae verrig wondere en dwing respek af vra my dit werk ek het so grootgeword en dit het gewerk.

Flamingo ·

In my opinie ongeag ras, koggel leerders onderwysers en kyk hoe ver leerders onderwysers kan druk.kinders weet tog die reëls van fone.hoe moet onderwysers disipline probeer leer as die kind nie respek het.hulle is tog ons leiers van môre of hoe?

Sarel ·

Onderwysers, leer asb hier uit.Indien een weer besluit om n kind fisies te disiplineer, moet hom/haar nie net n klap gee nie, doen dit behoorlik. Eerstens maak n enkel klap die kind net nukkerig, tweedens gaan jy jou werk verloor of ernstig gstraf word, so doen dit behoorlik.
Die dryf na ongedisiplineerde mense is maar die humanistiese sienning van vandag wat ons nog gaan vernietig. Geen gaos kan floreer binne n geordende samelewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.