Ondersoek ná pedofiel se dood in polisiesel

Brian Shofer. Foto: Facebook

Brian Shofer. Foto: Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek steeds die omstandighede rondom Brian Shofer (58) se selfmoord in die Lentegeur-polisiestasie in Kaapstad.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media gesê Shofer het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van verkragting. Hy is ná sy verskyning teruggeneem na die polisiestasie.

“Omstreeks 13:00 het ʼn polisiebeampte op Shofer afgekom waar hy in sy sel hang. Hy het ʼn kombers geskeur en homself daarmee opgehang,” het Raburabu gesê. Hy het gesê ʼn volledige ondersoek na die omstandighede rondom Shofer se dood sal gedoen word.

Shofer is in die 1990’s skuldig bevind vir die seksuele aanranding van minderjarige seuns. Hy is later op parool vrygelaat, maar is weer op soortgelyke aanklagte skuldig bevind nadat hy ʼn jeugsentrum in Hanoverpark begin het. In 2010 is hy weer op parool vrygelaat.

Hy was onlangs weer in die nuus nadat hy advertensies op die advertensiewebwerf Gumtree geplaas het waarin hy ekstra klasse vir leerders tussen gr. 2 en 11 aanbied in enige “probleemvakke”. Volgens mediaberigte is klagtes oor die advertensies by die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling ingedien en was die departement besig om dit te ondersoek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig Shofer is op 25 Julie weer in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Susan ·

Skokkend!! Nie die feit dat hy dood is nie (hy het sekerlik familie wat hieroor hartseer is), maar die feit dat hy aanhoudend op parool vrygelaat is net om weer en weer arme onskuldige kinders te pynig. En dis hoe ons regstelsel die kriminele beskerm en die slagoffers verkoop.

Andrea ·

En uiteindelik kry hy toe wat hom toekom; uit sy eie hand of dalk n helpende hand…moes jare terug al gebeur het, dan was baie kinders en ouers baie ellende gespaar.

Piet ·

Good riddance! Die ou is soos ‘n siekte wat nie wou weg nie.

Henk ·

Goed, kan een regdenkende mens dan nou aan my verduidelik HOE word ‘n pedofiel vir ‘n tweede keer tussen ons land se kinders op parool vrygelaat as hy na die eerste keer bewys het dat hy NIE gerehabiliteer kan word nie?

Pendoring ·

Hy het darem die ruggraat gehad om die regte ding te doen.

Maria van Dieweeck ·

Ek het gehoor pedofiele word uitgesonder in tronke? Die Bybel se as iets jou verhoed om reg te doen moet jy dit uitgrou of afkap. Niemand kan hul rehabiliteer

Theresa ·

Kan glad nie verstaan hoe so ‘n persoon enigsins kon vrylik aansoek doen en/of adverteer om enige iets ooit weer met jongmense te doen te kon hê nie. Hoe kan dit verklaar word???

lorayne ·

Ek sukkel om hartseer te raak oor Shofer . . . maar my hart gaan wel uit na sy onskuldige slagoffers. Ek glo nie ENIGE gemeenskap sal hom mis nie!

Johnny Cash ·

You can run on for a long time, run on for a long time, sooner or later God will cut you down

Wilma Potgieter ·

Hier by ons loop n psigopaat. Was al aangekla van verkragting elfjarige dogtertjie. Nix van gekom. Gedurig kinders in sy geselskap. Tot verstandelike gestremde kind. Nee wat Maatskaplike Dienste en polisie vas ani slaap

snoefie ·

julle mis die punt hier. vandag n onrehabiliteerbare pedofiel, more jou vrou of jou broer of jou kind. wat gaan julle dan se? het enige van julle grootbekke al n kombers probeer skeur?

Tina du Toit ·

@Wicus, stem 100% saam met jou. Hy moes lankal van die aardbol af verdwyn het. Hoeveel kinders moes nou nie weer seer kry nie. Ek hoop iemand het hom ook sy eie medisyne gegee voor hy die regte besluit geneem het. Geen simpatie vir die vent nie, voel net baie jammer vir daai kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.