Ondersoek na Phiyega begin amptelik

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega Foto: Werner Beukes/SAPA

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega Foto: Werner Beukes/SAPA

Die presidensiële kommissie van ondersoek wat Riah Phiyega, geskorste polisiehoof, se bevoegdheid sal vasstel, het Maandag amptelik in werking getree met die aanstelling van die kommissie se sekretaresse.

Pres. Jacob Zuma se kantoor het in ʼn verklaring gesê dat advokaat Liza Tsatsi as die kommissie se sekretaresse aangewys is. Bongani Majola, Zuma se woordvoerder, het alle verdere navrae oor die werking van die kommissie na Tsatsi verwys.

Zuma het die kommissie van ondersoek in September op die been gebring op aanbeveling van die Farlam kommissie van ondersoek, wat die Marikana-sterftes ondersoek het. Die Farlam-kommissie se verslag het aangedui dat Phiyega die grootste deel van die blaam moet dra vir operasionele flaters wat uiteindelik tot die dood van 34 mynwerkers gelei het.

Zuma het die nasionale polisiehoof in Oktober geskors hangende die bevinding van die ondersoek.

Die kommissie moet onder meer ondersoek of Phiyega, in samewerking met ander lede in die SAPD se leierskapstruktuur, die kommissie “mislei” het deur die feit te verberg dat hulle die taktiese operasie gedurende ʼn bestuursvergadering goedgekeur het ʼn dag voor die skietery. Die raad sal ook ondersoek of Phiyega, toe sy besluit het om die taktiese roete te volg, die “tragiese en katastrofiese gevolge” kon voorsien.

Die president het ook die kommissie gevra om ondersoek in te stel of die verslag aan Zuma en ʼn mediaverklaring wat op 17 Augustus uitgereik is moontlik opsetlik aangepas is om die feit dat daar twee skietvoorvalle was, weg te steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DAAN ·

Sy kry seker haar volle salaris hangende die ondersoek. Die regering se mense werk lekker, bly lekker, eet lekker en slaap lekker en bly lekker. Hulle kom gewoonlik niks oor na so ‘n wilde ” ondersoek ” nie.

Grassie ·

Daan – jy het die “steel lekker” gedeelte uitgelaat.

Weskaper ·

Natuurlik kry sy volle salaris en op die einde nog ‘n goue handdruk ook, en dan later net weer ‘n hoe pos.

GES ·

Sy gaan miskien die toets dop maar gaan verseker ‘n hertoets kry wat haar sal “bekwaam” vir ‘n grootter gemors. Dit is mos cANCer se transformasie stategie.

alida ·

Wat se “ondersoek” Zuma het van dag een af geweet sy is onbevoeg maar het haar steeds aangestel. Siek spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.