Ondersoek ná polisie glo Nelspruit-sakeman doodskiet

Mervyn Masher. Foto: Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn ondersoek begin nadat ʼn 38-jarige sakeman van Nelspruit, Mpumalanga, Sondag in die vroeë oggendure glo deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.

Mervyn Masher het op ʼn ongelukstoneel afgekom en stilgehou. Volgens Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het daar vermoedelik ʼn argument uitgebreek.

“Daar word verder beweer die man [Masher] het ʼn vuurwapen op polisiebeamptes op die toneel gerig waarna hy deur een van die beamptes doodgeskiet is.”

Lowvelder berig die botsing het naby die Engen-vulstasie in Madibaweg plaasgevind. ʼn Motorfietsryer wat die Sunriders MCC Rally by die Mbombela-stadion bygewoon het, was glo ook in die botsing betrokke waarna ander motorfietsryers stilgehou het.

Masher se familie het in ʼn verklaring wat aan News24 verskaf is gesê Masher en sy vrou was op pad huis toe toe hulle op die ongelukstoneel afgekom en stilgehou het.

Volgens die familie was Masher ʼn opgeleide paramedikus en wou hy hulp verleen, maar motorfietsryers op die toneel wou glo nie dat hy mense wat in die botsing beseer is, help nie. Die familie beweer ook dat Masher, ʼn pa van drie, nooit ʼn vuurwapen uitgepluk het nie maar dat hy wel ʼn vuurwapen onder sy klere aan sy lyf gehad het.

Dlamini het gesê ondersoekers van Opod was Sondag op die toneel en dat ʼn nadoodse ondersoek Maandag gedoen is.

“Die waarheid van die bewerings sal deur ondersoek vasgestel word. Die ondersoek gaan voort en niemand is al in hegtenis geneem nie,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaco ·

My innigste simpatie aan die familie, mag geregtigheid skiet

Karen ·

Innige Simpatie met familie alhoewel Dit klink baie deurmekaar so in die vroeè offend ure…..maroela doen tog bietjie moeite en volg die storie op en hou lesers op hoogte asb. …

willem botha ·

Sterkte aan die familie,ek hoop geregtigheid sal seëvier ek het my opinie maar ken nie al die feite nie.

Mariette ·

Volgens ander nuus het hy n speel geweer uitgehaal… En polisi het gedink dis n regte geweer

Andreas ·

Jy’s reg, ek woon nie ver van die plek waar dit gebeur het nie, maar as iemand deesdae met ‘n speelgeweer rondloop, moet jy maar vat na wat na joukant toe kom.

Magaretha van heerden ·

Iets klink nie reg nie. n Paramedikus wat hulp wou verleen en wat nie geskiet het nie. Hulle sal goed ondersoek moet instel oor wat regtig gebeur het.

Wielspore ·

Die vermoede is dat hy aangesien is as een van die moeilikheid makers, die kastige rig van ‘n wapen is ‘n duimsuig storie, iemand probeer homself beskerm.

Wielspore ·

Hierdie is ‘n tragedie wat voorkom kon word, dit is die gevolge van ‘n motorfiets saamtrek waar van die “bikers” buite die wet optree. Die wetteloosheid het al Vrydag begin met “manne” wat in Nelspruit rondry en in winkelsentrums se parkeer areas die rook uit die motorfietse rev, ek hoor my ego weerklank. Ek hoop toekomstige saamtrekke in Nelspruit word verban.
Nou is daar kinders sonder ‘n pa en ‘n vrou sonder ‘n man.

Dries du Toit ·

Nelspruit was in die ou dae n pragtige rustige afrikaner gemeenskap met min misdaad . Nou is dit Mbombela

Franco ·

Ek stem 100% saam. Ons het ‘n gastehuis in Nelspruit en het een nagmerrie naweek agter die rug. Ek sluit my besigheid vir die tydperk van die rally volgende jaar en gaan weg.

Koeksuster ·

Die familie het n verklaring uitgereik en ek dink mense moet dit lees. As MM die verklaring het en met die familie gepraat het hoekom berig hulle nie oor dit nie. Volgens die familie was hy en sy vrou oppad in Nelspruit toe waar hulle verby die ongeluks toneel gery het. Mervyn is n paramedic en het soos dit van hom verwag word gestop en hulp aangebied. Hy het gevra van die ander medics vir handskoene. IPID ondersoek die saak en het tydens die ondersoek fotos geneem waar Mervyn se wapen nog steeds in sy holster was onder sy pajamas. Die polisie man wat hom geskiet het het hom execution style close range geskiet. Dit is inligting uit die verklaring wat die familie bekend gestel het en nie my eie weergawe nie. Soek gerus op FB na Justice for Mervyn en sien die verklaring self.

#JusticeForMervyn

Siener ·

@Koeksuster ek stem 100% saam. Iemand wat by ‘n ongeluks toneel stop en sy noodhulp dienste aanbied om iemand in nood te help sal beslis nie sy wapen gebruik om ‘n polisieman te probeer skiet nie. Iets maak nie sin hier nie. Die polisie probeer iets toesmeer of wegsteek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.