Ondersoek ná polisie glo skiet, skokgranate afvuur

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek glo ʼn voorval toe lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid Dinsdag buite sakeondernemings in Stilfontein, Noordwes, na bewering lede van die publiek gedwing het om op die grond te lê terwyl hulle skote afgevuur, skokgranate gegooi en private eiendom beskadig het.

André van Eeden, eienaar van ʼn skrootmetaalsaak in die gebied, het aan Maroela Media gesê dat sy skoonma omstreeks 16:15 alleen in die ontvangsarea by die onderneming was toe ʼn bussie buite stilhou en ses polisiebeamptes uitgespring het. Die beamptes het glo vuurwapens gehad en was in vol polisieuniform geklee.

“Hulle het die kliënte wat buite die kantoor gestaan het gedwing om op die grond te lê en het net sommer sonder enige rede skote afgevuur. Daarna het hulle ʼn skokgranaat in die werf gegooi en nog een in ʼn snoepwinkel langs sy onderneming,” het Van Eeden gesê.

Hy het gesê sy skoonma het hom onmiddellik gebel om te sê dat hy vinnig na die perseel toe moet kom. Die beamptes het kort daarna die ontvangsarea binnegestorm en die ontvangsdame beveel om die kantoor oop te sluit. “Sy het geweier, want ek het al baie vir haar gesê dat sy nooit die kantoor moet oopsluit as ek nie daar is nie, omdat ons met geld werk,” het hy gesê.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Volgens Van Eeden het die beamptes nog ʼn skokgranaat in die ontvangsarea gegooi voordat hulle die kantoordeur oopgebreek het. “Presies op daardie oomblik het ek en twee polisiebeamptes wat ek saam met my gebring het daar stilgehou. Die klomp van die taktiese reaksie-eenheid het vinnig met die beamptes buite die gebou gesels voordat hulle weer in hul bussie geklim en weggery het. Die polisiebeamptes het net daar gestaan, hulle het nie geweet wat om te doen nie,” het Van Eeden gesê.

Volgens hom het die groep polisiebeamptes nie net sy kantoordeur gebreek nie, maar ook kameras wat gebruik word om foto’s te neem van die skrootmetaal wat by die werf afgelewer word. Dit het glo ure gevat vir die rook van die skokgranate om uit die ontvangsarea en kantoor te verdwyn en al die omstanders was baie geskok deur wat gebeur het, het Van Eeden gesê.

“Ek weet glad nie wat hulle daar kom doen het nie. Hulle het hulself nooit in enige stadium geïdentifiseer of verklaar wat die rede vir hul besoek was nie. Toe almal net weer sien word daar skote afgevuur,” het hy gesê. “Dit is onaanvaarbaar. ʼn Polisiebeampte mag nie sommer net skote afvuur as daar nie ʼn baie goeie rede daarvoor is nie. Nugter weet hoekom hulle die skokgranate moes gooi. Ek sal dit beslis nie hier laat nie.”

Van Eeden het intussen ʼn saak by die Stilfontein-polisiestasie in dié verband aanhangig gemaak. Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat hy bewus is van die voorval, maar dat dit deur Opod hanteer word.

Robbie Raburabu, Opod-woordvoerder, het bevestig dat die saak ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

louis ·

Korrupte polisie??? Samewerking…. dalk n beplande roof wat skeefgeloop het wat n disaster. Onsinnigheid in ergste graad en trigger happy on opgeleide mag! Wat n grap!

KarooKlong ·

Ek gaan net sê hello almal want my kommentaar op hierdie berig sal verseker verwyder word.

Takkie Takuuza ·

Ja kyk, ek weet ook nie meer wat om te skryf nie, dit wonder sommer net so verwyder. Lagwekkend eintlik.

maritz ·

Jy hoef nooit wee te werk hierna . Sit eeeeen groot eis in teen hulle .

GES ·

Maritz, die probleem is egter, al slaag jou eis, hierdie versteurde beamptes word nooit tot verantwoording geroep nie. Aan die einde van die dag word die eis met belastinggeld betaal.

Brie-brie ·

Hier is ‘n slang in die gras. Dis ‘n roof wat skeef geloop het.

Hannie ·

Wragtig so leef ons nou in die era van die Wilde Weste! Wat volgende?

Jos ·

Soos die beriggewing beskryf t.o.v. gebeure wil ek saam met Brie-brie stem. Gebeuere is in die styl van ‘n roof en hulle het geweet waar die geld is en hulle het balaclavas aangehad en mense op die grond laat lê sonder identifikasie. Die bekommernis as dit roof was, is waar kry hulle die polisie unieforms, skokgranate en polisiewapens? Êrens is die polisie dus ook betrokke al is dit die verskaffing van genoemde produkte.

Jos ·

Soos die beriggewing beskryf t.o.v. gebeure wil ek saam met Brie-brie stem. Gebeuere is in die styl van ‘n roof en hulle het geweet waar die geld is en hulle het balaclavas aangehad en mense op die grond laat lê sonder identifikasie. Die bekommernis as dit roof was, is waar kry hulle die polisie unieforms, skokgranate en polisiewapens? Êrens is die polisie dus ook betrokke al is dit die verskaffing van genoemde produkte. Ekskuus, het vergeet van die kameras wat buite aksie gestel word (yslike groot foto).

Jos ·

Ekskuus, het vergeet van die kameras wat buite aksie gestel word (yslike groot foto).

Johann ·

Jammer my maat…maar jys deel van statistiek. Alles van die beste om oor die trauma te kom…want al sou die “polisie” …die “polosie” vang…gaan hulle waarskynlik op langverlof geplaas word om verder te roof.

Ouman ·

Dan wonder hulle nog hoekom mense alle vertroue in SAPS verloor het. Sal my glad nie skok as dit wel lede van polisie was en nie rowers met uniforms aan nie. Dit klink asof die ander SAPS lede wat op toneel aangekom het wel geweet het dat dit hulle kollegas was wat amok gemaak het. Die ondersoek sal heel moontlik’n stille dood sterf.

Andrea ·

Wat n nagmerrieland om in te leef! Wonder of Orania nog inwoners soek…

Oom Kalahari ·

Hierdie was ‘n beplande rooftog en glo ook dalk ‘n binne werkie (in-side job), waar van die werkers vir hul vriende vertel het van geld op die perseel en waar dit gestoor word, daarom die inbraak tot die kamer. Dinge het skeef geloop vir hul en geen benadering oor die doel van besoek is baie verdag.

Frans ·

Mense moes noi die Np kanse gegee heti minder mense sou gesterf het met die wit regeering in beheer ek seke die baas van die Np kruip in die weskaap weg en ni op n. Plaas ni

tw ·

Wat my kop smokkel is,…. waaroor het die gesprek tussen die groep en dit twee polisie beamptes gehandel, en hoekom het die twee beamptes die groep toegelaat om die misdaad toneel te verlaat? … Te veel vrae hier. Maak glad nie sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.