Ondersoek ná polisie KZN-man doodskiet

(Foto: SA Polisie)

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na die afsterwe van Phumlani Sithole (23) van Kwambonambi in KwaZulu-Natal. Opod ondersoek die sterfte as ʼn gevolg van polisie-optrede.

Ndileka Cola, woordvoerder, het gesê Opod het die familie Maandag besoek as deel van die ondersoek. “Die inligting wat ontvang is, is ʼn duidelike teken dat die saak binne die mandaat van die direktoraat val om alle sterftes weens polisie-optrede te ondersoek.”

Polisiebeamptes het Vrydagaand ʼn klopjag uitgevoer toe hulle ʼn gemeenskapsvieringsvenue betree het om die skare te verjaag. “Die oorledene was glo in dieselfde omgewing tot die beamptes skote gevuur het en hy is oorlede.”

Cola het gesê Opod se ondersoek duur voort en die uitslag van die nadoodse ondersoek is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Groot hoed skitter in sy afwesigheid al WEER nee regtig! Waar kruip hy nou weer weg of soek hy nog mense sonder maskers?

Thelsa ·

Wanneer gaan die SAP soos beskaafde mense optree ? Maar aan die ander kant . . . ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.