ʼn Polisievrou van Potchefstroom in Noordwes is in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn vermeende reeksmisdadiger gehelp het om uit aanhouding te ontsnap.
Sers. Riana Keka is tans uit op borgtog van R1 000 en sal op 10 Januarie weer in die Potchefstroom-landdroshof verskyn. Sy staan tereg op aanklagte van korrupsie, afpersing, meineed, regsverydeling en hulpverlening aan ʼn verdagte om uit wettige aanhouding te ontsnap.
Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê Keka is intussen verplaas, maar sy wou nie bekendmaak waarheen nie. “Sy was voorheen in die speurdiens en werk nou nie meer daar nie, maar ek kan haar nie blootstel deur te veel inligting bekend te maak nie aangesien die departementele ondersoek nog aan die gang is,” sê Myburgh.
Op ʼn vraag hoekom Keka nie voorlopig geskors is nie, sê Myburgh die departement het streng dissiplinêre prosesse wat gevolg moet word. Die ondersoek na die saak sal dus eers afgehandel moet word voordat daar op moontlike skorsing of ontslag besluit kan word.
Volgens Myburgh word daar beweer Keka het vir Thabang Moloi (25) gehelp om te ontsnap toe sy hom tussen polisieselle vervoer het. Moloi is intussen weer in hegtenis geneem en het verlede week in die hof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.
Moloi staan reeds tereg op 20 ander ernstige aanklagte, onder meer moord, verkragting, ontvoering en motorkaping. Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.
Myburgh sê die kwessie of daar enige verbintenis tussen Keka en Moloi is, sal deel vorm van die ondersoek.
So sy word nie geskors nie agv die ondersoek wat nie afgehandel is nie ? Maar die ondersoek is in so n gevorderde stadium dat sy gearresteer kan word ? Nou hoe nou .
Is dit die regte persoon op die foto ?
Jip. Dit is die regte persoon
Sy help ‘n misdadiger so sy moet ook verantwoordelik gehou word vir die misdade wat dan gepleeg word. Kan sy nie dink vir haarself nie, onskuldige mense kom iets oor.
Hoe meer pateties kan die SAPS nog word?
Brett jy kan darem wragtag nie die hele saps oor dieselfde kam skeer nie, net soos almal met die naam, sê maar, Brett nie dieselfde is nie..
Nee Brett, hulle kan nie nog slegter word nie – dis onmoontlik.
Dis so verkeerd op soveel verskillende vlakke……ek will graag verstaan hoekom?
Dit is helaas, die ewgte foto. Maar sy was n goeie speurder. Laat ons maar wag om haar kant van sie storie te hoor.
Goeie speurder of nie..hoe kan sy n misdadiger help ontsnap..potch het in n duiwels plek verander..sy moet boet vir haar dade
As dit die waarheis is. Impliseer n wit lid en daar sal vonnisversagting wees. Daarom dat sy ner oorgeplaas en nie geakors is nie.
Sluit haar toe en gooi sleutel weg
Wag eers dat die waarheid uitkom voor daar geoordeel word, daar kan verskeie redes en of moontlike saweswering wees. Hoop waarheid seevier.
Daar moet ñ verbintenis wees…Hoekom sal sy ñ misdadiger help?…
Hy is ‘n harde misdadiger vir moord en die vrou laat hom ontsnap en die polisie hou haar en ons moet haar salaris betaal nee wat kry vir julle sy het reeds die vertrouheids band wat daar moes wees gebreek sy kan nie meer Vertou word nie.
Maroela media? Kan julle asb opvolg wat met Lodie van dyk se saak geword het. Hy was vrydag en vandag in die hof gewees
Is die land nie korrup genoeg soos dit is nie… WIE in die SAP kan mens nog vertrou vandag? Dinge raak net erger in SA. Ek hoop die waarheid kon uit. Daar is ‘n handjie vol wat nog omgee en die land se mense probeer beskerm/wette toepas.
Aha nog n kommissie van ondersoek
Ai wanneer sal die mense verstaan dat daar regstappe is wat eers gevolg moét word voordat iemand geskors, afgedank of skuldig bevind kan word? Dit is of party mense dit net nie in hul koppe kan kry nie.
Ek hoop hulle handel spoedig die papierwerk af en laat haar gaan. Dit kan en mag nie gebeur dat sy ‘n misdadiger laat wegkom het nie.
Oh okay sys verplaas ek nie geweet dit word so gedoen nie…kurrupsie op sy beste
Het een van julle al gedink dat die SAPD soos in baie gevalle weereens iemand onregmatig gearresteer het terwyl daar geen prima facie saak is nie. Die oorgrote kommentare hier het haar klaar skuldig bevind en gevonnis sonder om eers haar kant van die saak te hoor. Juis weens sulke oningeligte opinies moet ons bly wees ons het nie ‘n jurie stelsel nie want die gewone mense wat op hierdie webwef kommentaar lewer sou kandidate gewees het om op so jurie te sit.
Nee Cornelius, ons mense dink nie meer nie. Hulle maak hul eie gevolgtrekkings en veroordeel en vonnis sommer almal voor die voet. Dis ook hulle wat glo die hele polisiemag is sleg en korrup, ons land is die slegste land op aarde en daarom maak hulle ook geen positiewe bydraes om SA ‘n beter plek te maak nie.
Geld maak alles reg wat toegesluit is. Sy het baie vriende orals wat haar weer sal help
Ek ruik ‘n rot, want hoekom sal ‘n VROU ‘n MANLIKE gevangene tussen selle vervoer of beweeg. Daar is dalk meer mense by dié polisiestasie betrokke.
Ek was self in SAPS vir jare en baie keer het skollies bewerings teen polisiemanne , hoofsaaklik wittes , gemaak . Die reg is dan meer behep oor die polisieman as die skelm en die skelm se woord tel as die polisieman sinne.
Ek hoop dat sy onskuldig is.
Ek het darem my middaglaggie ingekry.
Dankie aan almal hierbo vir die humorsin.
Oe eh eh sy staan nou n goeie kans vir lekker bevordering!!
As dit nie vir haar van was nie .was sy nogsteeds n konstabel.
Sies man!!! GEEN werksetiek nie!! Heul met misdadigers!!!
Ek lees die berig, maar ek het my bedenkinge, watter voordeel sal die Sers uit die bekom, sy was miskien nalatig, en die vark het ontsnap, en sy het die voorval probeer cover, dink logies, wat sal die vrou hieruit baat, weer n tiepiese geval, waar almal hardloop met n storie, en aan die einde van die dag is hierdie net n pot vol snert
Sy is n speurder en sal nie alleen n gevaarlike misdadiger tussen selle ens vergesel nie. Dit is die werk van hof ordenans of gewone polisimanne. Daar was virseker mans ook betrokke wat dalk die blaam op haar plaas. Wag maar tot die hele storie uitkom voor julle klippe gooi asb.
Ek wonder hoeveel keer vertel misdadigers sapige stories om hulle skuld te verminder.
Kom ek waag raaiskoot, hierdie misdadiger ontsnap en word weer gevang, hy vertel n lekker storie aan die ondersoeker dat sy hom gehelp het en omdat die SAPD so skerp en op die ball is glo die ondersoekbeanpte hom en weet die regte ding om te doen is om haar aantekla, en huer kom die media nou by en maak haar skuldig.
As die bewyse so sterk teen haar is, hoekom versuif hulle haar om aan te hou werk en nie onmiddelike skorsing nie.
Sy kan mos baie skade doen, soos om dokets weg te laat raak ens!!!
Staak saam…ek dink jy het ñ punt beet…Sal maar moet wag en sien…Hoop vir haar part sy is nie involve nie…
Liewe hemel, wat het jou besiel Sersant?
Ek dink julle moet wag. Dieselfde het met ‘n SAPD dame gebeur in Pretoria omdat die klerk van die hof nie gesien het daar is nog sake uitstaande teen die misdadiger nie. Sy was die enigste lid in ‘n kriminele hof, en die landdros het haar opdrag gegee om die volgende gevangene te gaan haal, Nodeloos om te sê 5 jaar later en R90000 verder aan prokureurs koste is sy onskuldig bevind. Let wel die man is weer her arresteer na ‘n paar maande. Dit het haar lewe om en by verwoes, en sy moes stukke optel en probeer van vooraf. Ek sal in vandag se politieke samevatting in die SAPD, is dit die laaste beroep wat ek sou kies. Wag voor julle haar skuldig bevind, kom ons kyk wat gebeur in die volgenede 5 jaar.
Ek wonder nou, is sy verplaas of bevorder?
Kan mens jou werk in hierdie moeilike tye op die spel sit om kriminele te help. Jy staar nou n dismissal in die gesig. Ek sidder om te dink hoeveel ander sake hierdie vrou nie by betrokke was wat korrupsie betref nie. Sy gee die SAPS n baie slegte naam. Geen wonder almal is negatief in die is want die handjie vol wat nog iets beteken is moedeloos.
Pasop vir Moloi familie. Hulle stel traps vir mense. Moloi’s is gevaarlik. Wees versigtig asb
Wat niemand vra nie, is waar was die ander polisie lid. Die vrou mog nie ‘n prisonier alleen vervoer het nie. Veral nie so gevaarlike een soos beweer word nie.