Ondersoek na ‘rasvoorval’ by sewestoernooi

Foto: Don Johnstone/Facebook

Foto: Don Johnstone/Facebook

ʼn Beweerde voorval van rassisme het glo die naweek tydens die sewesrugbytoernooi in die Kaapstad-stadion voorgekom.

Don Johnstone, wat ʼn toeskouer by dié toernooi was, het na bewering in ʼn fisiese konfrontasie met ʼn ander toeskouer betrokke geraak, nadat die ander toeskouer glo na Seabelo Seanatla, vleuel van die Blitsbokke, as ʼn “bobbejaan” verwys het.

“My kantoor sal verseker dat die saak ondersoek word en verdere stappe geneem word, indien nodig,” het Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, intussen gesê.

Die beweerde voorval het glo tydens die kragmeting tussen Suid-Afrika en Kenia plaasgevind.

De Lille het Johnstone geloof dat hy standpunt teen die beweerde rassisme ingeneem het. “Die meerderheid Suid-Afrikaners is nie rassiste nie en ons kan nie toelaat dat rassiste namens ons praat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Theo ·

Sou graag die anderkant van die storie wil hoor asook die regte een.

Kaspaas ·

Wel die ou het ook rassistiese asnmerkings gemaak deur te se n rassistiese Afrikaner het hom geslaan.

arie plaasboer ·

Om `n insident waar twee ouens mekaar dik tik omdat die een nie hou van wat die ander se nie, te verhef tot `n “rassistiese” insident wys hoe naief sommige mense regtig kan wees.
Hierdie verskil van mening tussen TWEE INDIVIDUE was tog immers nie `n insident wat die veiligheid van al die inwoners van die land bedreig nie – of wat praat ek tog alles.

Realiteit ·

Jou oë was voor die voorval ook toe!
Bly eerder stil as jy nie weet wat in ons land gebeur nie. Jammer dat dit by n sport byeenkoms gebeur het Sport is n sterk medium tot versoening ,maar die realteit is dat die grootter meerderheid nooit sal versoen tot n suksesvolle samelewing nie.

Loeis ·

Die realiteit is dat sport ‘n sterk medium is om mense se aandag af te lei.

Soos voor 1992 se referendum toe die media kiesers bly herinner het dat as hulle “Nee” sou stem, Suid-Afrika nie internasionaal aan kriket sou kon deelneem nie.

Of soos toe Nelson Mandela in 1995 in ‘n groen springbok rugbytrui saam met Francois Pienaar op die podium verskyn en die blankes se harte gewen het. Mandela beskryf dit self in sy boek Playing the Enemy.

Ons leef in ‘n gekke paradys. En dit is die realiteit.

Toffie ·

Ek weet nie hoekom hy so baie klem moes lê op Twitter dat dit ‘n Afrikaner was wat hom gelooi het nie. Probeer ons sleg maak asof Malema en kie haat vir die Afrikaner nie genoeg aanblaas nie. Miskien het hy homself met sy eie handsak gemoker om aandag te kry.

Henry ·

Wie sê dat daai ou wat bob-djaan geskree het, ‘n rassis is. Om ‘n rugbyspeler (wit of swart) wat droog maak ‘n bobbejaan te noem, is so oud as die berge.

Die ou spul Politiek Korrektes (PK) kan gerus hul getemery laat los en prober groot word. Kyk net wat vir ‘n Ma se shaainer het die outjie gekry vir al sy PK bewustheid!

Loeis ·

de Lille, jou party, die DA, het verlede jaar vir rassistiese wetgewing in die parlement gestem.

Is rassisme in party kontekste ok, maar in ander nie?

Andre ·

Sjoe! Het hy nou gesê die ou is ‘n bobbejaan omdat hy swart is of omdat hy ‘n dom ding gedoen het? Ek se ook soms ‘n witte is ‘n bobbejaan omdat hy iets doms aangevang het. En ek is self ook wit. Ek dink mense se velletjies is deesdae net ‘n bietjie dun.

SNEL ·

Ja-nee, ek stem.André, enige een wat n dom ding doen is n bobbejaan, maak nie saak watter kleur, dit het niks met rassisme te doen nie.

Leisha ·

Dit is lagwekkend hoe eensydig die kommentaar op hierdie blad is, volgens almal hier is dit net verkeerd om teen wit persone te diskrimineer, maar daar is absoluut niks fout daarmee om teen iemand te diskrimineer wat nie wit is nie.

Henk ·

Leisha, nou van wanneer af is dit rassisties om iemand ‘n bobbejaan te noem? Dalk is dit tyd dat mense verby die gevreesde rassisme begin kyk en die opmerking sien vir wat dit is.As ek die berig lees, het die speller die bal laat val en is daar toe na hom verwys as ‘n bobbejaan. Maar dalk is Toffie reg en het hy hom van pure verontwaardiging met sy eie handsak raak geslaan?

Peet Schabort ·

Dis uiters onregverdig om die bobbejane betrokke te maak in onderonsies tussen mense. Wonder wat hulle daarvan dink? Wat wel betrekking het is dat daar mense agter voertuie se stuurwiele sit wat SOOS bobbejane bestuur; veral oor hierdie huidige kersseisoen.
Maroela, kyk ook by die derde paragraaf na die woord ‘burgermeester’. By ‘n vorige geleentheid is dit ook uitgewys maar ek glo nie dis verander.

Trolle ·

Hy het geskree dat hy speel soos n aap.
As die skoen jou pas dan trek jy hom aan dit gaan nou weer heel uit verhouding geruk word

Dee ·

Sal interessant wees om te weet of die berigskrywers (die bron blyk Engels te wees) moeite gedoen het om die ander party se storie te hoor en of Johnstone se storie sonder voorbehoud aanvaar is.

Danie ·

Was dit regtig rassisme? Ek skreeu gereëld vir wit rugbyspelers wat soos ‘n mamparra op die veld aangaan “jou bobbejaan”. Ek dink hy wat ‘n pakslae gekry het is die rassis. Hoekom so sensitief. Hy het seker ‘n swart vriend en nou is hy ook ‘n vreeslike naïewe kampvegter. Die Afrikaner het verandering in die land gebring en geen ander volk nie. Dit kan ons vandag duidelike sien en ervaar.

Magda ·

Jou volle verstand moes vir jou se dat jy met vuur speel – so vat jou pakslae en moet nie !agterna kerm en simpatie/empatie soek nie. Jy behoort mos te weet in watter kruitvat ons samelewing in ons land is agv verskeie redes. As jy jouself nie gaan vergewis en konsekwent dink en optree nie, gaan jy weer pakslae kry

Izzy ·

Swak artikel……daar word niks gese van enige ooggetuies of iemand wat iets gehoor het bv kameras (CCTV) ens nie. Waar’s die res van die feite??? Weet enige iemand die ander persoon se naam? Is daar met hom ‘n onderhoud gevoer?

Indien Don Johnstone wel so geslaan is omdat hy in die bes getree het vir Seabelo, is dit regtig barbaars en uiters swak. Hoop Patricia De Lille gaan voortaan alle sake van rassisme ondersoek…..van ALBEI kante.

Dee ·

Swak kommentaar….. dit is geen artikel maar bloot ‘n berig wat vertaal is vanuit ‘n Engelse bron. Indien dit swak opgestel is, gaan soek die oorspronklike en sê dit daar. Rondkyk, dan sal jy sien vanwaar dit gehaal is.

Gideon ·

Ag nee dit is belaglik!!! Ons vergelyk mense met diere nou al so lank as wat ek onthou!! Nog nooit het ek gedink dit verwys na voorkoms nie!!
Buffel- jy is ongeskik
Vark- jy is vulgêr of bar
Bobbejaan- jy vang dom goed aan
Jou slang- jy is geslepe
Aap- jy is onnosel
Ag en so kan ek aangaan!!
Gee tog betekenis vir die klomp wat dink ons verwys na vel of gelaatstrekke!!

Realiteit ·

Izzy daar is niks fout met die artikel se inhoud nie! Al wat fout is is die feit dat jy nie kan lees nie, daar staan duidelik dat die saak ondersoek word dus is die artikel blits nuus vir Maroela verbruikers. Hy het gekry wat hom toekom, Los die rasis kaart vir die dag wanneer jy vir jou lewe moet pleit,
Die burgermeester moet meer tyd aan plaasmoorde onder haar neus spandeer as n skole boksgeveg!

Izzy ·

Realiteit,
Lees asb die artikel aandagtig deur voordat jy sommer net weer begin tik…..
Hoe kan jy se dat daar NIKS fout is met die artikel nie? JA, ek het gelees dat dit ondersoek word deur die kantoor van Patricia De Lille – hoekom nie dadelik die polisie betrokke kry indien dit wel rassisme was nie ?

Dis net Don Johnstone se foto en sy weergawe van wat gebeur het . Geen beeldmateriaal of enige getuies waarvan melding gemaak word in hierdie berig nie.

Ek het nie nodig om die raskaart te speel nie. Ek stel dit duidelik dat INDIEN hy (Don) wel geslaan is, omdat hy in die bes getree het vir Seabelo is dit uiters swak. Wat is volgende? Mens kan mos nie elke keer as jy verskil van iemand so laag daal deur hom aan te rand nie. Het ons nie meer waardes en normes nie? Moet ons nou maar net voort ploeter en alles (en almal) maak, breek (en aanrand) wat nie met ons mening saam stem nie? Is ons nie beter as dit nie?????

Oom Bobbejaan ·

Ag nee wat. Ek dink die ou het pak gesoek en dit gekry en nou huil hy. As ons opgelet het in die klas, op skool, dan weet ons wat dit beteken om iemand ‘n aap of bobbejaan te noem.

Vriendelike bobbejaan groete van die groot BOBBEJAAN

Henry ·

By nabetragting.
Bloot op die foto van ou Don ge-oordeel, is ek verras dat sy gesonde oog nie soos die ander een lyk nie.
Duidelik dat die slaner uitstekende selfbeheer toegepas het.
#Zuma moet val!

Theresa ·

Nou hoe nou? As ek ‘n swart persoon ‘n bobbejaan noem is ek ‘n rassis. Wat is ek as ek ‘n wit mens ‘n bobbejaan noem? Volgens my het die aanmerking NIKS met sy velkleur te doen nie, dit was agv sy optrede.

Makapan ·

Baie van julle sit die pot mis. Bobbejaan of te not gedrag soos beskryf is onaanvaarbaar. Ons het nie mense wat klappe links en regs uitdeel by sportvelde of enige byeenkoms nodig nie. Veral nie waar kinders en toeriste van oorsee teenwoordig is nie. Skaam julle .

Realiteit ·

Izzy
Aanvaar die inligting soos dit is , sê dankie vir n elektroniese Afrikaanse nuus medium. Lewer kommentaar op die inhoud.

Geniet Gelofte dag,

Izzy ·

Realiteit,
Altyd dankbaar vir Afrikaans in enige vorm (dit word so skaars soos hoender tande) , maar nuus moet ordentlik weergegee word dws feitelik en objektief.

Ja, verseker herdenk ek Gelofte dag saam met die handjie vol wat nog weet en onthou waaroor hierdie spesiale dag gaan. Hopelik is ons almal vandag (met dankbare harte) in die kerk.

Pit ·

Die ou wat gesê het Senatla is ‘n bobbejaan, is sekerlik ‘n witman, die nuusberig sê nie of hy wit bruin of swart is nie. Maar hy moet wit wees anders kan dit moe nie “rassisme” wees nie. Of hoe?

Dee ·

Daar is soveel kritiek oor die ‘geveg’ maar inligting uit ‘n betroubare bron sê dat dit ‘n grap was.

bittergal ·

Sou die mnr dalk in die koerante wou wees,
Soos Gideon se die Afrikaanse uitdrukking is so oud soos Jan van Riebeeck ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.