Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort

Die Sunland-reusekremetart nadat dit gedeeltelik ineengestort het. Foto: ANA

Die Sunland-reusekremetart nadat dit gedeeltelik ineengestort het. Foto: ANA

Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.

ʼn Derde van die massiewe 22 m hoë boom met ’n omtrek van ongeveer 47 m het verlede week Donderdag ineengestort. Dié boom se stam het ‘n deursnit van sowat 10,64 m. Die boom het jaarliks talle plaaslike en internasionale toeriste gelok.

Plantbioloë het intussen ʼn swam op die boom ontdek. ʼn Span van die Universiteit van Pretoria het monsters rondom en van die boom versamel en vir ontleding gestuur. Prof. Jolanda Roux, ʼn plantbioloog, het gesê die kremetart het geen “simptome” getoon toe dit twee jaar terug ontleed is nie.

Prof. Roux stel van nader af ondersoek in. Foto: ANA

Prof. Roux stel van nader af ondersoek in. Foto: ANA

Volgens Roux was hulle hartseer toe hulle agtergekom het ʼn gedeelte van die boom het ineengestort, maar dit is wel ʼn geleentheid om te probeer vasstel wat die boom vernietig.

Heather van Heerden, wat saam met haar man die plaas besit waar die kremetart is, hoop die boom sal weer van die grond af begin groei. Hulle beplan om die stuk wat ineengestort het net so te los. Volgens Van Heerden het hulle geslaap toe hulle ʼn baie harde geluid gehoor het wat hul huis as’t ware geruk het.

Volgens Roux is die spesifieke swam op die boom die eerste van sy soort om op ʼn kremetart aangetref te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Gaan julle nou vir my lag?
Nou goed dan: Weens die onbeheerde grense van SA kan dit dalk wees dat die swam, indien dit die oorsaak is, op hierdie manier die land ingekom het? Is die swam ook buite ons landgrense nie op kremetarte teenwoordig waaroor ek twyfel?
Een ding is seker dat Jan v Riebeeck nie so vêr noord was tydens sy verblyf aan die kaap, so ek glo nie die swam is afkomstig van die HOIK en het noord getrek die afgelope 364 jaar.
Dalk weet die groot geskiedkundige J Z meer want apartheid is mos verantwoordelik vir alles sleg in hierdie land.

MissDemeanor ·

Moenie bekkomerd wees nie. Ons sal nie lag nie. Daar is nie iets soos ‘n dom vraag nie, net ‘n nuuskierige mens. Swamme steur hul nie aan grense nie. Swam spore kan op stofdeeltjies deur die wind rondgewaai word en so versprei.

Wat-ek-lees ·

Volgens die gegewe deursnee van 10,64m is die omtrek 33,43m.
Volgens die gegewe omtrek van 47m is die deursnee 14,96m.
Hier is ‘n groot berekeningsfout wat dalk deur die swam veroorsaak is?

Anie ·

Kremetart is poegaai! Die mensdom vernietig die aarde met veldbrande ens., en moeder Natuur huil elke dag saam met die bome( hul sê mos bome huil ook as hul moedeloos en ongelukkig voel)… Arme kremetart!

Matmiet ·

Hallo Maroela. Dankie vir die interessante storie. Dit is baie meer in lyn in my tipe belangstelling. Ek wil net sê dat die deursnit kan nie 47m wees nie maar wel die omtrek. Anders is die boom breër as wat hy hoog is…??

MissDemeanor ·

Ek weet nie wat die afmetings is nie, maar toe ons laasjaar in Desember daar was het mens die idee gekry dat dit ‘n groot vet boom is, nie noodwendig ‘n uitsonderlike hoe boom nie. Maar wyd. Mens kan sien dat die boom honderde jare gelede in twee gebreek het een aanhou groei het. So dalk verduidelik dit die afmetings.

Jaun de Vries ·

Deursnee van 47m? Dit kan sekerlik nie wees nie. Maroela, bedoel julle nie dalk dat die omtrek 47m is nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Juan en Matmiet,

Dankie vir julle terugvoer! Ons vra om verskoning vir die foutjie. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jef ·

Ek dink die ou kremetart het sigself n swam geskrik toe dit sien hoe dit in SA aangaan.

Milan ·

Tipies v groot kremetarte. Hulle toon die geneigdheid om te skeur/breek indien die takke te swaar word. Die korrelasie tussen die swam en die ineenstorting moet nog bevestig word. Ek kan daardie boom baie goed. Die feit dat daardie boom kunsmatig so baie water kry behoort ook as moontlikheid ondersoek te word. Daar is ‘n defenitiewe parallel tussen swamme en vogtigheid.

Natasha Brittz ·

Dis ook seker rassisme en Jan van Riebeeck se skuld

Al Piercey ·

Omtrek = deursnit x pi

Dus 10.64 x 3.1428 = 33.44 Omtrek !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.