Ondersoek ná SA Hercules aanloopbaan verlaat

Foto: Aeronews/Facebook

ʼn Lugvaartraad van ondersoek sal aangestel word om ondersoek in te stel na die voorval in die Demokratiese Republiek van die Kongo toe ’n C-130BZ (Hercules) van die Suid-Afrikaanse Lugmag Donderdag net ná landing die aanloopbaan verlaat het. ʼn Aanvanklike ondersoek het daarop gedui dat ʼn meganiese fout ontstaan het toe die vliegtuig gerem het.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het in ʼn verklaring haar dank uitgespreek teenoor die bemanningslede wat koelkop gebly het toe ʼn brand in een van die vliegtuig se enjins uitgebreek het.

“Die minister is dankbaar vir die kundigheid en professionaliteit van die bemanning wat verseker het dat lewens nie tydens die onbeheerde landing verlore gegaan het nie. Die vliegtuig het mans en vroue van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) vervoer, wat die Republiek en die land met ywer en trots dien om te verseker dat daar vrede en stabiliteit op die vasteland is,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig geen beserings is onder die 59 passasiers en agt bemanningslede aangemeld nie. Die C130 was op pad terug na Goma nadat logistieke voorraad in Beni afgelewer is.

Volgens die DA is dié vliegtuig die enigste werkende C130 in die hele lugdiens. “Die vliegtuig is van strategiese belang vir die lugmag en is dieselfde vliegtuig wat verlede maand misbruik is om Kubaanse ingenieurs huis toe te neem,” sê Kobus Marais, DA-skaduminister van verdediging en militêre veterane. Daarom wil die DA hê besonderhede rondom die ongeluk moet so gou moontlik bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hb ·

Ekt nie geweet die” lugdiens” het C130 ‘s nie. Hahaha. So jammer dat die Lugmag dit nou moet verloor. Onvervangbaar. En toemaar dit was nie die enigste ene nie

Weet nie Meer nie ·

Ek is bly ons agbare Minister is trots op die weermag die vraag is net watter weermag praat die persoon van

Zumie ·

Wys my enige staatsdepartement of semi-staatsinstelling wat verbeter het sedert die inwerkingtreding van die huidige utopia..

Marous ·

Van ‘n rots tot ‘n papier pop in ‘ n oogwink. Wat ‘n patetiese spul verloorders . Selfs Malawi het ‘n beter weermag.

lmos ·

jammer , 403 , dat jy nou jou laaste rusplek doer ver van die huis moes kies
ek het soveel ure se sweet op jou uitgedrup en nou gaan net ‘n geraamte van jou oorbly
ander het jou vooruit geloop, maar:
riv buddy
(imos – lug mag onderhouds span)

Pampoen ·

Eers is daar berig dat die vliegtuig ‘n buiklanding moes doen. Daarna, dat die vliegtuig as gevolg van swak weersomstandighede van die aanloopbaan geloop het. Later ook weer dat die enjin al in die lug aan die brand geslaan het. As daar so ‘n menigte bont stories is, kan jy maar seker wees daar is ‘n slang in die gras.

Trojaanse Donkie ·

Gelukkig het ons nie vyande nie , ons is die vyand

Lourens ·

Was dit nie ook ‘n grond tot lug missiel nie? Dan is dit oók mos Amerika se skuld.
(Tong inni kies.) ;-()

Willem Grobler ·

Dis in elk geval die Amerikaners se skuld. Dis hulle wat ons gedwing het om ons land aan hierdie klomp narre oor te gee.

Mike-FG ·

Eerste SAAF Herc wat verloor word sedert 1963 toe hulle in diens geneem is

Walter ·

Nou sit die laaste groepie C130 vlieëniers met hul vingers en speel. Geen vliegtuig om te vlieg nie. Na ses maande verloor hulle hul C130 gradering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.