Ondersoek ná seksvideo in tronk

(Argieffoto: Unsplash)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ʼn dissiplinêre proses teen ʼn vrouebeampte begin nadat ’n video aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe dié beampte seksuele omgang met ʼn mansgevangene het.

Die korrektiewe beampte in die video is geïdentifiseer. Dit is ook vasgestel dat die video in die Ncome-tronk in Vryheid, KwaZulu-Natal, gemaak is.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, sê die departement beskou die voorval as skandelik en beoog om streng teenoor die beampte op te tree. ʼn Dissiplinêre proses teen haar sal onmiddellik begin word. Daar sal ook dissiplinêre stappe teen die gevangene gedoen word.

“Daar word verwag dat korrektiewe beamptes ʼn sekere gedragskode sal nakom, en veragtelike dade van seksuele aktiwiteite met gevangenes sal nooit geduld word nie,” sê Nxumalo.

Die departement doen ʼn beroep op diegene wat in besit van die video is om dit nie verder te versprei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Debby ·

Dis nie die eerste keer nie, gebeur baie word net altyd stil gehou

Sêmanet ·

Watookal die dissiplinêre ondersoek gaan oplewer, hulle kan hom nie tronk toe stuur nie. Hy is dan klaar daar.

Laurika ·

Nou wat van al die dinge wat in die tronk gebeur wat NIE op video vasgevang word nie…. Ek sidder om te dink wat agter daai hoë mure gebeur…

Adri ·

Presies hoekom ek maar my bes probeer om nie daar te beland nie!

Stefan ·

Daar sal baie streng teen haar opgetree word, maar wat van haar menseregte, en die reg op ….ja, wat ook al.

Estelle ·

Sekerlik om vir haar “kêrel” te gaan kuier, Natasha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.