Ondersoek na skietery tussen SA weermag, Mosambiekse polisie ‘afgehandel’

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Donderdag gesê ten spyte van die voorval waarin lede van die weermag met die Mosambiekse polisie in ʼn skietery betrokke was, werk die twee lande steeds nou saam.

Mapisa-Nqakula het gesê die ondersoek na die voorval is afgehandel, maar dat sy nie die bevindings kan bekend maak voordat dit aan pres. Cyril Ramaphosa voorgelê is nie. Hoewel die verslag afgehandel is, het Ramaphosa dit glo nog nie onder oë gehad nie. Dit is nie bekend wanneer die verslag aan Ramaphosa oorhandig gaan word nie.

Die ondersoek is in samewerking met die Mosambiekse owerhede gedoen.

“Ek kan die versekering gee dat ons voortgaan om saam met die Mosambiekers te werk. Ons sal aanhou om dit te doen wat betref kwessies soos die voorkoming van stropery, asook ander misdade wat insluit voertuie wat gesteel word en dan oor die grens na Mosambiek geneem word.

“Ons gaan voort om met die [Mosambiekse] polisie aan daardie kant van die grens saam te werk,” het die minister gesê.

Die skietvoorval het in Junie vanjaar tussen soldate van die Suid-Afrikaanse weermag en die Mosambiekse polisiemag in Ndumo, langs die grens plaasgevind.

Twee lede van Mosambiek se grenspolisie is in die voorval doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leon Pit ·

Kla onder die MAT ingevee.
Sal nooit wee n artikel hieroor lees nie.

Thys ·

Die skietery het een teen 10 oor bribegeld gegaan! Net my beskeie mening!!

Daan Erasmus ·

Hendrik. Ja ek is ook verbaas dat ons “gewen” het. Maar ook trots.

Werner ·

As ons in n oorlog beland is dit verby met ons met so n minister

M ·

Wat ‘n grap, ons betaal daarvoor en mense sterf in die proses, ‘n Tragiese grap!

blouapie ·

Lewens verlies tel nie ‘n punt nie. Almal op die grense moet deel met die omkoopgeld.

jakes ·

Waar het die SA weermag rondtes gekry om mee te skiet? Nie eers die SAPD het lewendige rondtes om hul lede na n skietbaan te stuur nie. Die persone wat dood is was seker per ongeluk getref want die huidige soldate weet nie eers hoe n geweer werk nie.

marous ·

Waarom vertel sy nie hoeveel geld die belasting betaler moet opdok vir die families nie ? Hulle was aan die Mosambiek se kant van die grens !

Gerhard Bezuidenhout ·

Minister van Verdediging se julle . I rest my soul

Gert van Wierdapark ·

Die Vers-lag behoort goeie humor op te lewer?!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.