Ondersoek ná skokvideo oor polisieman se dood

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag die verspreiding van ʼn skokvideo van ʼn polisiebeampte wat gedurende ʼn gewapende rooftog doodgeskiet word, veroordeel.

Brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Donderdag net ná 01:00 in Katlehong, Gauteng, gebeur. Konst. Tshepo Tladi (35) is tydens ʼn gewapende rooftog in die Twala-gedeelte in Katlehong-Noord doodgeskiet.

Volgens De Beer word beeldmateriaal van die skietery, wat deur veiligheidskameras op die perseel vasgevang is, sedertdien wyd op sosiale media versprei. In die video, waarvan ʼn weergawe in Maroela Media se besit is, kan gesien word hoe polisiebeamptes agter ʼn muur skuil voordat hulle in dieselfde rigting begin skiet.

Op die video kan gesien word hoe een van die beamptes voor ʼn ander beampte inbeweeg en van agter in die kop geskiet word. Kort daarna kom nog ʼn polisiebeampte nader gehardloop en dit lyk of die beampte die gewonde polisieman se pols voel. Die video eindig met ʼn beeld van die gewonde polisiebeampte wat nog op die grond lê.

De Beer het gesê Tladi is ná ʼn skietery in die hospitaal dood.

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat daar ʼn strafregtelike ondersoek en ondersoek na moontlike wangedrag, in samewerking met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), gedoen word. Phahlane het gesê die ondersoeke sal fokus op die polisiebeamptes wat op die toneel was om seker te maak dat die persoon of persone wat vir Tladi se dood verantwoordelik is dienooreenkomstig hanteer word.

ʼn Interne ondersoek sal ook gedoen word met die oog op dissiplinêre stappe wat teen enige polisiebeampte gedoen sal word wat ʼn misdaad gepleeg of die polisie se gedragskode oortree het.

“Ons is uiters geskok en ontsteld deur die beeldmateriaal wat ons gesien het en wat aanlyn versprei word,” het Phahlane gesê. Hy het gesê indien bewyse aan die lig kom dat polisiebeamptes met die toneel gepeuter het of dat daar enige vorm van ʼn toesmeerdery was, sal daar geregtelike gevolge wees.

“Die onsensitiwiteit van die media wat hierdie traumatiese video versprei, is sensasionele joernalistiek en betreurenswaardig. Dit is jammer dat die ontslape polisiebeampte se familie onderwerp word aan die trauma daarvan om deur hierdie wydverspreide beeldmateriaal ooggetuies van sy dood te wees en ons betuig ons innige meegevoel met hulle. Ons sal seker maak dat geregtigheid geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Poot ·

Voor iemand die beampte veroordeel…..wees bewus daarvan dat die beeld materiaal misleidend kan wees. Party CCTV kameras het hoë definisie beeld sowel as nagsig bevoegdheid. Die toneel mag dalk dag helder lyk, maar glo my 01h00 in die oggend is dit stik donker in Katlehong se sy straatjies.
Dis baie tragies.

Matmiet ·

As dit nagskerm was sou dit wit en swart beeld vertoon het. Hierdie is helder oor dag. My kamara se nagsig is wit en swart en as daar lig is is dit kleur.

Kiepie ·

Poot, jy mors jou asem. Dis baie makliker om te kritiseer en daar is ‘n klomp wat net reg sit en wag vir geleenthede om afbrekende opmerkings te maak. Ek wonder hoeveel van hulle moes al in die hutte van die oomblik en terwyl jy vrees vir jou lewe optree. Innige meegevoel aan die oorledene se familie sowel as aan die polisieman wat nou moet leef met die wete dat hy, terwyl hy ander mense se lewens en besittings probeer beskerm het, sy kollega se lewe geneem het.

Jacobus ·

Dit lyk tog of daar meer as genoeg lig was. My cctv cameras in pik donker wys die beeld grys tog in die dag sien jy kleure en daai koelerboks is helder rooi. Maar my 5c.

Koos1 ·

Jacobus en Poot. Ek stem saam met julle, MAAR ek het die geleendheid gehad ‘n paar jaar terug om OPERASIONELE LEDE in aksie te sien op ‘n skiet baan. Van die lede kon nie hulle dienspistool Z88 in 2 minute aan mekaar sit nie. Ander kon na 50 rondtes nie ‘n A4 papier op ‘n teiken tref nie. En dit alles op die beskermde plek van ‘n skiet baan. Ek sou nooit daardie lede op straat laat werk nie, want die spanning is 1000% hoër in ‘n skiet geveg. So Poot, jou uitkyk is geregverdig maar Jacobus het ‘n baie geldige punt.

Loeis ·

Koos maak ‘n baie belangrike punt hierbo.

Dit beklemtoon natuurlik die verantwoordelikheid wat daar op ELKE vuurwapen eienaar rus om soms te oefen, seker te wees dat jy 100% vertroud met jou wapen is, goed kan skiet en weet wat die wet se oor wanneer jy jou wapen mag gebruik.

En ja, ‘n lewensgevaarlike situasie is heelwat anders as teiken skiet op ‘n skietbaan, wat die verantwoorelikheid soveel meer maak. Teiken skiet kkan aangenaam wees, om ons wees almal veerantwoordelike vuurwapen eienaars.

Poot ·

Kiepie:
Ja ek sien hier is n paar van hulle.
Matmiet en Jacobus:
Ek stel voor julle “upgrade” julle CCTV sisteme. En Matmiet…..sedert wanneer is 01h00 in die oggend helder oor dag?
Vra maar net.

Cobus ·

Beampte wat geskiet het kan nie die blaam dra nie. Daar was niks voor hom toe hy geskiet het nie. Lyk of die beampte wat geskiet is het voor hom inbeweeg. Sulke dinge gebeur ongelukkig as dinge rof gaan. Ek hoop net ander kan hieruit leer sodat dit voorkom kan word dmv addisionele opleiding en bewusmaking. My hart gaan uit vir die beampte wat geskiet het en vir die oorledene se familie, dit moet vir almal baie moeilik wees om te hanteer.

Koos1 ·

Jacobus en Poot. Ek stem saam met julle, MAAR ek het die geleendheid gehad ‘n paar jaar terug om OPERASIONELE LEDE in aksie te sien op ‘n skiet baan. Van die lede kon nie hulle dienspistool Z88 in 2 minute aan mekaar sit nie. Ander kon na 50 rondtes nie ‘n A4 papier op ‘n teiken tref nie. En dit alles op die beskermde plek van ‘n skiet baan. Ek sou nooit daardie lede op straat laat werk nie, want die spanning is 1000% hoër in ‘n skiet geveg. So Poot, jou uitkyk is geregverdig maar Jacobus het ‘n baie geldige punt.
Baie sterkte aan die betrokkens. Ek glo dit was ‘n fout, maar ‘n baie duur fout.

Sig P320 ·

Ek weet nie of dit waar is nie, maar ek is vertel die rowers was in die gebou vasgekeer. Waarna skiet hulle dan? Wag tot versterkings opdaag of totdat die rowers uitkom en skiet dan op hulle.

Poot ·

Sig P320
Jy sal nie weet nie, want jy was nie in daai situasie nie en spekuleer nou soos BAIE ander. Polisie lede het ‘n breekdeel van ‘n sekond om ‘n besluit te maak. Die hof en critici het maande self jare om ‘n gevolgtrekking te maak.
Wens jou nooit toe om in hierdie manne se skoene te wees nie.

Donovan ·

Jammer maar gaan kyk di video sonder die blurr… dan sal jy sien dit lyk soos execution style wat daar plaasvind… sy kollega was minder as n meter van hom af… besig om te vuur… en hy het mooi agter sy makker in beweeg reg vir die skoot…

Jakes ·

Opleiding!!!! Weet wat jou “buddy” doen. Dink en nogmaals dink.

Christo Grobler ·

Dis hartseer om te dink dat daar dalk in poging was om die voorval toe te smeer.
Onopgeleide beamptes wat nooit n wapen eers moes hanteer het nie is daarvoor verantwoordlik.
By die Colt skietbaan buite Verlum met my eie oë gesien hoe beroerd dit gaan met lede en wapen hanteeting.
Instrukteurs wat ook geen benul het hoe om opleiding te gee nie en self swak skiet.
Jan publiek, slaan dekking asb as die blou uniforms los trek. Ek wil my amper verstout om te sê jy is veiliger reg voor hom / haar as op n ander plek.
Wat my ook nogal opvallend is van die jaarlikse uvaliasie wat hulle moet doen, hoeveel afsiek boek om dit te omseil.
Glo my, dit kom van n baie goeie bron af.
Die bietjie oorgeblewe oud lede is nog al wat ons hoop gee. Die res.
Serkte vir ons samelewing.

linda ·

SA het soos die Wild West geword jy kan niemand vertrou en elkeen vir homself!
en eks nie seker nie, maar dit wil voorkom as ‘n ongeluk, maar aan die ander kant wie weet??
met al die korupsie kon dit dalk aspris gewees het, angs aan die ander kant is ‘n ander storie………..
deesdae weet jy ook nie of almal van hulle regtig polisie is nie of daar is om die getal vol te maak!
what a way to go………. arme familie

Anoniem ·

Wa, wa, wag. Gister is daar ‘n vragmotor deur twee polisiemanne, aan die suide van Bloemfontein, beroof. Hulle het die drywer en passasiers, met hul vuurwapens, in die agterkant van die vragmotor ingedwing, nadat hulle dit besteel het. Voetgangers het later verbygeloop en gehoor die mense roep vir hulp. Raai wie moes die saak kom ondersoek? Nog polisiemanne. Nou hoe de dinges moet mens weet wie is betroubaar en wie nie? En wie gaan oor hierdie voorval berig?

m ·

Kan net dink hoe word geskarrel vir antwoorde hier. Dis n vreeslike ding Wat hier gebeur. Daai arme man sê familie soek ook antwoorde. Sterkte aan hulle. Feit is hier is n groot oordeelsfout begaan….

Ruby ·

Ek kan glo dis traumaties vir die familie maar eerder dit as wat dinge toegesmeer word en die familie sit met meer vrae as antwoorde.

Of dit nou doelbewus was of blatante onbevoegdheid, die een is so tragies soos die ander.

Dit is goed Jan publiek sien hierdie goed, te veel word onder die mat geveë.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.