Ondersoek na skooluniform-monopolieë

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Mededingingskommissie stel glo ondersoek in na skooluniform-monopolieë wat ouers dwing om duisende rande op te dok by eksklusiewe verskaffers.

Die Sunday Times berig die kommissie ondersoek juis ooreenkomste wat skole met jare lange eksklusiewe verskaffers het. Volgens die berig het die kommissie met ʼn ondersoek begin nadat tientalle klagtes van ouers ontvang is oor skooluniforms wat ten duurste by eksklusiewe verskaffers aangekoop moet word terwyl soortgelyke produkte baie goedkoper elders gekoop kan word.

Die ondersoek fokus glo spesifiek op voormalige Model C-skole en private skole. Daar word ook gekyk na bewerings dat verteenwoordigers by skole betaling ontvang vir die eksklusiewe kontrakte met sekere verskaffers.

ʼn Woordvoerder van die kommissie het Maroela Media versoek om navrae per e-pos te rig. Maroela Media sal later verder hieroor berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Buitestander ·

Dit is ‘n skande dat ours so duur moet betaal vir skool univorems..

Rina ·

Dis n skande..Ouers moet reeds skoolgelde betaal wat party glad nie kan bekostig nie en dan nog skool boeke betaal waar val hulle dan uit dat ouers gedwing word om net by n spesifieke plek moet koop..Dis net so goed iemans se vir my ek mag nie by Mr Price koop nie net by Fochini!!!

Linda van Wyk ·

Ons betaal R475.00 vir skool sweetpak alleen. Werk maar die res uit. ?

Breytie ·

Eintlik moet die hele kwessie van skooldrag as beginsel ondersoek word. Die verskynsel dat spesifieke handelaars die monopolie gegee word om bepaalde skooldrag te verkoop, is baie dekades reeds in gebruik. Maar die hele idee van skooldrag pas nie meer in ons huidige samelewing waarin individualiteit beklemtoon word nie. Dit was deel van ‘n tyd toe dit verwag is dat mense eenders moes dink.

ekke ·

Ek stem nie saam nie. Ek werk by ‘n skool. Dié dae wat sogenaamde ‘civvie’ dae is wanneer leerders gewone klere skool toe kan aantrek, ondervind ons probleme met die leerders se dissipline. Wat lyk mooier as ‘n groep leerders wat netjies en met trots hulle skoolklere dra?

Jan ·

ekke, jy is 100 reg, dit laat jou met die skool en groep vereenselwig, saamstaan, saamwerk, ondersteun, identifiseer, maar eerder wil party weerbarstig wees, as ‘n enkeling uitstaan, eiewys, wat nie wil saamstaan nie. Lang hare, maak soos jy wil, betoog en as dit jou nie pas nie, gooi jy jou speelgoed uit die kot.

Klink dit bekend? Natuulik het ons nou gesien hoe die studente #fees#enigiets#ekkanmaaromdatekstudentis.

#dishoekomonsindingesstraatis

Onnie ·

Die klere is te duur…plein daylight robbery. En ek sien dit ook met Civvies dat die kinders skielik ongewoon buite hul normale gedrag optree. Ook hoe die armer kinders wat nie die duur gewilde goed kan koop nie dan skaam is. Maar as almal dieselfde aanhet, is hulle saam en gelyk en die een nie beter as die ander nie. Dan kry die armer kinders hul selfvertroue terug.

Jan ·

Terloops, julle wat so agiteer dat alle skole dieselfde drag (lees baadjies) moet hê, waarom gaan kla julle nie by jul skool se beheerraad nie?

G ·

Breytie, hoe dink jy gaan vandag se tieners aantrek? Als gaan uithang!

Ano ·

UITEIDELIK!! 30 jaar te laat vir my! Ons het toe al gekreun onder skooluniform pryse. Mens mag dit NET by sekere winkels gekoop het en ten duurste betaal het.

snoefie ·

die “indiwiualiteit” hoort nie op skool nie. die univorms maak nie dat kinders eenders dink nie. nie eers volwasse nes in eenderse uniforms dink renders omdat hulle renders gekleed gaan nie. dus nou net weer n ekskusie om met “civies” skool te gaan en allerhande verse en fobies uit te bring. skool univorms is deel van die leerlinge se groepstrots. maar die ondersoek is al jare agterstallig. skoolklerehandelaars in klein dorpe is peper duur. ek wil sommer se koelbloedig duur. dan moet skooltasse en sportsakke by die skole gekoop word wat weereens koelbloedig duur is en baie maklik gesteel word want diegene wat die nie kan bekostig nie voel uitgestoot en wrewelrig teenoor die ouers wie nie die embleemde snert kan bekostig nie.

Vivian ·

Te laat vir my maar bly vir die ouers wat sal voordeel trek hieruit.

Liefie ·

Ek stem die skooldrag is sommer nonsens. My kinders is ook in n skool wat net een verskaffer het en alles is vrek duur. Hoekom kan alle skole wat staatshulp kry nie grys broeke en rompe met wit hempde dra nie. Dan kan elke skool sy eie das en trui het. Die huidige situasie is niks as n geld maak storie net met hope kick backs!!! Asseblief Depart van onderwys ondersoek die sakie ordentlik en bring n einde aand die nonsens. Dankie Hoerskool Oostelig in Boksburg wat julle nie hieraan skuldig maak nie. Julle hou goed eenvoudig nie soos die skole om julle nie.

Dirk ·

Eks bly vir ondersoek. Waat jy gesien mens betaal R120 vir n laerskool hempie en R130 n kort broekie..dis nonsens daai. Ja R100 n.stel is beter daar is van ons ouers wat onder die minimum lewe en nie kan bekostig om so duur te betaal nie. Skool moet goedkoop wees nie n ding wees waarvoor ons elke maand moet budget nie.. laeskool kinders groei vinnig uit hul klere uit en dit raak duur na n tyd. Dis selfs ook met skryfgoed. Ons MOET brandname koop. Ek meen kom aan. Hk. R1500 betaal as jy n goedkoper brand vir R1000 kan koop. Mens soek tog net die geskryf op n bladsy en alle grys potlode skryf grys. Seriouslly???????

Lala ·

Dirk steur jy jou regtig aan nonsens. Koop die skryfbehoeftes wat jy kan bekostig en basta. Ek is ‘n onnie en ‘n ma en weet waarvan ek praat. Moenie dat die juffrou jou boelie nie.

Amanda ·

By ons trek die armer kinders steeds skool klere aan as hulle gewone klere mag aantrek. Hulle kan eenvoudig nie meeding met die rykes se klere nie.

Ek dink alle skole moet n basiese uitrusting soos die wat mens by Pep kan kry dra. Dan kan kan mens die embleem op die sak werk en n ander das, trui en baadjie dra. Dit moet teen die wet wees om baadjies verpligtend te maak.

Johann ·

My mening is dat daar eenvormigheid bereik moet word oor die uniforms, alle skole kan een tipe uniforms gebruik, waarom so groot verskeidenheid, dit alleen jaag die belaglike pryse die hoogte in en ja natuurlik word daar soos in alle gevalle van groot omkoop geld gepraat

Jan ·

Dit sal nogal eenvormig wees en mooi lyk as almal in die land ANC kleure dra. Daar is darem meer as dit om die lyf.

snoefie ·

skoolbaadjies hoef nie n euwel te wees nie. MIT’s mens dit ook by pep kan koop. hulle hou tog jare. ek is seker pep sal vir Jan en sy kinders ook baadjies maak. in anc kleure.

Leendert ·

Kom, dan vra ons die vraag, dit is nou as almal in die land of in ‘n provinsie dieselfde klere dra. Watter praktiese uitwerking gaan dit hê, buiten nou vir die prys, as daar ooit ‘n noemenswaardige prysverskil gaan wees? Hoe weet julle dar gaan wees. Gaan die klere in China gemaak word? En,en en? Dan, wat leer die kind? Watter waardes maak hy mee kennis? Kom antwoord julle my. Dan vra ek as dit so ooglopend is soos van julle dit simplisties beduie, waarom het die hele wêreld jul konsep nog nie gevolg nie?

Jakobus ·

Ek het nog ‘n paar kedingstukke van 25 jaar gelede, ek sal nie omgee as my kind daarmee skool toe kan gaan nie., kaalvoet.

Annalie ·

Hulle ruk die dam o der die eend se alie uit met die pryse. Daar is ouers daar buite wat regtig sukkel en om R250+ vir n skoolrok te betaal is baie duur. Kinder groei soos kakiebos jy kan nie n hemp koop en dink jou kind sal dit weer volgende jaar kan dra nie nadat jy R100+ vir dit betaal het nie. Die materiaal van die rokke is so dik. Die meisie kinders gaan amper dood van die hitte. Hoekom kan skole nie t-hemde en jeans dra nie.

Anel ·

As mens vergelyk is skoolklete baie goedkoper as gewone klere. Dit word die hele week gedra. Gewone klere is soveel duurder. Party kinders dra ‘n uitrusting een id 2 keer en al die verskillende skoene wat by die uitrustings pas. As mens slim koop koop jy een keer miskien in 2 jaar skoolklere. Hoe gerëeld word gewone klete gekoop. Skoolklere is duur as dit die eerste keer gekoop word, maar daarna vul jy net aan. Ons het 3 kinders gehad en skoolklere het ons so gepas. En mens kan 2de hands koop.

Johan ·

By ons skool het die skoolbaadjies verander. Gelukkig was die oues toe nog geldig vir 2jaar. Daarna kon jy 2de handse nuwe tipe baadjies kry wat nog splinternuut lyk vir ñ kwart van die prys. Arm en ryk kinders lyk ewe mooi in skool klere. Skooltasse het heel belaglik duur geword.

met ander woorde ·

met ander woorde anel tweedehandse klere regverdig die belaglike hoe pryse wat hanellasrs vra. het jy een van hierdie eksklusiewe winkels? ifis dit maar n geval dat almal maar die pryse wat jy kan bekostig moet betaal solank jou bloedjies nie uit pep gedress word nie?

Jan ·

#……..

En dan, #skoolkleredragmoetfall, #skoolfeesmustfall, #???

Ek het ‘n idee sosialisme is die beste opsie. Als verniet, die staat verskaf teen hul maatstaf en jy en jou kind moet verlief neem. Alle huise lyk dieselfde, alle skole, alle skoene, alle taxis.

"Graduated Mom" ·

Ook heeltemal te laat vir my, maar ek is bly dit gebeur uiteindelik. Mens kan nog steeds eenvormigheid, samehorigheid, ens. op meer ekonomiese en goedkoper maniere bewerkstellig.

Dit is dikwels die onderwysers by skole wat die skooluniform en tierlanteintjies uitdink en op skoolliere en ouers afdwing, ongeag of ouers dit kan bekostig. Meeste van die tyd is die ontwerpe so aaklig en nie vir al ons diverse posture bedoel nie. Dit is dan ook dieselfde onderwysers wat kla hoe swaar hulle kry en hoe onderbetaal hulle is.

Ek hoop daar kom sinvolle oplossings uit die proses vir skoollier en ouers.

Lanie ·

Net vir die rekord… onderwysers moet ook vir hulle kinders klere koop. Ek dink jou opmerking oor onderwysers is in swak smaak!

#eksêmaarnet ·

Die onderwyser is nie altyd die wolf in die verhaal nie. Ons is juis in die beROEP om jou bloeitjie n toekoms te gee. Gee die onnies n gap. Ons werk vrek hard aan jou kind, meeste van die tyd spandeer ons meer tyd saam JOU kind as ons eie.

Kaspaas ·

Ondersoek hulle asb moes nou uniform vir 2 kinders koop R4000 later en moet nog kouse skoene en tekkies koop. Laat alle skole grysbroek en Withemp dra sonder embleem en koop net n pet en trui met skool wapen en sweetpak as optioneel. N dogters skoolrok R450 is belaglik in my opinie

Ma ·

Ons basiese seuns skool klere kan van Pep tot Woollies gekoop word grysbroek, wit hemp maar die baadjies is vrek duur!!! Dogters se rokke is ander storie :( wens hul kon pep/woollies romp en wit hemp dra – vrek duur rokke net by skool te koop

Millie ·

Maak alle skole se klere dieselfde maar wapens en sport klere verskillend

Sêmaarnet ·

Wat ek nie kan verstaan van die hemelhoë pryse van skoolklere nie is dat die vervaardigers en verspreiders ‘n baie goeie idee het van die groottes en hoeveelheid van elke item wat benodig word, ‘n baie belangrike faktor wat geen ander klerevervaardiger het nie. Dit maak die prys-aangeleentheid méér skandalig!!

G ·

Ja nee kyk, as die slaagsyfer vir wiskunde 20% is, kan hul maar netsowel by die huis bly.

Johann ·

Dan gaan ‘n gedeelte van die leer oor respek en waardes ook by die deur uit. Dit wat die kind vir die res van sy/haar lewe gaan beinvloed, maar dit is teveel gevra, al is dit net vir daardie jare.

Ek groet julle.

Johann ·

Dit sê ek nou aan diegene wat daarvoor staan dat skoolkleure eenvormig moet wees vir alle skole, en dan praat ek spesifiek van die baadjies.

Dan ·

Hierdie ondersoek moes jare gelede al begin het. Ek ken die storie van ten duurste vir skoolklere betaal baie goed. Niks anders as skelmstreke tussen die verskaffer en mense van die skool of die beheerraad wat “kickbacks” kry van die verskaffer nie. Verklaar dan ook totale sinnelose besluite soos dat die skooldrag skielik heeltemal verander moet word. Waarom moet ‘n skool se kleredrag verander word? Sodat die verskaffer en sy/haar maters in die geld kan rol ten koste van die ouers en die kinders. Die ondersoek moet sommer 25 of 30 jaar gelede se skelmstreke insluit want dit het toe al begin. Ek hoop daar word stappe geneem teen die skelms.

Johann ·

Jy gaan haal die bobbe..jaan agter die bult. So terloops, ek moet nou baie baie versigtig wees, ek sien daar het vandag weer ‘n rasbom ontplof. Ons gaan die einde daarvan nie hoor nie. Jy mag deesdae nie eens vir iemand sê hy is ‘n klip nie, of jy is ‘n rasis.

Ann ·

Hier in ons dorp is die staatskool se rokkies vir ñ Gr 1 kind R400!!! En hulle groei dit bitter vinnig uit. En dan het die mense nog die cheek om die klere te gee wat TANS pas. Toe my oudste seun Gr1 toe is het ek ñ trui gaan koop. Daai trui het Aprilmaand nie meer vir hom gepas nie, want die flippen mense het geweier dat ek groter nommer vat, want “anders hang dit soos ñ sak”. Ouer mense dink mos ons wat jonger is, is dom.
Dankie Vader ek kon my jongste se klere self kies!! Ek het my nie dié keer laat ore aansit nie.

Kobus ·

Waar het die rasbom ontplof Johann?As dit nie die wind en reen is wat die groot man die skrik op die lyf jaag…dan kom ontplof daar weer n ras aanmerking waar die wittes moet keer vir al wat dit werd is….en die kommentaar wat daarop volg is soms nog erger….kan ons blankes wragtig nie leer om nie te se wat hul dink

Johann ·

Kobus, gaan kyk maar op Google, ook Netwerk24. Ek het nie ‘n probleem met wat gesê is nie, maar die ANCYL en die media gaan dit weer as ‘n Kersgeskenk gebruik, in ‘n kous sit en in ons kele afdruk.

nannie ·

Ek het n sweetpak by die verskaffer gekoop wat die skool aanbevel het. Na die 1ste was het die baadjie se mou uitgeraffel teruggevat, hul het dit reggemaak. Weer gewas het ander kant se mou en broek ook by die nate losgetrek teruggevat en toe dring ek aan om my geld terug te kry. Na n lang onderonsie is ek daar weg met 2 nuwe sweetpakke. Het nie weer daar gekoop nie. Koop by n duurder plek en klere hou.

Fiki ·

In Keimoes moet jy by Tekkies winkel uniforms koop… hoop hier word ook kom ondersoek. By Spar die skryfbehoeftes…ten duurste

Jeanette ·

Maak skoolkleure eenvormig, laat die skool wapen die skool aandui . Dan word alle skole onder dieselfde kam geskeur. Dan kan skoolklere enige plek aan gekoop word. Los tog die ondersoek na alles behalweonderrig. Dis n geveg oor hare nou klere. Asb keer die 20% slaag syfer vir wiskunde dit affekteer kinders se toekoms. Skool klere nie!

Sê-maar-net ·

Terwyl my kinders op skool was het ek probeer om toestemming te verkry om ‘n uitruilskema te begin vir al die skole in die omgewing. Jy bring jou kind se klere wat te klein is en ruil dit vir iets wat pas. Nodeloos om te sê – die idee het nooit van die grond af gekom nie; nie een van die skole het ook terug gekom na my toe nie. (En ek het wel my idee op skrif gesit en aan die beheerliggame voorgelê) Hulle was seker bang hulle eksklusiewe verskaffers sou nie daarvan hou nie…….Ek glo nou nog so iets kan werk.

E.K. - ek sê net! ·

Toe ek op skool was was daar die keuse: jy koop die skoolrok klaargemaak teen soveel of ma wat glad nie van naaldwerk hou maar darem wou spaar kon die materiaal by ‘n sekere winkle koop plus die patroon en self die rok maak. BAIE geld bespaar destyds. Sommer nonsens hierdie belaglike pryse. Ouers vra al jarelank grys kort – en/of lanbroeke vir seuns deur die bank en wit hempde en dogters grys rompe deur die bank en wit hemde. Die baadjies en dasse kan die skool se individualiteit uitbeeld. Dan kan mens als by Pep of Jet stores of waarjy ookal verkies koop. As alle winkel sook die skooldrag sou aanhou (ek weet dia onprakties vir winkels, ja maar ek noem net omt e vergelyk met ander produkte) sou daar baie kompetisie wees en mense sou kon kies watter winkel is die beste met hul pryse en dan die keuse hê om daar te koop. Neem ‘n produk soos suiker, of koffie of watookal – jy kan advertensies volg en koop waar dit die heel goedkoopste is so, dis wta ek probeer sê. Maar omdat dit dalk onpragkties is vir winkels om hope soorte skoolklere aante hou sal een uniforme basiese uitrusting werk dan kan mens die baadjies en dasse uniek maak.

DVL ·

Dis maklik wit hemp grys broek vir seuns en groen of blou rouk vir meisies wat sommer by PEP/Ackermans gekoop kan word en alle skole moet dieselfde kleredrag he. Kry n skoolwapen wat met magneet op die sak sit en BOB IS YOUR UNCLE. Gelukkig het ons nie meer die uitgawes nie maar om elke slag ander kleredrag vir ander skool te koop is verregaande.

M ·

R206 vir ‘n golf hempie, waar d skool se naam op geborduur is en hulle dra dit 1 keer per week. Skoolrokke is by d R400 een. Dis belaglik….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.