Ondersoek na skooluniform-monopolieë

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Mededingingskommissie stel glo ondersoek in na skooluniform-monopolieë wat ouers dwing om duisende rande op te dok by eksklusiewe verskaffers.

Die Sunday Times berig die kommissie ondersoek juis ooreenkomste wat skole met jare lange eksklusiewe verskaffers het. Volgens die berig het die kommissie met ʼn ondersoek begin nadat tientalle klagtes van ouers ontvang is oor skooluniforms wat ten duurste by eksklusiewe verskaffers aangekoop moet word terwyl soortgelyke produkte baie goedkoper elders gekoop kan word.

Die ondersoek fokus glo spesifiek op voormalige Model C-skole en private skole. Daar word ook gekyk na bewerings dat verteenwoordigers by skole betaling ontvang vir die eksklusiewe kontrakte met sekere verskaffers.

ʼn Woordvoerder van die kommissie het Maroela Media versoek om navrae per e-pos te rig. Maroela Media sal later verder hieroor berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Buitestander

Dit is ‘n skande dat ours so duur moet betaal vir skool univorems..

Breytie

Eintlik moet die hele kwessie van skooldrag as beginsel ondersoek word. Die verskynsel dat spesifieke handelaars die monopolie gegee word om bepaalde skooldrag te verkoop, is baie dekades reeds in gebruik. Maar die hele idee van skooldrag pas nie meer in ons huidige samelewing waarin individualiteit beklemtoon word nie. Dit was deel van ‘n tyd toe dit verwag is dat mense eenders moes dink.

Ano

UITEIDELIK!! 30 jaar te laat vir my! Ons het toe al gekreun onder skooluniform pryse. Mens mag dit NET by sekere winkels gekoop het en ten duurste betaal het.

snoefie

die “indiwiualiteit” hoort nie op skool nie. die univorms maak nie dat kinders eenders dink nie. nie eers volwasse nes in eenderse uniforms dink renders omdat hulle renders gekleed gaan nie. dus nou net weer n ekskusie om met “civies” skool te gaan en allerhande verse en fobies uit te bring. skool univorms is deel van die leerlinge se groepstrots. maar die ondersoek is al jare agterstallig. skoolklerehandelaars in klein dorpe is peper duur. ek wil sommer se koelbloedig duur. dan moet skooltasse en sportsakke by die skole gekoop word wat weereens koelbloedig duur is en baie maklik gesteel word… Lees meer »

Vivian

Te laat vir my maar bly vir die ouers wat sal voordeel trek hieruit.