Ondersoek ná spoedkamera aan die brand gesteek word

Foto: Verskaf.

Die spoedkamera op die R40 tussen Mbombela en Witrivier naby Rockysdrift in Mpumalanga is afgebrand.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê die kamera word gebruik om “bewegende oortredings”, spesifiek motoriste wat die spoedperk oorskry, wat die meeste ongelukke op die R40 veroorsaak, op kamera vas te vang.

Die voorval het volgens Mabuza glo Maandagaand plaasgevind en ʼn lid van die publiek het die voorval Dinsdagoggend by die departement aangemeld.

“Die kamera wat nou afgebrand is, is al gebruik om 17 541 motoriste wat te vinnig gery het aan die pen te laat ry. Dít dui daarop dat daar duidelik ʼn behoefte is aan so ʼn kamera. Dié naweek alleen is vier mense op die R40 by Mbombela en Barberton oorlede,” het Mabuza gesê.

Die motief vir die voorval is nog onbekend, maar dit word ondersoek.

Pat Ngomane, LUR van gemeenskapsveiligheid, het ʼn beroep gedoen op wetstoepassingsagentskappe om hulle nie hierdeur te laat afskrik nie, maar voort te gaan met hul harde werk om jaagduiwels aan die pen te laat ry.

“Dit is betreurenswaardig dat mense infrastruktuur vernietig wat ander se lewe kan red. Niemand het die reg om ons kameras te vernietig nie. Mense moet eerder die verkeersregulasies nakom en die regering bystaan om ongelukke te verminder.”

Ngomane het ook ʼn beroep gedoen op lede van die publiek wat moontlik weet wat gebeur het om na vore te kom met inligting wat die polisie in die ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Henk ·

Hierdie is n duidelike aanduiding van die kriminele vlak van orde wat in SA heers. Dis eintlik siek.

Cherokee ·

R40 Kamera en werk maar self uit hoeveel geld daardie kamera al verskaf het teen 17541 kaartjies. Nou werklik nie iets om oor te kla nie. Wat ‘n bargain!

Lizzy ·

@Cherokee – R40 is nie die prys van die kamera nie… Dit is die roete naam van die pad waar dit staan.

Cherokee ·

hehe. ek weet Lizzy, het dit speels gesê… want die R40 pad was so gereed om saam te grap.

Cherokee ·

Nie eens gekneus nie, Anoniem. Ek is groot en sterk en kan dit vat :-)

Cherokee ·

Nee IK, die kamera is teen stadiger as 120kmu (eintlik130kmu bekruip).

Lee ·

Die motief is NIE onbekend nie – dis voor die handliggend – Krimineledade wat ongestraf sal bly en net dui op algehele verwoesting en verplettering.
DUS – GEEN RESPEK VIR NIKS OF NIEMAND NIE

bgj van der westhuizen ·

laat my dink die taxi s wat daar die pad gebruik sal die meeste beboet geword het en n as die kamera stukkend is sal hulle voor deel uit dit kry

Koos de Meyer. ·

Hulle huil oor die kamera, pleks dat hulle kyk by stopstrate. So Trap Ons Petrol. In die nuwe Suid-Afrika bestaan ‘n stop teken glad nie. Dis meer gevaarlik as ‘n paar ki lometer oor die spoed. Geldmakery.

Netso ·

Hy het reeds meer as R1 Miljoen gemaak wats die probleem? Wie het stadiger gery nadat hulle gevang was? Dis nie wetstoepassing nie, dis ñ geel geldmaak masjien!

Zelda ·

As jy by die spoedgrens hou dan kan hul nie geld maak nie…… so simpel soos hou by die spoedgrens….

Nanna ·

‘n Kamera red nie lewens nie.
Met so baie boetes moet daar ‘n ander manier gevind word om die mense te dwing om stadiger te ry. Hulle plak pleisters op die probleem en spreek nie die probleem aan nie.
Klink soos maklike geldmaak so na aan Kersfees vir bonusse.

Chris Ws ·

Nanna ek stem saam met jou siening.Dis nou tyd dat kameras al die mense uitwys wat die spoedperk op daardie plek met meer as 40km/h oorskry en saam met ‘n ordentlike boete moet die skuldige se voertuig waarmee die oorteding begaan is gekonfiskeer word.Sou die oortreding met ‘n maatskappy of besigheid se voertuig gepleeg wees moet sy boete vervierdubbel word.Indien ‘n boete nie betaal kan word nie moet die skuldige tronk toe.Mense wat jaag is potensiele moordenaars.

Willie ·

Lekker ! Brand al die stupid kameras af… dis ‘n mors van tyd om fotos van mense te neem. Meer SIGBARE polisieering is wat nodig is. Die kameras is in elk geval net daar om inkomste te genereer, NIE om lewens te red nie . . . come on wake up sheeeple !

Tommie ·

Ek stem 100% saam.
Spoed kameras vang nie roekelose en dronk bestuurders nie.

Nettie ·

Dis in elk geval onwettig. Spoedboetes moet op jou in persoon bedien word, en jy moet daarvoor teken. Dis nou, as ek dit reg het.

Zelda ·

Ek gaan dit probeer verduidelik op n maklike manier. Die kamera neem n foto…. dan word die fotos se registrasie nommer gesoek op die databasis om die EIENAAR se besonderhede te kry. Dan stuur hul ‘n KENNISGEWING aan die eienaar (per pos) om hom in te lig van die oortreding. Die eienaar moet dan besluit of hy skuld wil beken of dalk was die eienaar nie die bestuurder tydens die oortreding nie en dan kan die eienaar of dit ignoreer (want dis net n kennisgewing) of jy kan die verkeersdep. in kennis stel van wie die eintlike oortreder was op daardie stadium…. binne n tydperk sal n beampte jou bedien met n dagvaardiging en nee jy hoef nie daarvoor te teken nie…. hy kan dit op die adress aan enige iemand gee wat ouer as 16 lyk. As jy dit ignoreer sal jy in die moeilikheid kom want daar is n hofdatum. Daag jy nie op by die hof nie dan reik hul n lasbrief vir jou arrestasie uit.

Johnnie ·

Ek het vir hulle n goeie oplossing in die plek van die kamera. SIT SPOED HOBBELS IN dit sal hulle laat stadiger ry.

Aaptwak ·

As ek moet stadiger ry as die spoedperk omdat daar spoedwalle is, brand ek nie net kameras nie maar ek brand die strate ook af!!!

Dries ·

Jammer dat so iets gebeur wat ons belastinggeld opvreet. As jy oor spoed ry moet jy bereid wees om die straf te onvang . Al is dit soms frustrerend , hou by die wet, so maklik soos dit , want dan het jy nie rede om te kla .

DVL ·

@Nanna en Willie stem geen spoedkamera kan enige lewe red nie en enige iemand wat so iets kwytraak is duidelik nie baie vars nie. Begin onpadwaardige voertuie en roekelose dom bestuurders van die pad afhaal. Leer mense om ordentlik te bestuur soos in Duitsland bv. waar jy nie net sommer ‘n lisensie kan koop nie jy moet werk daarvoor.

Chrisjan ·

Word wakker ons bly in SA nie in Duitsland nie.Hulle moet net die oortreder se voertuig konfiskeer wat ver bokant die spoedperk gery het dan sal almal versigtiger wees.

wet ·

Chrisjan. versigtig soos die ou wat 60 in ‘n 120km/h sone ry?

Piet Pompies ·

Spoed is wel ‘n probleem op die pad, die spoed oortreders weet waar die kameras is, ry stadig in die area en die res van die pad is dit voet in die hoek. Die R40 tussen Nelspruit het wisselvallige spoedbeperking, 60km/h sones, 70km/h sones en dan 80km/h sones. Die kamera wat gebrand het gaan nie gemis word, dit is nie nodig om hom te vervang. Solank die spoedbeperking in SA R100 is, is daar nie oplossings vir padsterftes.

Judge Dredd ·

Voertuie en kameras word verbeter, maar paaie en drywers word slegter – se ons waar die werklike probleem met die baie ongelukke is en hoekom hulle voorkomings maatreels niks sal help nie.

Ian ·

Ek is n inwoner van Nelspruit en moet erken dat daardie kamera n vreeslike groot pyn in die lae rug is. Die spoedbeperking in daardie deel is 60kmh teen n afdraant op n 3 laan in elke rigting. Dit is duidelik soos daglig dat daardie kamera slegs daar is om geld te genereer. Dankie aan die persoon wat die moeite gedoen het om hom te brand. Welgedaan.

Coenraad ·

Hierdie kameras word geinstaleer sodat die robot die werk moet doen en die beamtes rustug kan sit en slaap en getale kan volmaak

DR ·

Ag asseblief. Is dit nou nuus. Gaan ondersoek liewers al die plaasmoorde!!!

ZAR ·

Ok ok dit was ek
Daai ou in die geel boks sal nou 2 keer dink voor hy weer fotos van my neem in die openbaar. Ek is ook geregtig tot privaatheid.
?

Cherokee ·

Jy’s reg ZAR. Photofirst en die Kodakshops is almal hope goedkoper as jy foto van jou en jou kar wil hê.

Boet Fasie ·

Wens hulle wil kameras of verkeersbeamptes by stopstrate sit, motoriste verminder nie eers meer spoed by ‘ n vier rigting stop nie en die gebruik van selfone terwyl drywer bestuur en die hondjies op bestuurder se skoot terwyl daar bestuur word – ai sonde.

Jannes ·

Ek wens iemand wil die kamera aan die brand steek wat net buite Richmond in die Karoo is. As daar nou ooit ‘n gelmaak kamera is is dit die een.

Anita ·

Lanklaas iemand gesien wat vervolg is vir oortredings deur ‘n verkeerskonstabel.
Deesdae mode om met selfoon teen die een oor te bestuur; strak vooruit te staar en land en sand te praat.
Spoedkameras is maklike geld en wei is werk.

Rob ·

Witbank is vol van die kameras, maar waar die probleem le, is met die taxies. Ry waar hulle wil, stop nooit by die robots ry deur die stops ens, Nog n manier om geld uit ons te maak.

Zelda ·

Een van die dae sit hul kameras op om die kameras te check…..

Tiger ·

As alle motoriste net die pad wette gehoorsaam sal daar nie werk vir spoedkameras wees nie .Die’ wat kla oor spoedkameras is almal skuldig.Kry vir julle.

Andrew ·

Daardie kameras is net om geld te maak . Spoedbeperkings daar is so wisselend dat mens nie meer weet hoe vinnig mag jy waar ry nie.

Niel ·

ek dink dit was ‘n ou met sy skelmpie wat die kamera afgebrand het na daar ‘n paparazi foto geneem is van hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.