Ondersoek na ‘staatskaping’ begin

parlement-wikimedia-commons

Die parlementsgebou in Kaapstad. Foto: Wikimedia.org

Die parlement se portefeuljekomitee vir openbare ondernemings het Dinsdag met sy ondersoek na beweerde staatskaping van staatsondernemings begin.

Prof. Anton Eberhard van die Universiteit van Kaapstad het die komitee toegespreek oor inligting waarna verwys kan word wanneer onderhoude met verskeie getuies gevoer word, onder andere voormalige en huidige lede van Eskom se raad, Lynne Brown, die minister van openbare ondernemings, en haar voorganger, Malusi Gigaba.

“Die verwysingsboek verskaf ʼn onafhanklike, toeganklike, bondige en feite-gebaseerde uiteensetting van sommige, maar nie alle, van die beweerde voorvalle van staatsmislukking en kaping van die grootste staatsmaatskappye,” het Eberhard gesê.

Zukiswa Rantho, waarnemende voorsitter van die komitee, het in haar openingsaanmerkings gesê die ondersoek sal uit drie gedeeltes bestaan, naamlik die Eskom-ondersoek, die Transnet-ondersoek en die Denel-ondersoek. Sy het gesê die ondersoek vorm deel van die parlement se oorsigtelike rol en dien nie as ʼn vervanging van ander wetgewende prosesse nie.

Rantho het bygevoeg dat niemand as oortreders beskou moet word nie en enigiemand wat van ʼn oortreding beskuldig word, sal die geleentheid gegun word om hul kant van die saak te stel.

Eberhard het gesê die komitee sal waarskynlik bevindinge maak rondom die manier waarop die bestuur van Eskom ondermyn en aangepas is om tot voordeel te strek van ʼn elite-groep met politieke bande, terwyl nasionale ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in gedrang gebring is. Hy het aangedui die komitee sal sekere bevindings maak sodra die ondersoek afgehandel is.

Aanbevelings in die verwysingsboek sluit in die moontlike vervolging van strafbare individue, die hervorming van bestuur en die herstrukturering van die land se elektrisiteitsektor sodat korrupsie in die toekoms tot die minimum beperk word. “Die ondersoek het die potensiaal om lig op die verlede én die toekoms te werp,” het Eberhard gesê.

Die komitee het die voorlegging van die verwysingsboek verwelkom aangesien die saak, volgens Rantho, “’n ingewikkelde saak” is. “Die inligting wat aan ons voorgelê is, behels ernstige bewerings rondom staatshulpbronne.”

Veiligheidsmaatreëls is in plek gesit om die veiligheid van getuies tydens die ondersoek te verseker. Die ondersoek sal Woensdag voortgesit word wanneer die komitee toegespreek sal word deur die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) en “een belangrike getuie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Ja shure…en my oorle ouma gaan opstaan en inskryf vir n surf kompetisie! ONAANTASBARE STAAT VAN ZUMAIKIES IN ZUPTOPIA!!! ANC legacy

Nico ·

Ons gaan nie praat nie anders skommel ou presi die cabinet met ons by die deur uit en moet tevrede wees met die toebroodtjies voor die verkiesing

Nicolaas ·

Dis ‘n groot grap. Parlementêre komitee. 62% vd Nasionale Vergadering bestaan uit ANC lede en dit word gereflekteer in alle komitees vd Parlement. Die ANC stel die President aan, wie die Kabinet aanstel. In effek stel die ANC ook parlementslede aan met hulle meerderheid. Dis net logies dat enige parlementêre komitee hulle partylede, of dit nou die President of Kabinet is, beskerm teen vervolging. In 2001 het Skoor (Scopa) met Gavin Woods as voorsitter aanbeveel die SOE ondersteun deur ‘n aantal ander rolspelers noet die wapenskandaal ondersoek. Dis toegesmeer deur Thabo Mbeki en in ‘n smalende brief deur toe nog adj-pres Jacob Zuma aan Woods bevestig. Waar was die Parlement toe? Waar was die Parlement toe Zuma die Grondwet verontagsoom het in die Nkandla sage? Dis oor en oor bewys dat parlementêre komitees se ondersoeke niks anders as ANC ondersoeke is nie en ‘n mors van tyd en belastinggeld, bloot ‘n toesmeerdery

Loeis ·

Presies! Selfs al getuig Thuli Madonsela met harde bewyse weet ons wat die uitslag gaan wees, want dis ANC parlementslede wie hier hulle leiers se dade moet beoordeel.

En dan gaan die DA seker weer ‘n mosie van wantroue teen Zuma loods, wat soos altyd nie aanvaar word nie. Ek wonder of Helen Zille al begin wonder het of sy en haar genote die regte ding gedoen het toe hulle Black Sash die ANC aan bewind help kom het, en of hulle dink dat dit net Zuma is wat ‘n fout is.

Hendrik ·

Wat is daar om te ondersoek? Daar is genoeg sigbare bewyse dat die drie vet Karachi kerriekoppe vir papkop kwadraad in hul sak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.