Ondersoek ná twee kleuters glo gif by sorgsentrum inkry

Die agterplaas van die huis in Westdene waar daar na die kinders omgesien is. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Die eienaar van ʼn huis in Westdene in Johannesburg waar ʼn Zimbabwiese vrou na kinders omgesien het, sê die twee kinders wat weens beweerde rotgifvergiftiging dood is, het nie op sy eiendom gesterf nie.

“Dis nonsens om te sê hulle het twee kinders dood weens rotgifvergiftiging hier aangetref. Die polisie het daardie verslag nog nie uitgereik nie en as enigeen sê die verslag het dit bevind, moet hulle my kom wys,” sê Barry de Beer, eienaar van die huis.

“Die kinders is nie hier dood nie. Een het in die hospitaal gesterf en die ander een tuis.”

Albei kinders is 10 Mei dood.

De Beer sê die vrou wat na die kinders omgesien het, was ʼn huurder van ʼn gedeelte van sy agterplaas.

Volgens hom was die kinders na wie sy omgesien het dié van haar vriende wat in dieselfde omgewing woon.

“Almal kom soek hier na die vrou en dreig haar om een of ander rede. Sy kyk na my kinders en daar is niks fout met hulle nie. Sy doen dit al agt jaar lank.”

Hy sê die vrou sien al ʼn paar jaar lank ook na ander kinders om.

“Dit is nie ʼn geregistreerde kleuterskool nie en ons het haar toegelaat om na die kinders te kyk omdat sy gevra het dat sy ʼn ekstra inkomste wil verdien.”

De Beer sê een van die kinders se suster het haar by die huis kom haal. Die kind was klaarblyklik ongedeerd. Hy het later gehoor sy is weens vergiftiging dood.

Op ʼn vraag of hy rotgif op die eiendom gebruik, het De Beer gesê hy het kinders en troeteldiere en dat hy dit daarom nié sou doen nie. Hy sê die gemeenskap sukkel wél met ʼn muisplaag.

Kapt. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die Sophiatown-polisie, sê die kinders was siek en is in ʼn hospitaal opgeneem waar hulle aan ʼn onbekende siekte gesterf het.

“Ons het nadoodse ondersoeke gedoen en spoorelemente van ʼn soort gif gekry. Ons wag vir toksikologieverslae om vas te stel watter soort gif moontlik tot die sterftes aanleiding gegee het,” sê De Bruyn.

Die polisie doen twee geregtelike doodsondersoeke na die voorval.

Die burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling, Mpho Phalatse, het ná ʼn besoek aan die polisiekantoor gesê die departement het dit betreklik maklik gemaak om ʼn sogenaamde vroeë kinderontwikkelingsentrum te registreer.

Sy sê ʼn ondersoek is ook geloods na bewering van verskeie kleuterskole wat onwettig in die buurt bedryf word.

“Ek dink as ʼn departement het ons laat slap lê deur nou eers hiervan uit te vind. Die wyksraadslid het die voorval onder my aandag gebring en ek wou weet waarom dit nie vroeër al gedoen is nie,” sê Phalatse.

“Amptenare moet voorvalle, veral soos dié, vroeër eerder as later aanmeld. Daar is dus ʼn gaping in die stelsel.”

Sy sê sy was reeds in verbinding met die departement van omgewingsgesondheid en dat hulle nie net voorvalle moet aanmeld wanneer dit gebeur nie, maar ook probleme moet voorkom.

Die sorgsentrum is sedertdien gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

EO ·

Kyk hoe lyk daai agterplaas waar na die kinders omgesien word!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Toksikologie verslag? My skoonsuster is twee jaar terug oorlede. Die junior doktertjie by ongevalle het “pille in haar maag gekry” en aangedring op ‘n outopsie. My skoonsuster het voorskrif medikasie gebruik vir bloeddruk, bloedverdunning, pas-aangeëer, bloedsuiker, ens…..Dit is so aan die dokter deurgegee, EN die professor by die lykshuis. Nou, twee jaar later, wag my broer nog vir die toksilogie verslag……….en die personeel daar reken dit kan enige iets van TWEE TOT AGT JAAR neem om so ‘n verslag te kry. Intussen kan my skoonsuster se boedel nie afgehandel word nie…..Sterkte!! In Afrika leer jy om te wag….

willem Botha ·

Ek sal nie eers my yorkies los by iemand wat se erf so morbied lyk nie .

Zettie ·

Die berig is baie vaag, maar ek lei af dis al inligting wat aan MM oorgedra was. Die kinders is al 10 Mei dood. ‘n Geregtelike ondersoek word nou eers gedoen? Is daar nog ietsie oor van die liggame om ondersoek te word? Hulle soek nou iemand om te blameer. Daar niks gesê oor die Zimbabwese burger nie, maar die eiendaar van die eiendom word by name genoem? Ja swaer…………

jessica ·

Wow look what is looks like, is that how a day care should look like to take care of babies, no here i don’t agree this is not a registered day care, don’t just close the place down, arrest the owner for murder, 10 to 1 the kids were playing with no supervision that’s why they got hold of the poison, if there was supervision this would have not happened at all, i can imagine how it looks like inside. That is bad news.

Risa ·

Nix fout met die yard nie, dt lyk skoon en netjies. Die rering het manet gefail in hierdie geval soos talle voor dit.

Ronel ·

Jinne Risa, niks fout se jy? My liewe mens, dalk kyk ons nie na dieselfde foto van ‘n agterplaas nie! Dis slordig en ellendig verby. NIE bevorderlik vir kinderontwikkeling nie!

Dries Moolman ·

Goeie genade, lyk my niemand is nerens meer veilig nie – nie in jou eie huis nie, nie by ‘n skool of kleuterskool nie, ook nie by ‘n hospitaal nie. Ek hoop darem ons president is veilig…

Johanna ·

Daar is hopeloos te veel onwettige dag sorgsentrum en dag moeder instansies. Dit is nou maar eenmaal so! die kinders wat gesterf het weens die gif is dan altwee in dieselfde versorg plek!
Dit spreek van self.

same old ·

Onbevoegd en lui. Phalatse se stelling is lagwekkend want dit is mos maar dieselfde vir alle departemente en organisasies wat hulle versonderstel is om te behartig. Dit gaan vir munisipale, verkeer, medies, polisie, troeteldiere, wild, ens. Noem maar op. But we want the job.

Annie ·

Net weereens ‘n voorbeeld van die tipiese Afrikaner wat munt wil slaan uit enige situasie moontlik.. die woorde dat die kleuterskool nie geregistreer was nie maar dat sy graag ‘n ekstra inkomste wou verdien maak in my oe jou net so medepligtig aan moord.. het jy ooit werklik omgegee wat in jou erf gebeur.. sy het dit van jou gehuur.. jy as die eienaar bly nogsteeds verantwoordelik vir dit wat op jou erf gebeur.. het jy ooit seker gemaak hierdie vrou is bevoeg om na kinders om te sien.. het jy ooit seker gemaak sy het ‘n geldige werks permit.. seker nie die moeite was net te veel.. en ouers… ek hoop van harte jul sal wakker word en begin kyk en vra waar jul jul kinders aflaai… is dit regtig die beste plek vir jou kinders???

Angie ·

WATCH: Rat poison threatens the survival of Cape Town’s caracals
11 minutes ago
There are fresh fears for the future of the Cape Peninsula’s caracals following a study showing widespread exposure to rat poisons.
VIA NEWS 24

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.