Ondersoek na universiteit se hantering van ‘swartgesig-herrie’

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat valslik daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het. Foto: Facebook

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag gesê ʼn onafhanklike kommissaris sal aangestel word om die instelling se hantering van die gebeure te ondersoek nadat twee vrouestudente geskors is toe hulle valslik van “blackfacing” beskuldig is.

Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19) is geskors nadat ʼn foto van hulle op sosiale media versprei is, waarop dit lyk asof hul gesigte swart geverf is. Dit het egter later aan die lig gekom die meisies se gesigte is pers geverf en met blinkers bedek vir ʼn koshuispartytjie met ʼn sterreruim-tema.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier by die universiteit, het in ʼn verklaring gesê hy en die universiteitbestuur het kennis geneem van die trauma wat die insident vir die twee meisies en hul ouers veroorsaak het en het reeds hul “spyt hieroor uitgespreek”.

“Ons het ook kennis geneem van die wye reaksie in die media, op sosiale media en van ʼn groot aantal mense wat aan die universiteit geskryf het met aantygings teen die instelling oor ons hantering van die kwessie,” het hy gesê.

“As universiteit is ons deurlopend daartoe verbind om regverdig, effektief en deursigtig op te tree in ooreenstemming met die universiteit se waardes van uitnemendheid, innovasie, medeverantwoordbaarheid, empatie en diensbare leierskap. Self-evaluering en kritiese analise vorm deel van die akademiese etos van die universiteit en ons sal in oorstemming hiermee voortgaan om die mees opbouende proses te vind om gebeure soos dié te hanteer.”

Hy het gesê die onafhanklike kommissaris sal die onderskeie fasette van die voorval en die universiteit se hantering daarvan ondersoek. Die kommissaris sal bevindings en aanbevelings maak en aan die bestuur voorlê. Verdere inligting sal bekendgemaak word sodra die kommissaris die aanstelling aanvaar het.

ʼn Regspan van AfriForum Jeug het vandeesweek namens Briendenhann en Cloete aanklagte teen enige amptenare van die universiteit ingedien wat by die ondersoek na die saak betrokke was, maar ook spesifiek teen Mathew Smorenburg, verbonde aan die universiteit se sentrum vir studentestrukture en -gemeenskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

GES ·

Spyt kom ‘n bietjie laat US-bestuur. Om die saak te beredder stel ek voor dat die die persone in die pad gesteek word wat hierdie twee jong dames so verneder het.

Zondra Hoffmann ·

Geen twyfel daaraan dat diesulkes wat hierdie geval so uit verband geruk het, summier ontslaan moet word nie. In die lig van die rassistiese mania van die laaste paar weke, was dit uiters onverantwoordelik om so oorhaastig, soos M-Net, op te getree het, sonder om die gevolge te oorweeg nie. Dit was blykbaar amper onmiddellik bekend dat daar geensins swart gesigte betrokke was nie. As hulle nie eers ‘n kans gegun was om te verduidelik nie, dan gaan julle en diegene wat betrokke was, duidelik aan die pen ry. Daar is ‘n ongenaakbare, onverdraagsame houding te bespeur by sekere studente en wat gister op kampus te sien was, is ook geheel en al onaanvaarbaar. Dat mense “gevange” gehou word, ek vra jou? Een groep studente se regte is nie meer belangrik as die ander groep nie. Dit druis in teen die regte wat almal het, en hierdie kultuur van konfrontasie moet nou vir eens en altyd hokgeslaan word.

GPC ·

Die amptenare moet maar dieselfde pas as die meisies loop. Skors hulle dadelik, en neem dan julle tyd om te sien wat eintlik gebeur het.

m ·

Duidelik het hierdie universiteit die hele storie so buite verband geruk net om die wit studente te verneder. Ek hoop hulle ouers dagvaar daaai plek vir miljoene, naamskending, viktimisering, vernedering en wat ook al. Duidelik is daar ook nie na al die feite gekyk voor daar opgetree was nie. Kry vir julle, leer uit julle rassistiese foute!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Herman ·

As ou smorenburg nou eers sy werkie verloor na die hele debakel, dan laat dit my wonder of die swartetjies vir hom n werkie sal gee… hy is dan nou so besorg oor hulle gevoelens gewees.

Dave ·

Jammer dat die Prof nie ook genoem het nie dat daar ook opgetree sal word teen diegene wat wangedrag gevlieg het nie. Indien daar sulke Smorenburg (?) gevalle sou wees….

Theo ·

Ja Win, neem kennis, julle probleme (hof sake) is oppad. Dis ongelukkig die denke van die slap gewrigte, praat na die tyd want dis die maklikste uitweg. US bestuur kort mense met ruggraat wat situasies vinnig kan opsom en n besluit te kan maak tot voordeel van alle partye. Hoe wens ek nou jy was my troep in die weermag.

Trots Afrikaans ·

Dit het hulle 3.7 sekondes gevat om die meisies te skors.

Hoekom is hy nog nie geskors nie. Hy moet mos dan nou ook geskors word vir sy “eie veiligheid” hangende die ondersoek.

Eugene ·

As ‘n blanke mens homself/ haarself dan wit verf, sou dit ook ‘n nuutgevonde en nuut uitgedinkte vorm van “rassisme” wees?

Kan nie help om te dink hoe ernstig rassisties die knape langs die pad met hulle vertonings en ressitasies en witgeverfde gesigte om geld te bedel dan is nie! En watter erge vorm van rassisme dit dan ook blyk te wees as ons Desember vakansies lekker bruin gebrand terugkeer van die sonbrand nie!

Sjoh!
Bes moontlik is die son ook rassisties…

JB ·

Lys die spul wat hierdie kinders se verneder het…US BESTUUR, SMORENBURG, KLOPPERS, RUDOLPH, ens. Hoop hul kinders, vrouens en “lovers” word net so verneder. Die wiel draai.

Anika ·

Hoekom nou so ver gaan en weer duisend rande aan ‘n kommissaris te spandeer terwyl die antwoord so maklik is – die twee onskuldige kinders is summier geskors, skors dan nou die skuldiges ook summier en laat die Universiteite tog asb. hulle prioriteite in ‘n ry kry !!!

PJ ·

Sien een of ander verpleegster organisasie wil nou nie meer wit uitrustings dra nie dateer glo ok terug na Florence Nightingale era maar sover ek weet was daar ok “swartmense” (hoop tog ek nie rassisties) in konsentrasie kampe het sy mos na hierdie mense ok omgesien. Wonder nou net wat gaan diè mense nou doen as hulle trou.Hulle nogal gek na wit trourokke en is hierdie wit trouery nie ok rassisties nie?

SkarrelKind ·

Wim is ‘n witgepleisterde graf. Sy dag kom, los hom maar.

anna ·

Wat wil US bestuur en Kie verder ondersoek? Oor hoe belaglik hulle is? Die hele onaangename verhaal is na die Buitelandse pers (OOPS – verskoon die “kleur” ) gestuur.
Kan nie wag om te hoor wat hulle te se het nie. Dan gaan ou Wim lekker skaamkry . Hy het nou sy naam so hond gemaak. Praat nie eers van die Smorenburg – knapie/japsnoet/snip nie.
Ek wil hom so graag in die straat sien- want dan gaan ek hom vra om vir my ry rugraat te wys. Ek wil sien of hy een het.
Ook sy geliefde mede-werkers en bestuur/ US bestuur en/Open Stell.
Hulle moet asb laat weet of hulle sonder dit gebore is anders gaan ek hulle vra wanneer ek hulle sien.

KP ·

Stem saam, skors die persone wat hierdie rassistiese besluite geneem het. Eis soveel as moontlik teen US.

humor ·

Hierdie verskoningvraery klink eerder vir my na n g@tlekkery.

david ras ·

Kyk mens na die verloop van die hele anti-wit anti-Afrikaans vedtog op Stellenbosch,is daar een uiters belangrike element wat kort —
INTEGRITEIT . Punt

Flippie ·

Die US bestuur is geensins in staat tot spyt nie. Hulle weet nou moeilikheid is oppad en probeer water op die situasie gooi. Die haat wat diegene wat die US bestuur teen die Afrikaner Koester is groot en dit is skrikwekkende realiteit. Daar is geen reg en verkeerd vir diegene wat die uitwissing van die Afrikaner/Boer dryf/ bestuur nie.

Ons gaan nie die stryd wen as ons hoë morele grond bo ons oorlewing stel nie.

david ras ·

Humor–of ek begryp nie wat jy bedoel nie, of jy weet nie wat INTEGRITEIT beteken nie.
Verduidelik tog asseblief …!

Karma ·

Maroela Media, hoekom sit julle nie ook “hou van” en “hou nie van” ikone op jul kommentaar bladsy nie? ‘n Mens kan ook nie altyd “antwoord” op van die kommentare, sommer op die kommentaar self nie, want daar is nie altyd die “antwoord”-opsie op almal nie. En ek dink jul moet julle polities-korrekte media “B’s & V’s” bietjie nagaan – gaan kyk maar watter soort kommentare verskyn op ander media se blaaie! Ek het nog niks so erg op MM se bladsy gesien wat my tot in my diepste wese geskok het nie. Komaan, MM, speel ‘n bietjie saam!

Sune van Heerden ·

Dagsê Karma

Dankie vir jou terugvoer. Ons is inderdaad besig om ondersoek in te stel om seker te maak dat dit al hoe makliker raak vir lesers om kommentaar te lewer of om aan te dui wanneer hulle van ‘n kommnentaar hou – meer hieroor later in die jaar.

Dit is natuurlik ander mediahuise se eie besluit watter kommentaar hulle wil goedkeur of toelaat op hulle bladsye. Ons volstaan by ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname – dit is opgestel in oorleg met regskenners om seker te maak dat ons en ons lesers beskerm word. Boonop is dit ook vir ons belangrik om seker te maak dat Maroela die “lekkerste kuierplek” op die internet bly – nie ‘n plek waar lesers mekaar of enigiemand anders verneder of afknou of met mekaar baklei nie. Een van ons hoofwaardes is ook ons Christelike waarderaamwerk – soos ons bepalings en voorwaardes ook bevestig: “Gesprekvoering vind binne ‘n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

stoney ·

Dat jy jou eersgeboortereg so vir ‘n pot lensiesop kan verruil. Ek skaam my vir diesulkes. Skaam julle, ek is wit en trots daarop. Ek is Godgeskape en nie skaam daaroor nie. Ek het nog NOOIT van iemand gesteel, aangerand, vermoor of sy lewe vir hom voor te skryf nie. Hoeveel.kan dit vandag met alle EERLIKHEID nog sê. Ek ‘rest my case’

Theresa ·

Die arme meisies. So onskuldig.. Snaaks genoeg die nie- blankes wat hulle gesigte wit verf en bedel vir n geldjie wors niks van gese nie. Ooooo nee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.