Ondersoek na vakansieklub-bedryf: Datums en plek vir die Wes-Kaap

vakansie-somer

Foto: Stevebidmead/Pixabay.com

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het die datums aangekondig wanneer die Wes-Kaapse sittings om ondersoek in te stel na probleme in die vakansieklub-bedryf, aangehoor sal word.

Die ondersoek is geskeduleer vir 11 en 12 Julie in die Cape Town Lodge Hotel en Konferensiesentrum in Buitengrachtstraat 101 in Kaapstad. Die hotel se kontaknommer is 021 422 0030.

Volgens Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het die NVK ‘n ondersoekpaneel van drie lede aangestel om die hoofoorsake van verbruikersklagtes in die tyddeel-bedryf te ondersoek.

Die doel van die ondersoek is om die oorsake van die probleme wat verbruikers ervaar, te identifiseer, bevindinge te maak oor die feite en bewyse wat aan die paneel voorgelê word en om dienooreenkomstig aanbevelings te maak.

Alberts sê dit is belangrik dat die publiek sy volle steun aan die ondersoek gee. Registrasievorms vir deelname kan gekry word by Neels Hattingh van die VF Plus by [email protected]. Hy kan ook geskakel word by 012 772 4410.

“Die VF Plus ondersoek tans, met die goedkeuring van die verbruikerskommissie, die moontlikheid om deur ʼn hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is,” het Alberts bygevoeg.

Die datums vir sittings in die verskillende provinsies volg hier onder. Volgens Alberts is dit nog nie bekend presies waar die sittings sal plaasvind nie, maar die VF Plus sal dit, asook enige ander inligting wat mettertyd beskikbaar raak, aan die publiek deurgee.

Wes-Kaap: 11 – 12 Julie
KwaZulu-Natal: 24 – 27 Julie
Mafikeng: 14 – 15 Augustus
Polokwane: 21 – 22 Augustus
Oos-Kaap: 28, 29 en 30 Augustus
Gauteng: 4, 5, 6 en 7 September
Noord-Kaap: 11 – 27 September
Mpumalanga: (nog nie bekend)
Vrystaat: (nog nie bekend)

Alberts sê dié vordering is ʼn groot oorwinning vir VF Plus en bring hoop vir lede van vakansieklubs wat oor die jare onlosmaaklik deur kontrakte aan die klubs gebind is.

Lees ook: Verbruikersrubriek: Nou luister iemand uiteindelik na tyddeelklagtes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dankie ·

‘n GROOT dankie aan die VF+ om nie moed op te gee hiermee. So is my vrou met terminale kanker ook getreiter en selfs hierdie week (meer as ‘n jaar na haar afsterwe) het ek in my persoonlike hoedanigheid ‘n e-pos gekry asof ek hulle iets skuld. Hulle probeer nou ook om hul pote in haar boedel te steek vir ‘hulle geld’. Van hierdie klubs is ‘n onheil en het deur hulle onverbiddelike houding ‘n haat by my ontketen.

Eish ·

Ek is werklik beïndruk met die VF+ wat die laaste tyd skoon uit hul gemaksone opereer en werklik verdienstelike aksies met passie dryf teen n paar onheilige bloedsuiers. Mooi so man!

Daan Erasmus ·

Ons het punte by The Holiday Club. Dit werk vir ons. Ons gaan net buite seisoen en met goeie beplanning kry ons plek min of meer waar ons wil wees.
Die probleem is dat die jaarlikse heffing se inflasie koers net so hoog soos mediese inflasie is. Die Mpy struktuur is duur en top swaar. En wat lekker is bestuur het geen oorsig en bepaal hul eie salaris verhoging.

Trudie Oosthuizen ·

Ons behoort ook al jare aan holiday club en is baie tevrede met hul bespreking diens. Ja ek stem levys is hoog. Ek wonder net indien alle kontakte ongeldig verklaar word wat word van ons gelde wat opbetaal is vir 20 jaar.

Amanda ·

Dankie aan die VF wat hier help. Daar moet defenitief n uittree klosule beskryf word. Wanneer dit nie meer KAN nie dan KAN dit eenvoudig nie meer nie.

snoefie ·

Hopelik gaan vf+ ook die selfoon maatskappye aandurf oor due feit dat hulle kugtyd, eposse, data wat ons koop en betaal onderhewig het aan n tydsduur. ons het dit GEKOOP en BETAAL. dit behoort dus ons, die kopers se perogatief te wees of ons dit oor sewe dae, dertig dae of dertig maande wil gebruik. hulle het verkoop. hulle kan nie besluit oor watter tydperk dit gebruik word nie. hulle betaal die gebruiker nie terug vir die lugtyd, smse en data wat hulle terug neem nie.

Lea ·

Hiermee stem ek ook saam,die selfoon netwerke doen ook net wat hulle wil

Marie Risk ·

Vacation Club International!!! Jongste slenter, kan nie met kamstige konsultant praat nie. Het kontrak gekanselleer! Pasop ook vir Lifestyle en QVC vakansie klub, verander net hulle naam maar dieselfde lot wat nie genoeg weke of vakansieplekke het nie. Ek wil vakansie hou waar en wanneer ek wil NIE wanneer hulle eendag ‘n gaatjie oop het nie!

Anton ·

Ek is lid van Holiday Club. Geen probleme met hulle nie. Gaan buite seisoen en kry gewoonlik plek waarheen ek wil gaan.

Lourens Maritz ·

By Lifestyle kan ek buite seisoen gaan waar ek wil, MAAR, ek is n kampeerder en wil van my kontrak ontslae raak. Dit is so moeilik dat ek maar opgee en net bly betaal en betaal. Dankie FV+, ek hou die vordering met valk oë dop. Ek het immers vir FV+ gestem.

madels ·

Ek moet se, ek is nie deel van die VF nie maar wraggies julle ouens sit nie op jul louere nie, ek is baie beindruk met wat julle al vermag het..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.