Ondersoek na verdagte kontrakte by SAUK verwelkom

Argieffoto

Die parlement se portefeuljekomitee vir kommunikasie het die vordering wat gemaak is in die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na verdagte kontrakte van miljoene rande by die SAUK, verwelkom.

Luidens ’n verklaring deur die komitee is daar onreëlmatighede gevind rondom twee kontrakte van meer as R100 miljoen by die openbare uitsaaier. Dié kontrakte is deur die howe ter syde gestel.

Bewyse wat gevind is het ook gelei tot die instel van siviele regsgedinge deur die SOE en die SAUK in 10 hofsake wat meer as R560 miljoen beloop,” lui die verklaring.

Dit het gelei tot 11 verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en getuienis wat 24 dissiplinêre sake teen die openbare uitsaaier steun.

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het die komitee ook ingelig oor sy prestasieverslag vir die eerste kwartaal van die 2019/20 boekjaar.

Volgens Boyce Maneli, voorsitter van die komitee, het Okosa verskeie probleme by die SAUK uitgelig wat dringend aandag behoort te geniet, insluitend buitensporige uitgawes aan litigasie.

Die bevindinge het die behoefte geskep om bande tussen Okosa, die departement van kommunikasie en die parlement, soos deur die wet vereis, te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Alles goed en wel. Maar as ons so kyk gaan meer tronk hervorming as grond hervorming die lig sien met al die bedrog en korrupsie. Ons tronke gaan te klein wees as almal vervolg en skuldig bevind word.

Renoir ·

Daarna moet hulle weer ‘n ondersoek komitee aanstel om die eerste komitee te ondersoek.

HC ·

Niemand ‘n een korrups tronk toe stuur nie, Korrupsies ANC is almal nog buite!!

Willie ·

Ek stem wanneer begin ons arrestasies sien? Of is dit net n foefie?

Ernst ·

Dis presies waarom dit nie die regte ding is om TV lisensies te betaal nie.

Pieter ·

En dit is ook al waar by dit sal bly hou op om ons belasting geld so te mors

Gert van Wierdapark ·

Kul jou hier en daar met R100 miljoen en R560 miljoen – who cares!!! Dit reen geld in die Reenboog nasie = net jammer almal “deel” nie daarin nie!!!

Dries Moolman ·

Julius het ook daai ding gesien, want hy soek ook sy share. Toe gaan beroof hy sommer direk die bank!

Pieter ·

Ons kan maar kla tot ons blou is in die gesig die regering lag maar net vir ons die land is klaar mense

Klip inni Bos ·

Maak die deure toe vir n jaar en kry almal eers voor stok en begin van voor! Spaar ons belasting geld, maar wie gaan die besluit neem? Niemand. Die een kader sorg vir die ander se miljoeners leefwyse.

jakes ·

Hoe dan nou anders verwag van die SABC? Hulle volg net die voorbeeld van alle staatsinstellings deurom korrup te wees. Watverwag n mens dan nou anders as alle staatsinstellings die demografie van die land implementeer? Regstellende akkies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.