Ondersoek ná video van ‘polisiebrutaliteit’

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter via @Stimoroller)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn vrou van Pretoria-Wes na bewering aan die hand van twee vrouepolisiebeamptes onder polisiebrutaliteit deurgeloop het.

Die voorval het luidens mediaberigte reeds twee weke gelede plaasgevind, maar volgens Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, is die voorval eers Vrydag onder die direktoraat se aandag gebring. “Ons het gister [Maandag] ʼn ondersoeker aangestel om die saak te ondersoek, so baie min inligting is nog beskikbaar,” het hy aan Maroela Media gesê.

SABC berig die twee polisiebeamptes is na die toneel ontbied omdat iemand aangemeld het daar is glo kinders wat dagga naby die vrou, ʼn werktuigkundige, se perseel rook. Volgens Dlamini het die vrou na bewering iets aanstootliks vir die kinders gesê waarna die polisiebeamptes vermoedelik gedink het dié woorde was op hulle gerig.

Dit het glo aanleiding gegee tot die onderonsie wat daarna op video vasgevang is.

In die video, wat op Twitter geplaas is, kan gesien word hoe een van die polisiebeamptes die vrou aan haar hare ruk en die ander beampte haar hande klap. Die een beampte trek die vrou se kop agteroor voordat sy hardhandig in ʼn polisievangwa geboender word.

Dlamini kon nie Dinsdag bevestig op grond waarvan die vrou in hegtenis geneem is en of daar ʼn strafregtelike aanklag teen haar aanhangig gemaak is nie. “Dit sal alles deel vorm van ons ondersoek. Ons wil nie nou in te veel besonderhede daarop ingaan nie omdat ons nie die ondersoek wil belemmer nie,” het hy gesê.

“Dit is belangrik dat die polisie die menseregte van gemeenskapslede  handhaaf en dat daar nie onnodig geweld gebruik word nie. Polisiebeamptes moet die gemeenskap se beskermers wees, nie mishandelaars nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

DeVill ·

Moet jou nooit ooit teen ‘n arrestatie sit nie al is dit hoe onregverdig.
Werksaam en laat hulle jou boei en laai.
Na die tyd kan jy hulle looi tot die einde van dae…maar moet jou nooit teen sit nie!!!

Hoop die dame kla die beamptes aan!

Roos ·

DeVill, jy is ñ baie wyse persoon! Wens meer mense wou jou raad volg

wonder ·

Goed en wel DeVill en Roos. maar dan word jy in die Selle bedruk en jou saak kom eers oor n maan of wat voor en intussen word jy mishandel of gerape in die Selle .

SO WAT NOU???????

GM ·

Ja nè? Solank jy nie twee witmans is wat ‘n misdadiger hardhandig arresteer nie, dan is die saak reg. Ons almal weet mos nou wat met die bogenoemde vrou se sakie gaan gebeur.

eIser ·

Ja die twee wit mans van die sekuriteitsfirma is ONMIDDELLIK in hegtenis geneem en hulle families EN die sekuriteitsfirma is GEDREIG, dit terwyl hulle hom net kar toe gesleep het, daar was GEEN bewyse dat hulle hom geslaan het nie .. maar wel dat hy die winkeleienaar aangeval het … Hierdie polisievroue MOET HULLE WERK VERLOOR< as dit andersom was was die wit polisiemanne gearresteer EN hulle sou hulle werk verloor het ..

Genoeg gehad ·

Stel n groot eis in teen polisie. Hulle het geen reg om dit te doen nie.

Piet parys ·

Gearesteer op grond van wat . Sal nie toelaat dat ek so rondgeruk word nie . Sommige polisie dink mos hulle het regte en jy nie. Kyk maar hoe jaag hulle met polisie voertuie en net om dan naby die polisie stasie stadig in te ry . ?

Hoe nou....... ·

Die vrou was geensins gewapen of aanvallend nie en hande langs haar?! Maar dit bly twee SAP lede teen een lid van die publiek – hulle sal altyd wen.

Willie Gouws ·

Dit is 2 @ 1.Hulle gaan hulle los lieg ,al die skuld op die wit vrou plaas , want wat is makliker om te se sy het teen hulle die woord gebruik .

anton ·

Daar is net een woord vir die polisie in S.A………..
ONBEVOEG!!!!!!!!!!!!
Dagvaar die rook uit die minister van polisie!!! Kry n goeie prokureer!!!

Magrietha ·

Dit is aaranding klaar en waar is haar regte voor gelees maak n saak teen saps

Pvt ·

Dit is SA. Niks gaan gebeur nie. Iemand betaal iemand en so bly ons stil vir mammon.

zack ·

Nou verwag die polisie dat gewone burgers hulle respekteer? Die gemiddelde SA Burger vertrou nie meer die SAPD nie agv sulke optreede deur die polisie lede wat hulle mag misbruik. Die tyd het ryp geword dat elke polisie lid in sy eie persoonlikheid verantwoordelik gehou moet word vir sy dade. Die publiek moet begin opstaan teen SAPD lede wat hulle mag misbruik. Hoekom is dit altyd swart polisie lede wat wit mense mishandel?

hannelie ·

Wat sien ek? Rassisme. Dit is ‘n blanke vrou wat deurloop onder rassisme. Ek hoop sy of haar familie kla hierdie twee beamptes siviel aan. Kry ‘n goeie prokureur, jy het ‘n voet om op te staan.

JL ·

Selfs n briljante prokureur gaan jou nie los kry as die 2 “polisiebeamptes” begin saam lieg nie, R500 sê ons gaan hoor dat sy die K woord toegesnou het.

Maggie ·

Almal dink onskuldige vrou wie se sy is onskuldig hulle verkoop dagga aan ons kinders en kom weg daarmee. Geregtigheid sal geskiet.

Eleanor ·

Dit gaan oor hoe hul haar hanteer het. Hoekom aan haar hare? Hul word mos geleer hoe om te arresteer en professioneel te wees.

Mel ·

Maggie…waar in die artikel staan daar dat sy dagga aan die kinders verkoop het? Die kinders het naby haar perseel dagga gerook.

Karolis ·

Daar is ‘n video opname gemaak van die voorval. Wat beter getuies wil jy he?
Sekere Prokureurs spesialiseer in hierdie sake.

Grys ·

Daar is n video, kan dalk help…het dit nie self gesien nie…maar maak geen aanduiding daarvan nie?

#pushback ·

Dis onaanvaarbaar! Ons moet begin terugdruk teen die tipe behandeling en blatante rassisme. Ons is dalk die minderheid maar ons het steeds regte as belastingbetalers. Ons moet begin aandring op afdanking en nie stop todat ons regverdige behandeling kry nie!

cr ·

Afriforum kan mos vir Gerrie Nel kry om hulle te vervolg, baie van ons betaal mos maandeliks vir Afriforum.

Amelia ·

dink ek ook. Nou net gedink dalk moet ons begin om ons gelde aan Afriforum te onttrek omdat ons blankes nie die regte bystand kry nie.

Dark.O ·

Ek dink mense moet hulle verstand probeer gebruik voordat hulle summier kommentaar lewer. Hoe kan daar van Afriforum verwag word om oombliklik op elke gebeurtenis te reageer? Begin sommer julle eie organisasie met julle eie geld en wys dan hoe dit gedoen word.

Rika ·

Ek stem saam oor die feit dat die polisie beslis verkeerd opgetree het en die video kan beslis tot haar voordeel wees. Maar ek vermoed ook dat die vrou nie gestraf gaan word nie want dagga is mos nou “wettig”. Die polisie vroue sal ook net oor die vingers getik word en hierdie sal ook weereens net stil stil verdwyn.

Marts ·

The smallest bit of authority can be the biggest danger in life, sê ek altyd. Hier word dit bewys. Tragiese mensdom

$ ·

Ek verstom my soms aan kommentare waar mense die berig halflangs lees en dan hul opinie uitspreek oor iets wat nie eens in die berig geskryf staan nie. Rika vermoed dat die vrou nie gestraf gaan word nie omdat dagga nou wettig is – hoe weet Rika die vrou moes eintlik gestraf word? Die kinders het naby haar perseel dagga gerook en sy het hul iets toegesnou – waarvoor moet sy gestraf word? Dankie tog sommige van Maroela se rusbank-regters is nie regtig regters of landdroste nie.

CJ ·

Sosiale media etiek: hoofletters is so goed soos skree vir ander mense. Vanselfsprekend geld dit nie vir akronieme en afkortings nie.

Klaar ·

Mense moet begin besef dat dit beter is om sonder die polisie reg te kom, het ons vergeet hoe baie van hulle het kriminele rekords, hoeveel van hulle kan nie lees of skryf nie? Hulle range is al vir jare gevul met anti-wit rasiste wat enige verskoning soek om ons mense aan te val.

Sophia ·

Kan Solidariteit asseblief ook intree hier en miskien kan Gerrie Nel die saak verder vat sodat hierdie twee polisievroue in die tronk kan gaan sit saam met die twee witmanne van die kisvoorval? Ons het nou GENOEG GEHAD van hierdie eensydige rassisme en dat hulle kan wegkom daarmee!!

se ma net ·

ek reken die persoon wat die video geneem het kan as getuie optree?

Jack Daniel ·

RASSISME!!!! AANRANDING!!! Op grond van wat aangerand en in hegtenis geneem. M.A.W. praat jy hard met iemand en die polisie hoor dan dink hulle dit word op hul gemik!! ??. Shame!! Wys maar net hoe klein breinlik hulle almal is. Maar!!!… Hulle klets, skree n skinder van ons in hulle taal en ons verstaan nie almal hulle gebarrel nie. Hoe nou??? Hoop dai vrou trek hulle kaal uit en gooi tot hulle pruike op die rubbish dump. Maar ook nou weer aan die ander kant… Hulle het mos polisie uniform aan n by gese hulle is swart. ?

Jack Daniel ·

Vergeet om Te vra??? Watter kleur was die kinders?? Miskien nog een v d polisie beamptes se kinsders of familielede.

Tokkolos ·

MM
Ek gaan die 2 kry om besoek by julle te kom afle
My kommetaar was deliver en wragtag nou is dit weg
En ek was nie eers rassisties nie

Tokkolos ·

MM
Ek gaan die 2 kry om besoek by julle te kom afle
My kommetaar was deliver en wragtag nou is dit weg
En ek was nie eers rassisties nie?

Lulu ·

MM
Ek gaan die 2 kry om besoek by julle te kom afle
My kommetaar was deliver en wragtag nou is dit weg
En ek was nie eers rassisties nie?

FM ·

Rassisme. Ek hoop die dame druk deur met n aanklag. Hulle moet aan die pen ry. Dame moet nie laat los nie. Hou aan om aan te hou. Hulle moet bars!!Sterkte. Sit Afriforum op hulle, dan sal jy sien hoe bars hulle.

Dina ·

Julle julle.. Nie een van ons weer regtig wat hier gebeur het nie….Tensy my feite het…

Ex speurder Katryn ·

Die klein vroutjie weeg seker nie meer as 45kg nie. Die ander twee seker nie minder as 316kg saam nie. Die maer enetjie het seker net gevra of sy van die twee dikkes se KFC kon kry in die patrolliewa, toe ruk hulle haar so rond. Obesity maak jou baklei vir jou kos. Toe ek ‘n Polisievrou was moes ons amper so maer soos die kleintjie gewees het. Dit was een van die vereistes. Jy was gekeur. Vandag kan jy lyk soos “ons het nie daai grootte uniform beskikbaar nie, maar kom ons vervaardig dit” en jy is in. Die SAP & SEUNS het een groot grap geword. Ek skaam my.

Rooi ·

Wit, pienk groen of pers. Hells bells maak kleur regtig saak. Al jul kommentare maak my naar. As jy jou verset teen polisie word j hardhandig behandel. Of die polisie nou blou is j bruin of andersom die saak moet verder gevat word. Word groot julle gaan aan soos kinders

Philip ·

Groot mond. Wonder wat jy sou sê as dit jou vrou was as jy getroud is. Gee die saak vir Gerrie Nel.

thelsa ·

As dit twee beampte was met die name van Gerhard of Willem, was hierdie saak al lankal by die Meseregtekommissie en die VVO aangemeld oor die geweld en mishandeling van Persone. Die beamptes sou nou by die huis gesit het en wag op die Dissiplinêre verhoor om hulle af te dank.

Hoekom is die polisie deesdae so morbied oorgewig? ·

Hierdie video beaam die nare en lelike sy van Suid-Afrika. Ek hoop geregtigheid sal geskied.

Ek sien daar is ‘n Dagga uitstalling in Menlyn, Pretoria in Desember en kaartjies verkoop seker flink. Die daggaliefhebbers moet eerder soontoe gaan en ander mense se privaat eiendom vermy.

Elizabeth ·

Ja nee dagvaar die poliesie vir miljoene hulle sal dit nie weer waag nie.

E.K. die eerste ·

Ex-speurder Katryn jy het my nou LEKKER laat lag!

Kraai Hartzenberg ·

Hoe stupid van die polisie-beamptes. Dit was n blatante rassistiese optrede.
Bolhuis (TV)toe met die geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.