Ondersoek na vliegongeluk ‘kan maande neem’

Annene le Roux. Foto: Facebook.

Die ondersoek na die vliegongeluk Sondag in Magaliesburg in die weste van Gauteng wat die lewe van twee jong mense geëis het, kan maande neem om afgehandel te word afhangende wat die kompleksiteit van die ondersoek.

Só sê Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid. Ledwaba het gesê die ondersoek na die ongeluk het reeds begin. “Die voltooiing van die ondersoek word gekenmerk deur die uitreiking van ʼn finale ongeluksverslag wat die waarskynlike oorsaak van die ongeluk sal insluit, asook veiligheidsaanbevelings wat daarop gemik is om veiligheidsvlakke te verbeter in ʼn poging om te verhoed dat dieselfde soort ongeluk weer gebeur,” het Ledwaba gesê.

Ben Laas. Foto: Facebook.

Maroela Media het vroeër berig Annene le Roux (23) en Ben Laas (24) is dood toe die Cessna-vliegtuig waarin hulle gevlieg het Sondag naby die Ingwe-lodge in Magaliesburg neergestort het. Ledwaba het bevestig dat die vliegtuig deel van ʼn “huur-en-vlieg-ooreenkoms” van die vliegskool by die Wonderboom-lughawe was en dat die vliegtuig van daar af opgestyg het.

Jabulani Mapumulo, waarnemende bestuurder en uitvoerende direkteur van die Wonderboom-lughawe, het Maandag gesê daar sal later ʼn verklaring oor die voorval uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alet ·

CAA sal eerder jare neem om te ondersoek, ons het amper 5 jaar gewag vir ons seun se finale ongeluksverslag.

Alet ·

Aan die ouers en boeties en sussies van beide hierdie 2 jongmense, my hart gaan uit na julle. Dit is ‘n lang seer pad wat voorle.

wondersteeds ·

stem saam Alet, waar ons geliefdes verloor het in die polisiehelikopter ongeluk van sewe jaar terug, was die uitslag na jare- , niks en niemand kan aanspreeklik gehou word nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.