ʼn Ondersoek sal gedoen word nadat die vloer van Eyethu Fishing in Port Elizabeth Donderdagaand meegegee het.
“Die bestuur van Eyethu Fishing en die betrokke owerhede sal ʼn formele ondersoek doen,” het Stephen Dondolo, woordvoerder van die maatskappy, in ʼn verklaring gesê.
Altesaam 88 werknemers is beseer toe die boonste verdieping van die gebou Donderdagaand omstreeks 20:00 meegegee het, het paramedici Vrydag gesê. Klik hier om meer te lees.
“Twee van die werknemers is ernstig beseer en is steeds in die hospitaal,” het Dondolo gesê. Nog 15 werknemers is opgeneem vir verdere behandeling en waarneming.”
Sowat 200 ander werknemers in die gebou is nie beseer nie.
Die betrokke gebied sal afgesper word totdat herstelwerk afgehandel is. Die ander dele sal Saterdag oopgemaak word.
Die departement van arbeid sal ook die saak ondersoek.
Publiseer in sulke gevalle die bou kontrakteur se naam asook maatskappy naam asb. Publiek moet weet