Ondersoek ná voedselvergiftiging by skool

Argieffoto (Foto: jackmac34, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jackmac34, Pixabay)

Die departement van gesondheid stel ondersoek in nadat 82 kinders Vrydag by ʼn skool in Ekurhuleni in Gauteng vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die leerlinge van Tholulwazi Secondary School is omstreeks 09:30 na die Pholosong-hospitaal geneem vir behandeling.

“Die leerlinge, in verskillende grade by die skool, is na die hospitaal geneem nadat hulle van maagpyn en diarree gekla het,” het hy gesê. “Volgens die onderwysers het die leerlinge die vorige dag stampmielies en bruin boontjies, kool en botterskorsies geëet uit die skool se voedingskema.”

Nie een van die leerlinge is in die hospitaal opgeneem nie.

“Die infeksiebeheerspan van die hospitaal het die skool Vrydag besoek en monsters van die kos geneem. Dit word gestuur vir toetse by die nasionale gesondheidslaboratorium. Die uitslag sal binnekort bekend gemaak word,” het Mabona bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CR ·

Sover ek weet ja – daar is een by ons skool in Meyerton. Sowel, wit as swart kinders kry kos by die skool en dis meestal wit kinders wat in ons voeding skema is

Desire ·

Ons het ook n voedselskema, maar dit word befonds deur ouers en borge, nie die staat nie.

Hannie ·

Seeing is believing, na aanleiding van bevordering van blanke polisie lede.

christine ·

Sien juis vanoggend weer n viswinkel assetent by n afdelings winkel gaan staan en rook buite met haar winkel se naam op haar uniform sy so besig met n nose job wonder ek mos toe of sy darem gaan hande was voor sy met die vis gaan werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.