Ondersoek ná vrou baba verloor toe kar oor haar ry

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek nadat ʼn swanger vrou van Pretoria Saterdag by ʼn motorwassery in Gezina raakgery is en haar ongebore baba verloor het.

Volgens berigte is Belinda Louw tans in ’n kritieke toestand in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal. Sy het glo by ʼn tafeltjie by ʼn vulstasie op die hoek van Johan Heyns- en Ben Swartstraat gesit toe ʼn motor bo-oor haar gery het.

Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die motor oor haar gery het nie.

Kapt. Coba Britz, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie die saak ondersoek.

“In die stadium kan ons bevestig dat die vrou kritieke beserings opgedoen het nadat ʼn motor oor haar gery het. Ons het reeds ʼn waarskuwingsverklaring van die bestuurder van die motor afgeneem, asook verklarings van ooggetuies op die toneel. Die saak sal later na die direkteur van openbare vervolging verwys word wat sal besluit of iemand vervolg sal word,” het Britz gesê.

Xander Louw, Belinda se broer, wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

christine ·

Stomgeslaan party mense moet nooit ooit kar bestuur nie die totale onvermoe om te sien en te registreer wat jy sien sal die mense nooit he nie. Ek is jammer oor ou babatjie. Sterkte aan die dame en familie.

m ·

WTF. Dis so hartseer. Sterkte aan hierdie mense in hierdie moeilike tyd.

Willie ·

Ai man hoe tragies! Wat word van ons samelewing? Stekte aan die famielie en vriende in die moeilikke tyd…

Joann ·

My hel hoe verstaan mens nou dit? Daar moet nou eers besluit word of daar n saak gaan kom. Die dame is beseer en haar baba dood. Kom by mense.

SE MAAR NET ·

Daar is in die rekord berig dat sy by die tafeltjie gaan sit het waar die kar wassery is en die een wat die motors moes skuif kon nie n automaties motor bestuur nie en het oor haar gery

Grant ·

En dis hoekom ek nooit my voertuig net daar sal los nie. A l moet ek die hele dag daar sit, maar geen ander persoon sal my voertuig so skuif nie.

m ·

Nou hoe de hel wil jy nou n automatiese voertuig bestuur as jy nie weet hoe nie.. Vra dan iemand wat weet…. Party mense se intelligensie is skrikwekkend en nou moet hierdie vrou met die hartseer sit…..

Uys ·

Het hy n wettige lisensie.
Waar is die lisensie uitgeryk.
Hier is ń helse slang in die gras.
“Boetie” kyk agter die oom se tannie se neef se kind wat die bestuurder was.

Theresa B ·

Hoe verskriklik!! Hoekom gebeur so iets? Ek dra julle in my gebede op. Baie, baie sterkte!!

EERFIE ·

shame, dit het gebeur ‘n paar daggies voor die babatjie gebore sou word…baie hartseer

Wenner ·

Dit het vir my reg van die begin af verdag geklink! Hoe de ongeluk het hy dit reggekry om haar raak te ry? Dit kan, na my mening, net gebeur as jy nie KAN bestuur nie! En sou dit wees dat hy nie kon bestuur nie, hoe de ongeluk laat jy dan so iemand agter n kar se stuur inklim?

André ·

Wat gaan gebeur met die eienaar van die karwassery? Moet die persoon nie die verantwoordelikheid aanvaar nie?? Baie jammer vir die ouers. In die tyd van die Israeliete sou so ‘n persoon gestenig word.

Annalies ·

Hi Viendin, my hart blooi vir jou. My gebed vir jou is dat God sy geneesende hand oor jou sal hou en as dit sy will is dat jy volkome geneesing sal ontvang. Sterkte aan die familie.

Karma ·

Sjoe, dis erg! Gewoonlik lees ‘n mens dat die voertuig op die eienaar se eie risiko by so ‘n besigheid gelaat word. Miskien moet hulle nou ook waarskuwings oprig wat sê jy bly by so ‘n onderneming, terwyl jy jou kar laat was, op eie risiko!

Nee, alle werklikheid! Natuurlik moet die eienaar van die wassery verantwoordelikheid neem, As dit waar is dat ‘n persoon wat nie ‘n outomatiese voertuig kon bestuur nie, die voertuig geskuif en toe die dame getref het, dan moet daardie eienaar eintlik krimineel vervolg te word.

Alle simpatie aan die gesin van dié dame. Mag jy gou gesond word, Mevrou – jammer dat jou ou babatjie op so ‘n manier moes sterf. Hoop jy kan innerlike vrede vind na so ‘n nagmerrie-ondervinding!

Denise ·

Sterkte aan die vrou en haar man dit is baie hartseer net tyd sal haar genees en soms is n leeftyd nie genoeg om van die hartseer te genees nie!!!!!!!!

Ria ·

Was laaankal my kar nie meer daar nie, met die mans by die wassery se uit tartende “attitude” as jy vrou alleen is…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.