Ondersoek na Willemse-voorval begin dán

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Die Menseregtekommissie (MRK) se formele en openbare ondersoek na aantygings van rassisme by SuperSport en die omstandighede wat daartoe gelei het dat die oud-Springbok Ashwin Willemse vanjaar tydens ʼn regstreekse uitsending van die stel af gestap het, sal na verwagting volgende jaar aangehoor word.

Tydens die ondersoek in Februarie volgende jaar sal onder meer gekyk word na wat aanleiding gegee het tot die voorval waarby Willemse en mede-SuperSport-aanbieders Naas Botha en Nick Mallett betrokke was, berig TimesLive.

Gail Smith, MRK-woordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê: “Die MRK het in hierdie stadium geen kommentaar op die saak te lewer nie.” Gevra waar ander media aan die inligting kom, het sy gesê net hulle sal kan sê.

Die kommissie sal ook ondersoek instel “of die omstandighede rakende die gewraakte voorval Willemse se waardigheid of enige fundamentele regte geskend het”.

Van die ander vrae wat die ondersoek moet opklaar, is of Willemse blootgestel is aan “onregverdige rassediskriminasie” op of voor 19 Mei 2018 en daarna tydens die uitvoering van sy pligte as kommentator vir SuperSport.

Ook moet vasgestel word of SuperSport behoorlik opgetree het nadat beweer is Willemse was die slagoffer van onregverdige rassediskriminasie.

Volgens TimesLive moet die MRK voorts bepaal of SuperSport deur optrede of versuim om op te tree ʼn omgewing geskep het wat bevorderlik was vir spanning, onenigheid of onregverdige rassediskriminasie onder sy werknemers of kontrakteurs of tussen die bestuur en werknemers en kontrakteurs.

Die kommissie beplan om ʼn paneel aan te stel wat tydens ʼn openbare verhoor vrae aan getuies sal stel. Geskrewe sowel as mondelinge voorleggings van SuperSport en ander belanghebbendes sal aanvaar word.

Die ondersoek begin op 25 Februarie en sal na verwagting teen einde Junie afgehandel wees.

Willemse se kontrak met SuperSport het in September vanjaar verval. Hy het in Julie gesê hy sal wag op die verhoor van die MRK om sy “geldige pyn” te deel.

Hy het vroeër in ʼn onderhoud op 702 en CapeTalk kortliks gepraat oor sy besluit om nie aan die bemiddelingsproses by SuperSport ten opsigte van konflik tussen hom en sy medeaanbieders, Mallett en Botha, deel te neem nie.

Hy het Mallett en Botha van rassisme beskuldig, en nadat SuperSport ʼn ondersoek na die beskuldigings van stapel gestuur het, het Willemse gesê die ondersoek is “nie die gepaste forum om die kwessie te bespreek nie”.

SuperSport het tydens sy interne ondersoek na die voorval bevind daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie, asook geen geheime of openlike rassisme wat tot die voorval gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Anoniem ·

Fooitog en nou kry almal HOM jammer, ons kyk nou tog te lekker na die rugby en sport se ontledings ! Dankie

Gert ·

Willemse moet die fout by homself gaan soek, maar dit is mos deesdae die norm, doen enigeiets en as daar n lawaai is na die tyd, dan blameer jy rassisme!! Dit is om van naar te word.

Johan ·

Nee kyk. As daar nou al ooit ‘n holrug geryde stotie was, dan is dit hierdie een

Sparkplug ·

Willemse soek net geld…dis die enigste rede hoekom hy so aangaan. Ons soek hom nie terug op die kassie nie. Supersport moet weet as ek sy gesiggie op die kassie sien gaan ek my dstv kanseleer uit protes

Frans C ·

Sy skielike rykdom van R61 miljoen het na sy kop gegaan.Hy het niks gedoen om die mynboubedryf te bevorder of verbeter nie,maar het glo Goldfields gehelp om die ‘ 2010 empowerment deal’ te struktureer.!!

Piet ·

Wel jy is nie alleen nie. Dan gee ek ook nie om as dit net ek en jy is nie. Ek pes die advertensies reeds so en die prys is in elk geval n ripoff van die ergste graad.

Ander Koos ·

Hoe absurd! Met die dubbel standaarde wat die mrk toepas is hulle eintlik self raasisties.

Rooikop ·

Ag nee hemel tog, gedink die storie is lankal afgehandel ………………… hulle hou net aan en
aan en aan en aan …………………..

Jaco ·

My hel. Wat van EFF BLF wat openlik se wit mense moet vermoor word?????? Hoe op hierdie aarde ondersirk julle NET WITMENSE EN SOEK EN SOEK OM ons hof toe te sleep.

Steers geval.
Clicks geval.
Weermag geval.
Sal ek aan gaan…….

Geregtigheid ·

Hy het gekry waarvoor hy gevra. Hy is nie meer deel van Supersport nie, want SA soek manne wat weet ongeag sy kleur. Hy soek nou net weer aandag.

Riaan ·

En nou word ons belasting geld nog verder gemors net omdat hy bruin is en CancER connections het.

Patetiese mrk is net so rasisties soos willemse!

De Villiers ·

Ek wonder of die MRK die minister van sport, Thokozile Xasa, en die DA-leier, Mmusi Maimane, ook voor stok gaan kry indien daar nie rassisme bewys kan word nie, want hulle het mos direk na dié voorval dit reeds in die media as rassisme bestempel, ten koste van Naas Botha en Nick Mallett, sonder ‘n behoorlike ondersoek of enige bewyse. Die sensasie wat dit onder die publiek gewek het, was ongehoord.

My mening ·

Nee, niks sal met hulle gebeur nie, want volgens ons regering en wette kan net wittes rassisties wees.

Tik tok tik tok ·

Jy byt mos nou die hand wat jou gevoed het
Jy gaan jou hand oorspeel nes Tom …….jane
Shame bring jou opbrengs van jou R61 mil nie genoeg nie
Kry vir jou n bal en gaan speel ⚽️

Colleen ·

Shame, dis erg as mens alles moet probeer om aandag te kry. Niemand stel in hom belang nie en hy kry dit nie in sy kop nie.

Susan ·

Hul skreeu rassisme vir niks nie en kom altyd weg daarmee, maar vir ons word daar ook erger goed toegesnou en dan is dit nie rassisme nie. In elk geval kan ek nie gesien het waar is die kamstige rassisme waaroor hy so bohaai gemaak het nie. Geen een was snaaks of lelik met hom nie.

DJ ·

Super Sport het mos nou klaar hulle ondersoek gedoen en is bevind geen rasisme was betrokke gewees nie,en tot hede het niemand regtig ñ idee waaroor hy van die stel geloop het nie…..Maar ja die dam word weer onder die eend se gat geruk…

Agsiestog ·

Klink vir my na n baie eensydige ondersoek. Al waarna daar gekyk word is of hy te na gekom is. Wat van die ondersoek of hy verniet wolf geskree het en sodoende sy kollegas te na gekom het met ongegronde aantygings. En indien wel hoe gaan daar teen hom opgetree word.

Jerry ·

Willemse het met sy optrede en rassistiese agenda sy eie regte geskend en het homself skuldig gemaak aan laster teenoor sy mede kommentators. Supersport se ondersoek het reeds bevind dat Willemse sy mede kommentators valslik beswadder het. Hulle moet hom hof toe vat om n hofbeslissing te kry voordat die menseregtekommissie n verdraaide beeld kan skep.

Iemand ·

Ek hoop ook hulle ondersoek die ander kant van die saak, of Nick en Naas nie ook onregverdig behandel was nie en so aan.

Callie ·

Dis die verskil tussen die Brian Habanas, Breyton Paulses aan die kant van ek was daar op verdienste en voel op geen stadium minderwaardig en aan die anderkant die Willemses wat nooit daar moes gewees het nie en wie se minderwaardigheids gevoel hulle impulsief en irrasioneel laat optree

PJC ·

Hierdie MRK raak elke dag meer lagwekkend en sommige van ons het destyds gedink die WVK was ń helse grap en nou probeer hierdie narre hulle die loef afsteek.

Rupert Ashford ·

Die man ken die regte mense. Supersport, Naas en Nick kan hulle maar solank vetsmeer. Ten minste boetes wat opgele sal word. Hopelik is dit al.

corne ·

en wie moet betaal vir die vermorsing van tyd en geld ek hoop waneer dit uitkom dat die selferkende kwota self skuldig was dat hy vir ala moet betaal. Word groot AW niemand gaan jou jammer kry nie jy is die probleem en ja el stem kan nou na sinvolle rugby komentaar luister.

Lourens ·

Ek sien hier kom een groot sirkus waar Naas en Nick gekruisig gaan word “ mark my words “

SjN ·

Willemse, gaan stap deur enige begrafplaas en besef dat die wat daar begrawe is, onmisbaar was op aarde, jy word glad nie gemis op tv nie.

Franna ·

Supersport sit met die volgende probleem:
Laat hulle Nick en Naas gaan, kanselleer al die Premium pakketbetalers (wit mense wat rugby en krieket kyk)
Bly hulle, sien die MRK dit as rassisties en groot boetes gaan opgelê word.
‘Eishwin’ kry ‘n boetebedrag van Naas en Nick.
So wat ookal gebeur, hulle is klaar skuldig. Polities korrek gaan wen.
Terloops het iemand al ‘n wit dame gesien wat anker op sokkerkanale?
So absurd is dit dat ons kyk rugby met ‘n swart dame wat anker en niemand sê ‘n woord nie. Ons kyk maar voort terwyl ons by Plet in ons vakansiehuis aan ‘n paar biere suig of in die Fortuner oppad is Hartenbos toe.

Gert van Wierdapark ·

Willemse lyk soos n uitgeknipte politikus. Kan met sy aftree-geld miljoene n agterbank ontlederspos kry en dan strategiese bewegings beplan. Onthou in die Parlement is daar geen ontkantlyne nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.