Ondersoek onthul onderwysposte word regoor SA verkoop

skool

Argieffoto

ʼn Ondersoek het bevind dat onderwysposte regoor Suid-Afrika verkoop word, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag onthul.

Motshekga het aan joernaliste in Pretoria gesê die voorlopige ondersoekverslag dui daarop dat daar “korrupsie en onbehoorlike invloed” in die aanstelling van onderwysers en skoolhoofde is. “Die verslag het ook swakhede in die stelsel bevestig,” het sy gesê.

“Die verslag het bevestig die mag van die staat en magte van sekere belanghebbendes in die aanstellingsproses moet hersien word.” Sy het gesê die regeringstelsels skep ʼn situasie waar uitbuiting van die stelsel moontlik is, wat behoorlike aanstellings in kritieke poste soos skoolhoofde benadeel.

“Hierdie situasie het die regering se vermoë om behoorlike onderwys te verskaf ondermyn, deur vakbonde toe te laat om ʼn houvas op die regering te hê en die besluite te neem,” het Moshekga gesê.

Die taakspan het in September 2014 met die ondersoek begin na aanleiding van mediaberigte dat onderwysunies en onderwysbeamptes betrokke was by die verkoop van onderwysposte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierre ·

Wat gaan u doen, gaan daar ‘n saak by die Valke word? Daar is mense vermoor in die proses. Ons hoop die mense wat so aangestel is gaan ook minstens hul poste kwyd wees.

Marina ·

Hulle gaan seker ook geskors word met volle betaling totdat die ondersoeke afgehandel is?!

alex ·

Wat verwag julle van die regering met sy kriminele wat die land regeer feitlik almal is ex tronkvoels en korrup PROUDLY ZUMA AND ANC

alex ·

Hierdie kommentaar is nie deur my geplaas nie. Iemand anders het dit onder my naam geplaas kan u ondersoek instel asb.

Sune van Heerden ·

Dagsê Alex

Dit staan lesers vry om enige skuilnaam te gebruik wanneer hulle op Maroela Media kommentaar lewer. Net so is daar dalk ‘n paar gebruikers wat onder die skuilnaam “Jan”, “Piet” of “Klaas” kommentaar lewer, al is dit nie dieselfde persoon nie. Gebruik gerus jou volle naam en van of ‘n ander skuilnaam.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gert ·

En toe word ons wakker, minister Motshekga!!!!!!!!!!! Dit gaan al vir jare so aan en ewe skielik word die minister wakker. Die diep slaap waarin sy was het nou-al soveel skade veroorsaak dat ek nie weet hoe dit herstel gaan word nie. ‘n Goeie begin sal wees dat die agbare minster eerste moet gaan en dan die gespuis wat saam met haar korrup is/was. Dit sal miskien ‘n goeie ding wees indien sy en Zuma albei soos Rokof maak, hul goed vat en ………………………loop!

JoeV ·

Maar Afrikaanse skole word geteiken? As die “departement” nie kurrup was nie, was die land dalk lankal onafhanklik van die regering EN KON NORMAAL FUNKSIONEER?

Viva ANC!!!

Bach ·

As ek so ‘n vrot minister so sy was, het ek my morsdood geskaam en lankal my goed gevat en geloop het. Maar die vet salaris, lekker kar en luukse huise op ons koste is darem te lekker. Is daar een voorbeeld wat sy positief vir onderwys beteken het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.