Ondersoek oor beleërde Poskantoor geëis

Sassa-begunstigdes staan in ‘n ry en wag vir hul betalings by ‘n Poskantoor (Foto: Itumeleng English/African News Agency/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy sal versoek dat ʼn parlementêre ondersoek van stapel gestuur word oor die Suid-Afrikaanse Poskantoor.

Die nasionale tesourie het verlede maand aan lede van die parlement gesê die Poskantoor sal na verwagting hierdie finansiële jaar sowat R2,1 miljard se verliese ly en hy benodig duidelikheid oor sy mandaat van die regering om sy probleme op te los.

Ravesh Rajlal, die tesourie se hoofdirekteur vir oorsig oor staatsbeheerde entiteite, het gesê die Poskantoor, wat verlede jaar sowat R1 miljard se verliese gely het, sou na verwagting ʼn verlies van R177 miljoen vir die huidige jaar aanteken voor die Covid-19-krisis die uitsig dramaties versleg het.

Cameron MacKenzie, DA-wetgewer en hoof van kommunikasie en digitale tegnologie, het Woensdag gesê die party besef die strategiese belang van die Poskantoor vir talle Suid-Afrikaners as hul enigste verbinding met die formele ekonomie, maar dit kan nie ʼn onvolhoubare koste vir die belastingbetaler beteken nie.

“Die Poskantoor kan en moet aan sy kernmandaat voldoen: die aflewering van pakkies en pos – en tog verloor hy meer as ʼn miljard rand per jaar,” het hy gesê.

“ʼn Parlementêre ondersoek sal kwessies onthul en ontbloot deur huidige en vorige Poskantoor-hoofde te ondersoek. Dit sal uiteindelik die weg baan om die Poskantoor in die korrekte rigting te stuur en diegene, wat vir die huidige stand van sake verantwoordelik is, aanspreeklik hou.”

Hy het gesê huidige planne en veldtogte om die krisis by die Poskantoor op te los het ʼn lang visie, maar dit bevat geen detail nie en moontlike “strategiese vennootskappe” word in geheimenis gehul.

“Die regering se antwoord op die Poskantoor se probleme is om net nóg ʼn strategiese omkeerstrategie ter tafel te lê in ʼn poging om die entiteit lewensvatbaar en volhoubaar te maak. Maar die Poskantoor kan nie eers die basiese dinge regkry nie. Daar is ʼn agterstand van 3 miljoen items en IT-stelsels soos om aanlyn internasionale pakkies op te spoor, is nog steeds nie in werking nie.”

Volgens hom is dit ook duidelik dat die besluit, om die Poskantoor se filiaal, die PostBank, in ʼn volledige transaksionele bank te verander, nie goed deurdink is voor dit in werking gestel is nie. “Toe die departement van kommunikasie byvoorbeeld besef dat die Poskantoor nie die beherende maatskappy vir die PostBank kan wees nie, is hy in die gesig gestaar deur die vooruitsig dat die Poskantoor-groep heeltemal bankrot kan speel omdat die Poskantoor se eie laste baie groter is as sy bates.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Gee poskantoor se werkers n verhoging. Dit is mos hoe vakbonde se kop werk. ANC besef lyk vir my tot nou toe nog nie dat hulle niks kan opbou nie.

JM

Nóg ‘n entiteit wat misluk het. Noem net één gebied waar die regering suksesvol was, behalwe om hul eie sakke te vul.

Andrew

Spaar die geld na die ondersoek. Skryf n klomp snert in n veslag dan by ”conclusion” skryf bee bemagtiging

Martie Smartie

He he he, soos SAL, stel sg sakeredders aan, betaal hulle miljoene, maak die plek toe en maak ‘n nuwe melkkoei oop met vars spene … die SA ANC manier … he he he

Stephanus Bernardus

Nog ‘n instelling wat nuttig was, wat vernietig is.