Ondersoek na egtheid van aanval op wildsplaas

Petro Olivier en haar lewensmaat, Brian Moore, het net drie maande op ’n wildsplaas gewerk toe hulle aangeval is. Foto: Verskaf

Die ma van ʼn vrou wat vyf uur lank saam met haar lewensmaat op ʼn wildsplaas in die Oos-Kaap aangehou en aangerand is, sê sy is woedend dat die egpaar nou soos misdadigers behandel word.

Vyf rowers het Brian Moore (45) en Petro Olivier (35) vroegaand op Donderdag 23 Augustus op die privaat wildreservaat Hopewell buite Alexandria aangeval waar Brian as algemene voorman en Petro as lodge-bestuurder werk.

Kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het destyds vertel een van die aanvallers was met ʼn jaggeweer gewapen. “Die 45-jarige bestuurder van die wildsplaas is buite sy huis oorval. Hy is daarna die huis ingedwing en aangerand terwyl die verdagtes op geld en die kluis se sleutels aangedring het.”

Volgens Ronelle Olivier het haar dogter en dié se lewensmaat se werkgewer en die eienaar van die wildplaas, Brian Dowley, hulle verbied om oor die voorval te praat waartydens Petro aan ʼn stoel vasgebind en Brian in die badkamer bokant die grond opgehang is.

Brian kon hom 23:30 loswikkel nadat die aanvallers reeds 18:30 toegeslaan het. “Hy het ʼn balk in die dak losgekry en die ruit daarmee uitgeslaan,” vertel Olivier. “Die harde slag het die aanvallers laat vlug.”

Sy sê Brian en Petro moes op eie stoom by die hospitaal uitkom nadat hulle Dowley van die aanval laat weet het. “Iemand het die ambulans gekanselleer. Ons weet nie wie nie. By die hospitaal het hulle net pyn- en slaappille gekry.”

Olivier beweer van Brian se nekwerwels is gebreek en Petro se neus afgeslaan. “Brian kon verlede week vir die eerste keer weer met ʼn mes en vurk eet nadat ek alles – selfs wors – vir hom moes versap.”

Sy sê die paartjie was nog nie weer terug op die plaas nie en sterk by haar in die Kaap aan. “Hulle is emosioneel in hulle m**r. Die geringste geluid en hulle spring. Hulle het geen berading of ontlonting gekry nie, en boonop verdink die eienaar hulle daarvan dat hulle die aanval georkestreer het.”

Brian en Petro het sowat drie maande voor die aanval diens op die wildsplaas aanvaar. “Hulle het baie lekker gewerk tot die aand van die voorval,” vertel Olivier. “Maar tot vandag toe het [Cowley] nog nie vir hulle gevra of hulle bystand of steun nodig het nie.”

Sy beweer die aand se gebeure word toegesmeer. “Ek het soveel frustrasie. Ek kan die mure bespring. Die eienaar wil nie hê sy oorsese besoekers moet van die aanval weet nie en het die kinders verbied om met enigeen daaroor te praat. Hy het selfs ʼn privaat speurder aangestel om die saak te ondersoek.”

Dowley het by navraag onderneem om ʼn verklaring uit te reik sodra hul ondersoek na die voorval afgehandel is. Al wat hy aan Maroela Media wou sê, is “dis ʼn hoax”. Hy ontken dat hy Brian en Petro ontslaan het.

Kapt. André Beetge, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ellisras ·

Wat is die naam van die Lodge, of mag dit nie eers genoem word nie?

Veritas ·

Glo die eienaar dat die twee mekaar aangerand het. Só erg dat die beserings is soos wat in die berig genoem word. Uit die berig wil dit voorkom asof die plaaseienaar dit impliseer.

pop ·

ja name and shame die lodge. Want duidelik het hierdie mense niks om weg te steek nie.

James ·

Hierdie pas die ANC se agenda en help die President met sy woorde van geen wit mense word aangeval op plase nie. So nou gebeur dit alles dat dit oorsee se mdnse weg gesteek kan word.

Rebecka ·

Ek is so innig jammer dat julle twee mense onnodig 2 maal deur trauma moet gaan. Eers deur die aanvallers en nou deur die media. Ek hoop dat julle die nodige hulp sal kry. Sterkte met die herstel.

Anoniem ·

De eienaar is tipies een van daai wat et omgee vir sy eie gewin. Dit is maklik om uit te vind wat die lodge se naam is vind net uit in die omgewing watter plaas behoort aan ene Dowley

Name n Shame ·

The name of this place is Hopewell private Game Reserwe and it is halfway between Port Elizabeth and Kenton on Sea? Shame on you, Brain Dowley…

PJC ·

Een of ander tyd sal die waarheid wel uitkom. Ek hoop MM hou die situasie dop en hou ons op hoogte.

Sputnik ·

Hou maar vinnig verby daardie plaas! Trek jou ore plat en gee vet om afstand te kry!

Joe ·

Is dit nie Maroela media se plig om as nuus agentskap die naam van die plaas bekend te maak nie… Ek sou so dink. Hoekom nie Maroela media?

Genoeg is Genoeg ·

Gaan google net “couple attacked on Eastern Cape Game Farm”. Hulle gee die naam van die Lodge daar in die berig in die Herald Live :)

Johnnie ·

Ja hoekom word die plaas se naam weerhou, hier is iets nie reg nie. Nou vra net as maroela media met die eienaar gepraat het hoekom weet hulle nie wat die plaas se naam is nie en as hulle weet hoekom maak hulle dit nie bekend nie.

Andre ·

MMedia……kan julle die naam van die lodge bekend maak asb????

Christine ·

Kan nie glo wat ek lees nie. Plaas aanvalle is deesdae die norm van elke dag, vir sommige is dit alledaags. Hoe kan die eienaar se dit is n HOAX? Ken die mense aangeval as eerbare en God vresend. Hulle sou beslis nie hulleself leed aangedoen het nie.

Blommie ·

Lyk my vir die eienaar is geld BAIE belangriker is die welstand van mense.
Skaam jou en dan se jy dis n HOAX, hoe kan jy nie eers n klein bietjie hulp aanbied of net VRA hoe gaan die met julle en is julle okay.
Nee hoekom! want sulke mense is dit net HULLE en HULLE alleen…
Hier waar ons ook bly is daar n paar eie ek mense wat BO-OOR jou sal loop en vertrap om net n ekxtra SKELM rand te kan maak.
Maar die wiel draai en wat jy saai sal jy maai.
Sterkte julle

Sarel ·

Sulke mense is deesdae baie, net geld tel al is dit om n ander se ondergang te bewerkstellig.

Thinus Erasmus ·

Nie alle grondeienaars is Boere nie, en selfs van die Afrikaanse en alom bekende grondeienaars, boerdery of wildsplaas, is NIE goeie base nie. Hul gee bitter min om vir hul eie volkgenote wat vir hul werk en insommige gevalle is hul juis meer vernynig op wit werkers/voormanne as ander.
Die enigste oplossing is om sulke werkgewers se “sondes” openbaar te maak dat die gemeenskap hul kan sien vir wat hul is.
In besigheid en sake wereld ook, mens hoor van die goeie ouens maar niks van die uitbyters nie! Mense wat skatryk word terwyl die wat vir hul werk niks meer as ‘n gemiddelde of swak salaris kry nie.
Die aanval is nie die eienaar se skuld nie, hoe hy daarop reageer is onder verdenking.

Sies! ·

Sien hulle vra tot R10645 per nag daar by sy Fancy Lodge!!!! wat is fout met mense regtig, hoop hulle sterk vinnig aan.

Chantelle ·

Miskien wou die lodge eienaar van sy nuwe werknemers ontslae raak….miskien sit hy agter die aanval…dis die wat hy dit niu as n hoax afjak….

Sarah ·

Sal graag wil weer, waar was die sekureiteit as dit n “5 ster”lodge was en 24 uur diens lewer. Soos op hulle web geadverteer. Hoop dit word ook in n persverklaring na afloop van ondersoek beantwoord.

Ronelle ·

Wonder of dit ook ñ “hoax” sou gewees het as MNR Douwley self, sy vrou of kinders in die sutiasie was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.