Ondersoek oor man in hondehok op polisiebakkie

(Argieffoto)

Die Vrystaatse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn man geboei agterop ʼn polisiebakkie in ʼn hondehok sit.

In die video wat OFM gedeel het, kan gesien word hoe die man gebukkend in die hondehok bo-op ʼn polisiebakkie sit. Die man se hande is in boeie.

In ʼn afsonderlike gedeelte van die hok is ʼn hond.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, het die voorval in 2019 in Hennenman in die Vrystaat plaasgevind. Die video het oënskynlik nou eers aan die lig gekom.

Hy sê lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiehoof, beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en het die distrikskommissaris reeds opdrag gegee om ʼn departementele ondersoek daarna te doen.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fedup ·

I’m sorry, but what is it with south africans and the past?
Yeah, so a cage was taking a bit to far, i guess.
But really, this happened 2 years ago.
Let’s mve on into the future, shall we.

AmY ·

If this was a family member of you, would you still feel the same?

JohanNL ·

If my family member was arrested/detained because he committed a crime, then yes, why not? If he was cuffed and in the back of an open bakkie and he fell off and a eyewitness faked his account, then the cops could be accused of murder (oh wait, that happened to two guys a while back…)

Francois Le Cochon ·

Ek sou se^ dit is eerder ‘n geval van “‘n Boer maak ‘n plan”.

Persheks Adri ·

LMGA Fedup please spare me that! I am laughing though

Anel ·

Dalk ‘n grap? Dalk weer iemand wat kwaad geword het vir iemand en om wraak te neem nou die video plaas? Dit het al so baie veroorsaak dat mense in die tronk beland. Maar vind ook eers uit hoekom die persoon in die hondehok was. Moenie altyd die ergste beweer sonder om die regte rede te weet nie.

Sêmanet ·

Ek het die video gaan kyk. Hulle het net ‘n gewone bakkie gehad en nie ‘n vangwa nie. Hoe anders moes hulle hom invat polisie stasie toe? Hulle moes hom gevang het, en dis toe seker al manier. Hulle kon hom tog nie versoek om asb. agter te sit, en nie weg te hol nie, kon hulle? En hy lyk nie of hy ingeprop is nie. Hy het seker nou PTSD en kry trauma berading en wie weet wat nog. Hy is nie dood of beseer nie.
En ja, hoekom nou eers?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.