Ondersoek oor polisie wat verdagte glo op teregstellingswyse skiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat hy ʼn voorval ondersoek waartydens ʼn vermeende rower in Krugersdorp na bewering deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, het gesê die ondersoek is “in ʼn gevorderde stadium”.

Skokkende kringtelevisie-beeldmateriaal wat in die Sunday Times se besit is, wys hoe ʼn 32-jarige verdagte, Khulekani Mpanza, geskiet word en op die grond val toe hy van rooftogtoneel probeer vlug het. Die polisie het glo op ʼn wenk gereageer van ʼn rooftog by ʼn hardewarewinkel in die omgewing.

Volgens die Sunday Times het die beseerde Mpanza op die grond gelê, vasgevang tussen ʼn heining en ʼn afleweringsvoertuig, sy vuurwapen buite sy bereik. Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe ʼn polisieman nader stap en hom in sy bors skiet.

“Nog ʼn beampte stap na hom toe en skop hom terwyl hy bloei. Die polisiekonstabel wat hom pas geskiet het, praat vinnig met sy kollega. Dan herposisioneer die konstabel homself, strek sy arm uit, mik en skiet hom dood. Bloed stroom oor die sypaadjie,” het die koerant berig.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

nico ·

Dis lelik maar ek daag die ondersoek direktoraat uit om die hele krugersdorp se saps te ondersoek vir misdade kyk net hoe vrylik is dwelms beskikbaar en die grootes verdwyn die dag van operasies net om die volgende dag weer besigheid te doen

Halwe Nuus ·

Op d FB blad Intelligence Buro word die HELE video gewys, waar hy eerste op d polisie skiet soos hulle aangery kom, hy skiet na d voertuig se vooruit maw hulle het geweet die man is daarop uit om hulle dood te skiet sou hy d kans kry.

Flippie ·

As jy die optrede van die polisie goedkeur. Dan is jy in die regte land. Moenie dan nie huil as die polisie een of ander tyd een van julle lalalanders julle grondwetlike regte vertrap nie. Die polisie was hier totaal uit lyn.

Probeer eerder die doodstraf terug bring.

frik ·

Dis seker nie mooi nie maar moet dalk meer gereeld gebeur dat die klomp krimenele twee keer dink voor hulle wapens gebruik

vermeende ·

Al die polisie in die SAPD is nie sleg nie maar wees eerlik, met dit alles wat die polisie die afgelope tyd aanvang van roof tot moor. Is dit die kans werd om te kyk watter polisieman daag by jou huis op as daar probleme is. Om doe polisie vandag te bel is net so goed jy laai n geweer en speel russian rolette.

Des Karsten ·

Hoekom het die polisie die drywer van die voertuig laat wegry? Dit lyk vir my of dié 2 saamgewerk het.

wilem ·

vandat lyfstraf en doodstraf weggevat is en die krimineel meer regte het as die sap of slagoffers is als n gemors kyk hoeveel sap lede is dood aan diens want hulle mag niks doen nie jammer maar ek stem saam as jy in so n situasie kom tree op want jy moet ook huis toe gaan na jou famielie toe daai rower sou nie nie gehuiwer het om jou teskiet as hy die kans gehad het nie

Jaycee ·

Zuma is seker op nuwe medikasie wat die paar breinselle wat hy het bietjie stimuleer. Hy het die afgelope week twee stellings gemaak wat op redelike waarneming wys, naamlik dat SA se finansies in die verknorsing is en dat geweld in die land te brutaal is. Ja, geweld word meer brutaal en die ANC-regering moet hand in eie boesem steek want hulle het voor 1994 ‘n klimaat van geweld as leefwyse begin skep en nou sit hulle met die voortslepende gevolge daarvan en het nie die vaagste benul hoe om die probleem op te los nie. Hulle ploeter net voort met beraming van planne en holklinkende waarskuwings maar van al hulle pogings kom net bloot dadels. Die regering probeer om die onveilige situasie in die land met skewe statistiek te verdoesel of na twee dekades selfs apartheid daarvoor te blameer maar gelukkig is daar nuusmedia wat die ware verhaal vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.