Ondersoek oor polisiedokumente op ashoop

Argieffoto

’n Ondersoek is gelas nadat polisiedokumente van die Steenberg-polisiestasie in die Wes-Kaap oop en bloot op ’n ashoop ontdek is.

Die polisie het Maandagmiddag beslag gelê op ’n plastieksak met dié dokumente en ander materiale. Voorlopige bevindinge van ’n ondersoek dui egter daarop dat belangrike polisiedossiere nie onder dié hoop dokumente gevind is nie.

’n DA-raadslid van die Stad Kaapstad het Vrydag die ontdekking gedoen. Die polisie wag nog vir ’n beëdigde verklaring van dié raadslid.

Die raadslid, Marita Peterson, het in ’n verklaring gesê sy is bekommerd en baie ontsteld oor sensitiewe inligting en bewysstukke wat op die ashoop ontdek is.

Volgens Peterson is dit nie die eerste keer dat sensitiewe bewysstukke en dokumente by dié ashoop opgetel is nie.

Peterson sê sy het al herhaaldelik die Steenberg-polisiekantoor genader om die dokumente, waarop mense se private inligting sigbaar is, te verwyder en op die regte manier daarvan ontslae te raak. “Daar het egter dadels van gekom,” sê sy.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sal die ondersoek daarop fokus om te bepaal of enige voorskrifte oor die wegdoen van polisiedokumente verontagsaam is.

“Nodige verklarings sal van die polisiebeamptes en bestuur van die Steenberg-polisiestasie verkry word,” bevestig Potelwa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries

Hulle monitor die situasie.

JM

En so gaan dit met alles: een groot gemors spul! Die traak-my-nie-agtigheid skree ten hemele! Hierdie land het in ‘n hool verander.

Swerwer

File 13 is altyd die gerieflikste as jy van iets ontslae wil raak!

Cornel

Hoeveel bewyse het julle nog nodig voor julle glo die dokumente is op die verkeerde manier verwyder.
Blykbaar dink die polisie die publiek is net so dom,arrogant ,stupid soos hulle om die rubbish te glo wat hulle in die media plaas.
Die polisie is n joke ,n massive joke .

Misky

Brig. Potelwa wil ‘n ondersoek laat doen oor die verontagsaming van wegdoen met dokumente. Vir wat, die uitslag kan ek nou al sê en ja dis verontagsaam, want GEEN dokumente hoort nie op ‘n ashoop nie.