Ondersoek oor ‘strand net vir wittes’

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die KwaZulu-Natalse premier het gesê bewerings dat slegs wit mense by ʼn strand in Durban toegelaat word, sal ondersoek word.

Die ondersoek volg ná berigte dat slegs wit mense by die strand by Vetch’s Pier in die Point-waterfront toegelaat word. “Die premier is uit die veld geslaan oor die beweerde neiging en as gevolg daarvan sal ʼn ondersoekspan onder leiding van die eThekwini-munisipaliteit aangestel word om te ondersoek of die praktyk wel plaasvind,” het Sibusiso Magwaza, premier Senzo Mchunu se waarnemende woordvoerder, gesê.

Volgens berigte het ʼn swart man, Nkosi Zuma, op Facebook gesê hy en vriende is toegang tot die Durban Underwater Club se perseel geweier. Talle wit mense het egter glo ook gesê hulle is toegang geweier aangesien hulle nie lede van die klub is nie.

Die klub het intussen in reaksie op die voorval gesê die strand behoort aan alle Suid-Afrikaanse burgers en is hoegenaamd nie privaat nie. “Aangesien dit ʼn lanseringspunt is waar daar ook nie geswem kan word nie, beteken dit dat nielede nie regtig die plek besoek nie.”

Volgens die klub word slegs lede in die klubhuis toegelaat aangesien dit private eiendom is en deur hul “lede van alle rasse” gefinansier word. “Daar is waglyste vir al die PWC-klubs en juis daarom is lidmaatskap tans gesluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Oosie ·

Net ‘n regstelling … Verwyder = geweier en lidmate = lede.

Sune van Heerden ·

Dagsê Oosie

Ons vra om verskoning vir die twee flaters wat ongesiens verbygegaan het.
Ons het die berig gewysig, dankie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

GES ·

As dit nie swemplek is nie, wat wil hulle daar doen?? Seker kwaad doen?

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, gaan alles nou aanhoudend buite verband geruk word en ‘n rassistiese stertjie aankry? Hoe min respek wil jy vir jouself hê as jy jouself ons wil indruk selfs waar dit ‘n lede alleenlik gebied is. Dis ‘n lanseringspunt, nie ‘n wittes alleenlik strand gebied nie!

WL ·

Soos ek voorheen genoem het, as hulle rassisme wil kriminaliseer, dan moet hulle valse bewerings van rassisme ook kriminaliseer. Net soos ek, is ek oortuig almal is moeg vir hierdie aanhoudende aantuigings.

SNEL ·

Ek stem WL, goed keelvol al vir die “r” woord wat net altyd na ons kant toe gespeel word.

Winston ·

Ons is lankal moeg van elke aantyging van rassisme wat die hoogste prioriteit geniet en elke moord wat slegs n deel van versteekte statistiek is. Gaan tekere oor die goed wat saak maak vir n slag.

jaycee ·

Luister Nkosi Zuma, wat is so moeilik om te verstaan, of is alle Zuma-naamdraers ewe dom? Dis ‘n privaat klub met betaalde lede met spesifieke bedrywighede. Sluit aan en neem deel.

Dee ·

Kan nie (nou) aansluit nie, jaycee. Dit is nie oop vir nuwe lede nie en eers in die middel van die jaar sal weer nuwe aansoekers toelaat word. Lidmaatskap is nogal duur.

Liewe lulu ·

Die rasse kaart is deesdae die hoogste kaart. As jy nie jou sin kry, speel die rasse kaart

Dave ·

By Praag (Penny Sparrow berig – huidig bl 4) is daar twee fotos en ‘n verduideliking oor verskillende groepe op verskillende strande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.