Ondersoek oor ‘verkragting’-speletjie by laerskole

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse departement van onderwys ondersoek bewerings dat laerskoolkinders ‘n nuwe speletjie speel waar hulle verkragting naboots.

“Indien kinders, insluitend laerskoolkinders, speletjies speel waar seuns agter meisies aanhardloop en voorgee om hulle te verkrag, soos wat beweer word, weerspieël dit ‘n ernstige probleem met ons samelewing,” het Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Maandag gesê.

“Die feit dat laerskoolkinders weet wat verkragting is en hoe om dit te doen, is tragies.”

Sy sê die departement het ‘n volledige ondersoek van stapel gestuur rakende bewerings oor die speletjie wat glo bekend staan as “rape, rape”. Sy sê onderwysbeamptes sal die week skole besoek en met die onderskeie hoofde gesels.

‘n Skoolhoof in Mitchells Plein het aan die Cape Times gesê dat meisies ‘n kans gegee word om te hardloop waarna die seuns agter hulle aanhardloop.

Hy sê wanneer ‘n meisie gevang word, sal die seun haar teen die grond vasdruk en vir sowat 20 sekondes maak of hy haar verkrag.

Wanneer die meisie eers “verkrag” is, mag sy nie verder deelneem nie. Die speletjie eindig wanneer al die meisies “verkrag” is.

Schäfer sê die departement het nog nie klagtes van die publiek of skole af ontvang oor die speletjie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lize ·

Laerskool kinders wat weet van verkragting……my liewe mens die kinders word elke liewe dag aan seks en wie weet wat nog blootgestel by die skool hoe sal hulle nie weet wat verkrag is nie…….raak wakker en kom uit jou grot

Elfie ·

SIEK! Waar is die toesig op die speelterreine of word dit net nie meer gedoen nie? Ouers moet met hul kinders praat en hul vertel hoe verskrkiklik verkragting is, hoe verkeerd dit is en dat seks en liefde saamgaan en nie geweld nie! Dogtertjies moet geleer word om geensins aan sulke speletjies deel te neem nie. Liewe hemel wat gaan aan in ons land?

Tokkie ·

Elfie ek stem saam, maar waarom dogtertjies uitsonder? Seuntjies moet ook geleer word om nie sulke speletjies te speel nie.

Anton ·

Liewe aarde maar dis siek………………in my dae het die seuns en meisies aparte speelgronde gehad en het ons nie saam gespeel nie. Waar gaan ons land heen………………….

Babs ·

Jammer die foto wat geplaas laat verkeerde indrukke rakende die skole. Ek weet dit maak nie saak waar die skool gelee is maar moet dan nie fotos plaas nie. Dit is tragies dat kinders in sulke omstandighede groot word.

amelia ·

Babs stem saam ook agter gekom as dit moord verkragting ens is dit man is wit person se foto maar as dit is oor iets goed en ordentlik dan is dit swarte se foto maar gelukkig meeste van ons weet mos wie is die moordenaars verkragters ens veral plaasmoorde meeste van die tyd

mossie ·

Lmk daai steenkamp laaitie wat sy hele gesin vermoor en verkrag het was seker ook swart!……en het dit by n “swart skool” geleer!…..skrik wakker die booswigte is lankal kleurblind

william ·

Daar is letterlik duisende laer en hoerskool meisies wat verwagtend is. Oorbevolking is nog n tydbom.

Suzette ·

Sjoe -“kissing touchers” het modern geword dis verseker. Het dit jare gelede al gesien kom toe TV, selfone en internet so stadig begin insypel het tot dit die wêreld met ‘n golf getref het.

Ilse ·

Dit is verby siek! Waarheen moet mens jou kind vat en by wie kan jy jou kind vertrou??? ‘n Skool??? ‘n Ondrwyser??? Selfs die ouers????
‘n dogtertjie in my vamilie is aan gefroetel nou vir die die 2de keer in 2 jaar by 2 verskillende skole deur 2 verskulende seuntjie. Sy is nog nie eers 6 nie!!! Die 1ste skool het net gesê ‘Ons dra kennis van die problem, maar gaan nie iets omtrent dit doen nie. Shame die mamma het ‘n miskraam gehad en die pappa het sy werk verloor. Hulle kan nie nou hiermee ook gesteur word nie.’ Die 2de skool het dadelik reageer en ‘n afspraak gemaak met die ouers, maar wag ons nog op die uitslae en intussen het die seuntjie van 5 vrye teels om te maak en breuk soos hy wil.
Waaaaaaar is die toesig by skole? Wat gaan by die kinders se huise aan?
Nou moet ‘n dogtertjie van 5 geskend wees omdat niemand wil optree nie?
Ons vertrou die skole met ons kinders en dis nou maar hoe hulle ons kinders huistoe stuur. En omdat hy 5 is, is daar geen nagevolge nie? Is dit nie waar verkragters gebore word nie?
Probleem kinders word geskep by problem ouers!
Daar is duidelik ‘n problem in ons land en net mooi niemand stel belang om dit uit te sort nie!!! Sal ons nou maar almal moeite spaar en die gereg in ons eie hande neem.
Ek sal ‘n ouer, onderwyser en skoolhoof presies wys wat om met so kind te doen, want hulle hoort nie in ons samelewing nie!!!!
Ouers moet hulle kindes se voute raak sien en ophou wegsteek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.