Ondersoek SAL se ‘gevaarlike’ entstofvlug na Brussel – DA

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Onafhanklike ondersoek word gevra na bewerings dat die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ʼn beweerde 90 ton-berekeningsfout probeer verdoesel het wat glo gemaak is op ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat ʼn besending Covid-19-entstof in Brussel moes gaan oplaai.

Luidens berigte het die Airbus 340-600 ʼn sogenaamde “Alpha floor”-voorval – wanneer ʼn vliegtuig tydens landing of met opstyging nie genoeg stukrag het nie en begin staak – ondervind. Dit het glo gebeur omdat die gewig tydens opstyging met 90 ton verkeerd bereken is en die spoed waarteen die vliegtuig opgestyg het, dus ook verkeerd was.

Die Airbus se veiligheidstelsel is ontwerp om in so ʼn situasie oor te neem by die vlieëniers. Die stelsel het dus outomaties meer krag gelewer en die neus van die vliegtuig effe laat sak om te keer dat dit staak.

Die voorval word as “uiters gevaarlik” bestempel.

Die DA-LP’s Chris Hunsinger en Ghaleb Cachalia sê die voorval het glo op 24 Februarie tydens opstyging gebeur toe die vliegtuig op pad na Brussel in Johannesburg opgestyg het.

“Die voorval is egter eers op 17 Maart, drie weke ná die voorval, by die BLO aangemeld. Dít terwyl BLO-regulasies bepaal dat voorvalle binne 24-72 uur, afhangend van die erns daarvan, aangemeld moet word,” lui die verklaring.

Na bewering het die spesialis in beheer by die SAL die voorval as minder ernstig beskou en dit dus nie aangemeld nie.

“Die voorval het eers aan die lig gekom toe ʼn lugvaartingenieur die data opgemerk het nadat ʼn geoutomatiseerde stelsel die vliegtuig- en enjinvervaardigers daaroor ingelig en die voorval geëskaleer is,” lui die DA se verklaring.

Luidens berigte het die vliegtuig se inligtingbestuurderstelsel die inligting oor die voorval aan die SAL gestuur, wat dit glo aan die BLO deurgegee het en dat dié glo besluit het om die SAL te help om dit te verdoesel.

Die DA sê daar is ook bewerings dat die bemanning se opleiding nie gedoen is deur ʼn opleidingsinstelling wat vertroud is met die SAL se standaardbedryfprosedure nie en dat die BLO die vlug aanvanklik gehok het omdat die vlieëniers nie die nodige vlugure gehad het nie. Die vlug is eindelik toegelaat om te vertrek, maar met 13 vrystellings.

“Hoekoms is daar druk op die BLO uitgeoefen om die vlug toe te laat om te vertrek met ʼn ongekende getal vrystellings?

“Veiligheid kan nie in die gedrang gebring word nie. ʼn Vloot moet behoorlik in stand gehou word,” sê die DA.

Die party sê voorts hy neem kennis dat die BLO die voorval gaan ondersoek.

“In die lig van die oënskynlik onbehoorlike invloed wat oor die owerheid uitgeoefen is om toestemming vir die vlug te gee, glo ons die ondersoek moet onafhanklik gedoen word.”

Hunsinger en Cachalia sê hulle het reeds aan die minister van vervoer, Fikile Mbalula, in die verband geskryf.

“Die feit dat die BLO die voorval probeer onderspeel of begrawe, kan ernstige implikasies vir Suid-Afrika as ʼn lid van die internasionale lugvaartvereniging inhou wat betref ons internasionale veiligheidstandaardprotokolle.

“Dit is iets wat die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf bloot nie kan bekostig nie en almal wat probeer het om die voorval weg te steek, moet gedissiplineer word na ʼn deeglike, onafhanklike ondersoek.”

Die BLO het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Stefan ·

Maar weet die Internasionale gemeenskappe dan nog nie dat wette nie op ‘ons’ van toepassing is nie?

RB ·

En ‘ons’ wat ons nie steur aan wette nie gaan nog moeilikheid kry by ICAO. Hulle vat nie twak van kabouters nie en bèslis nie van diè spul nie.

Bertus ·

Ja, daai is seker net op Westerse lande van toepassing, nie op ons nie.

Michael ·

Dat mense nog vlugte op SAL bespreek is verstommend-hulle is ‘n ramp wat wag om te gebeur

Anoniem ·

Die wiskundige sit op nkandla. Hy wou saampiekel maar het verslaap.

Anoniem ·

Die gebrek aan vliegveiligheid is een van die hoofredes hoekom SAL moet ontbind. Die gebrek aan IK is verstommend.

absoluutgatvol ·

Roekeloos en ‘n gevaar – privatisering is al sweempie kans wat die lugdiens nog op oorlewing het.

Mariana ·

So word baie goed verdoesel ongeag die gevaar. Nie baie slim van SAA nie. Kyk belastingbetalers, dit is waarvoor ons geld gebruik word. Leuens en bedrog, dan kom staan hulle bakhand vir redding. Tipies

henndrik ·

Iets maak nie sin nie, hulle het die probleem ervaar toe hulle hierdie kant opstyg, nog voor die vrag gelaai is of was daar reeds ‘n vrag wat hier gelaai is wat foutief bereken is, 90 ton is ‘n GROOT fout

Johan D ·

Klink vir my ook asof daar iets aanboord was wat nie daar moes wees nie! Ek het gereken dit kon die hele Kabinet wees maar ek reken dit is ‘n bietjie swaar vir die ou spul!

battleaxe ·

Gekwalifiseerde pilots sit sonder werk so hoekom gebruik SAA pilots sonder ondervinding? Hierdie fout kon lewens gekos het plus ‘n paar miljard vliegtuig. Dank sy Airbus se instrumente het dit nie gebeur nie. Het dit iets met ras te doen gehad?????

Nozi ·

Voordat ek SAL vlieg bly ek liewers by die huis. Ek vertrou glad nie hul vlieniers nie.

JohanR ·

Ek dink die ANC is in volle “panic mode!” Hulle net nie genoeg vingers om al die gate in die muur toe te stop waar die water deur kom. Spring nou van een krisis na die ander. Help nie dat 75% van ANC ministers net plein useless is!

Eclectus ·

Wat is die verskil tussen ‘n Boeing en ‘n Airbus? ‘n Boeing is ‘n vliegtuig met ‘n rekenaar en ‘n Airbus is ‘n rekenaar wat kan vlieg.

JM ·

Skrikwekkend en die geval word toegesmeer om hul basse te beskerm ten koste van moontlike lewensverlies.

Oljetter ·

Nou waarmee sou die vliegtuig so oorlaai gewees het op pad Brussels toe? Ek dog hulle gaan iets haal daardiekant

Elsabe ·

Dis daai nulle wat nie wou stil staan. Spring van een kolom na die volgend en dat weer terug. Al koggelende. Stoute nulle.

Nie Verbaas ·

Die voorval was minder ernstig en nie aangemeld nie? N 90 ton fout op n vliegtuieg is uiters ernstig en die”spesialis” het geen idee waarvan hy praat nie. Dan verwag ANC dat enige regdenkende mens sy lewe in hulle onbevoegde hande moet laat?

Kerneels ·

Wonder of swaartekrag van rassisme beskuldig gaan word?

Swaartekrag is op almal van toepassing, ongeag die kleur van jou vel, en of jy die begrip verstaan of nie.

Tino ·

Die deel wat nie genoem word nie is dat die die nuwe SEB hoof vlieenier en die SEB eerste offisier wat dronk van London af die vliegtuig wou bestuur hier betrokke is/was. Inlyn met die nuwe sal beleid van slegs SEB vlieeners

Willem ·

30% slaagsyfer in Wiskunde…..welcome to the banana republic of Africa…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.