Ondersoek teen Ballito-ma afgehandel

Die hof op KwaDukuza in KwaZulu-Natal. (Foto: Tania Heyns)

Die saak teen ʼn ma van Ballito wat tereg staan vir die moord op haar vierjarige dogtertjie sal na verwagting binnekort in die streekshof voortgesit word.

Madelein Ackerman (45) het Vrydag weer vlugtig in die Umhlali-hof op KwaDukuza in KwaZulu-Natal verskyn.

Haar regsverteenwoordiger, Alistair Janssens, het bevestig dat die ondersoek na die voorval afgehandel is en dat die saak gereed is om na die streekshof oorgeplaas te word.

Ackerman sal na verwagting Dinsdag weer in die hof verskyn waar ʼn datum vir die streekshof vasgestel sal word.

Sy is steeds in aanhouding in die Westville-gevangenis nadat sy in April vanjaar, ná die dood van die vierjarige Layla, in hegtenis geneem is.

Die staat voer aan Ackerman het Layla in ʼn emmer water by hul huis op Ballito verdrink. Haar man was nie in daardie stadium tuis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alta Alleman ·

Hoe doen n mens dit?
Hoe druk jy jou kind se kop onder die water om te verdrink?

Frank John ·

Dié kind het nie dalk daarin geval, kop onderstebo en kon nie uitkom nie. Dit sal darm tragies wees as die ma onskuldig is. Ek sê nie sy het dit nie gedoen maar nou ja, sal maar wag en sien, hulle sal die regte bewyse hê om te kan sê wat werklik gebeur het. Niks sal verborge bly nie, alles sal aan die lig kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.