Ondersoek vind diskriminasie by Kaapstad-skool

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

ʼn Ondersoek oor ontwrigtings in September by die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, is afgehandel en het bevind dat “diskriminerende praktyke” by die skool bestaan.

Die ondersoek is gedoen nadat leerders van die hoërskool op 1 en 2 September op die skoolterrein betoog het oor beweerde rassisme.

Maroela Media het vroeër berig Sans Souci was die vierde skool daardie week waar die skoolbestuur en onderwysers van rassisme beskuldig is en waar swart leerders beweer daar word teen hulle gediskrimineer. Die leerders het onder meer beweer hulle word nie toegelaat om hul hare natuurlik te dra nie, hulle word gedwing om in Afrikaans te leer en kry strafpunte indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die ondersoek het bevind ʼn “aantal diskriminerende praktyke het aanleiding gegee tot verstaanbare ongelukkigheid onder die leerders en stappe is reeds gedoen om hierdie praktyke reg te stel”.

Schäfer het gesê die verslag is deur vier senior amptenare van die provinsie se departement van onderwys saamgestel. Die verslag beveel onder meer aan dat die skool se gedragskode hersien word, sowel as die skool se beleid oor hare.

Betogende leerders het destyds ʼn memorandum met hul eise aan die departement van onderwys oorhandig, waarin hulle onder meer geëis het dat Charmaine Murray, die skoolhoof, onmiddellik bedank.

Volgens Schäfer het Murray aan die einde van 2016 afgetree ná 36 jaar diens.

“Hoewel sy op aftree ouderdom is, het sy aangedui haar besluit is gegrond op die trauma van die gebeure en sy het geglo dit sal in haar eie en in die skool se beste belang wees om af te tree,” het Schäfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gatvol ·

Nou wat nou? Ek is so siek en sat vir die crap ek wil kots. Ek is wit… Moet ek nou jammer se tot ek doodgaan.

Ella ·

Weet nie oor die leerdery in Afrikaans nie, Dis n Engele skool. Laat my lag. Miskien bedoel Hulle net die vak Afrikaans,

De Villiers ·

Tog so ironies, die skool word onder andere geroskam omdat hulle van die leerders straf indien hulle in hul moedertaal op die skoolterrein praat, maar by die meeste staatsinstellings en baie besighede mag jy nie in Afrikaans of in jou moedertaal praat of korrespondeer nie, slegs Engels. Dan het die ANC geen probleem om moedertaal opsy te skuif nie. Dis dubbele standaarde.

CK ·

Ek stem 100% saam. Ekself moet in engels kommunikeer by die werk alhoewel ek Afrikaans is.

andrea van vuren ·

Dan moet ‘n gerespekteerde skoolhoof op so ‘n lae noot aftree en dit oor ‘n paar skreeuende kinders. Skande!

Nico ·

NEEEEEEEE! hoe vreeeeeeslik! Rassisme! Staan hulle vry om na ‘n ander skool te gaan, nie waar. Ek kry die idee hulle soek met valk oë na die geringste ou dingetjie wat hulle buite verhouding kan opblaas.

Cherokee ·

(sug)… Jy moes dit in die parlement gaan sê het Celia. In die forums dien dit geen doel.

Conrad ·

Elke taalgroep en elke kultuurgroep behoort hul eie skole te he- bv Duitsers het hul Duitse skool- die Joodse kind is in n Joodse Skool- Afrikaners in hul eie skole so ook Engels sprekende kinders. n Mengelmoes werk nie.. Dis soos die toring van babel- alles is een en een vir alles. Dis nie hoe die Skepper ons geskape het nie. Hy t verskillende tale en groepe gegroepeer. Hy het inderdaad apartheid bepaal. Hindoes Moslems Christene en hulle wat voorvadergeeste dien, hoort nie saam nie. So sal wedersydse respek vir onderskeie kulture weer plaasvind wanneer een groep die ander nie bedreig of oorheers nie.. Elkeen kan op sy beste ontwikkel.

Jan ·

Nou wat is daarmee verkeerd? Dit vind dan in die werkplek en in die staatsdepartemente plaas, self Zuma predik dit.

Lance ·

Jan jy is SO reg …ons leer dan by no 1 al het hy net n std 3 …

Jaco Prins ·

Debbie Schafer is dieselfde vrou wat gesê het dat daar nie meer plek vir Afrikaans in ons skole is nie ( net in ander woorde) ek sou haar nie met enige iets vertrou nie. Sy is jou tipiese “elitetist” en sal haar siel verkoop om die volgende trappie bevordering te kry. Ek het al met haar te doen gekry in die Kaapstad se Metro en sy gee niks om vir die man op straat nie. Nog minder vir die Afrikaanse.

John ·

…die wereld deesdae in ‘n neutedop. Sodra immigrante nesgeskop het, begin die frustrasie teen die nuwe vreemde kultuur opbou. Die instansie of land moet by die aankomelinge aanpas en nie andersom nie. Die rubberbootbrigade vanuit roemryke Afrika eis nou ook in Brittanje dat Afrika se onderrigmetodes (?) ingestel moet word vir hulle gerief… of… Die donker woord ‘rassisme’ is die gruwelikste moordwapen ooit. Geen witte mag ooit een besit/gebruik nie. En dit werk selfs beter as ‘n atoombom.

callie ·

Help net met die klagte. Swartes kla hulle kan nie hul natuurlike hare dra nie. Dog skool het gekla oor los hare.

Anne ·

Dis nou regtig tyd dat die meerderheid oor hulle minderwaardigheidskompleks kom en aan te beweeg.

zahn ·

Jy som alles baie goed op. Dis die kern van die probleem, en daaraan kan ons niks doen nie..

lettie ·

Dit klink eerder na ANC truuks die sogenaamde rasse diskriminasie. Hulle suurbek omdat die DA koning kraai daar! Ek glo nie onderwysers sal hul werk in gevaar stel om rassistiese praktyke toe te pas nie!

Wat nou? ·

Mens kan mos nie by n Afrikaanse skool inskryf en dan onderrig in Engels of n Afrika taal verwag nie? En alle skole het nog altyd reels gehad wat netheid aanbetref.

Jane ·

Ek verstaan nie, ek het geskryf ek is wit en het lang reguit blonde hare en moes dit vasmaak op skool en my kuif uit my oe uit steek om netheid te verseker, en omdat dit skoolreëls was, dat ek nie verstaan hoekom swartes se ‘natuurlike’ haarstyle geduld moet word nie. Het Maroela Media ook nou liberaal gedraai dat ek DIT nie eers meer mag sê nie of is hier mense wat voorkeur bo ander kry??

ja ·

Ek stem! Die reels geld mos vir almal… As jy skooldrag aan het verteenwoordig jy jou skool… En as jy onnetjies en sleg lyk gee dit outomaties die skool n swak naam…. Jy kan nie skool toe gaan op jou eie terme nie, jy gaan skool toe en word daar toegelaat op die skool se terme

E.K. ·

Ek wens ek kan met party kinders gesels. as jy swart/anderskleurig is wees trots daarop. As mense jou afjak of probeer marginaliseer weens jou kleur – wel daar is ‘n gesegde “if you have a problem with me, you are the one with problem”. Eleonor Roosevelt het ook gesê :”No one can make you feel inferior without your consent”. Hou op klikbekkies wees en hou op om die slagoffer te speel. staan op wees trots op jouself as MENS en bewys dit deur jou dade en houding. As jy so goed is bewys dit met jou punte in skoolvakke en prestasies op sportveld – dan kan niemand iets sê nie. Moenie die rassekaart ewiglik as ‘n kruk gebruik nie!

anne ·

hoe lank ga die kaart gespeel word. begin wonder of dit nie net verskoning is as standaarde nie vereis kan word nie. kom ons maak asof apartheid nooit bestaan nie en gaan aan met die lewe wat so kort is.

Sakkie ·

Dit kan dalk wees dat ons nie die kwesie verstaan nie . Skole se reels was altyd deur afrikaners gestel en wat afrikaners bes gepas het . Dalk sal ons moet n verstandhouding kry en dit verander om almal te pas . Dan kan niemand meer kla nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.